<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 5

Die nar deur die eeue

1. Die rol van die nar deur die eeue.

Waar kom die nar vandaan? Lees die onderstaande leesstuk hardop vir jou maat. Ruil dan om sodat jou maat dit vir jou kan lees. Help mekaar met die uitspraak van die woorde.

Die nar het 'n lang geskiedenis. Ons weet dat daar narre in die koninklike hof van China was - reeds 4 000 jaar gelede. Dis ook bekend dat die Franse konings en die konings van Engeland altyd 'n hofnar gehad het vanaf so vroeg as die 14de eeu. Dit was hulle taak om die koning te vermaak en terselfdertyd te laat ontspan deur hom baie te laat lag. Dit het dikwels daartoe bygedra dat die koning nie die verkeerde besluit geneem het nie!

Die harlekyn het sy ontstaan hier rondom 1550 in Italië gehad. Hy was 'n baie gewilde karakter. Sy akrobatiese toertjies was een van sy kenmerke. Hy het ook gelapte klere gedra om te wys hoe arm hy is. Sy kostuum met die veelkleurige diamantvormige ruite het hieruit ontstaan.

Die karakter wat 'n pierrot genoem word, het in Frankryk ontstaan gedurende die 17de eeu. Hy was 'n saggeaarde en weemoedige karakter. Sy kostuum was altyd wit met groot swart knope en 'n groot kraag.

Sy gesig was spierwit gepoeier en hy het 'n wit skerppunt hoed gedra.

Die sirkusnar is die nar wat aan die meeste van ons bekend is! Die rol van die sirkusnar was en is nog steeds om mense op 'n eenvoudige manier te vermaak. Dit is waarom oud en jonk, mans en vrouens, professors en skoolkinders, ja alle mense, die manewales van die sirkusnar so ten volle kan geniet.

LU 3.9

Beantwoord nou die volgende vrae:

  1. Kies die regte woorde tussen hakies:

Daar was reeds 4 000 jaar gelede hofnarre in (China, Frankryk, Engeland).

Die hofnar se taak was om die koning te laat (slaap, lag, huil).

(2)

  1. Skryf slegs die antwoorde neer:

In watter land het die harlekyn sy ontstaan gehad?

(1 woord)

(1)

Wat het die harlekyn gedoen wat een van sy kenmerkende maniere was om mense te vermaak?

(2 woorde)

(1)

Wat was die vorm van die ruite van sy kostuum?

(1 woord)

(1)

  1. Vul die ontbrekende woorde in:

Die_______was saggeaard en het in die 17de eeu in __________ontstaan. (2)

Sy gesig en kostuum was altyd ___________van kleur.

(1)

  1. Die volgende stelling is onwaar. Skryf dit asseblief oor sodat dit waar sal wees:

Die sirkusnar vermaak net sekere mense.

(1)

  1. Wat sal jy sê is die rol van 'n nar deur al die eeue heen?

(1)

TOTAAL UIT 10

  • Kyk nou mooi na die 4 sketse hieronder.
  • Voorsien elke skets van die regte byskrif.
  • Kies uit die volgende byskrifte:

Ken jy enige ander woord wat dieselfde as nar beteken?

Kom ek help jou: h __________

2. Nou is dit julle beurt om nar te speel.

Julle gaan dit in groepe van twee doen. Julle hoef nie soos tipiese narre te lyk nie - kostuums en gesigverf is nie nodig nie. As julle egter graag wil en julle opvoeder dit sal toelaat, hoekom nie? Klere wat te groot is, helderkleurige sokkies en 'n paar skoene van jou pa is al wat jy nodig het.

Toertjies wat goed werk, is bv. om kamtig oor jou eie voete te val.

Nog 'n toertjie is om voor te gee dat jy jou maat met 'n emmer vol water gooi. Die emmer is natuurlik leeg of vol papiere.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask