<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 6

Module 11

Rampe en ongelukke

1. Verdeel in groepe van 6 en bespreek wat in elke prentjie gebeur. Elke groeplid kry ‘n beurt om een van die prentjies te beskryf.

Bespreek ook die volgende:

  • Wat is die verskil tussen ‘n ramp en ‘n ongeluk?
  • Watter van hierdie prentjies se gebeure beskryf ‘n ramp?
  • Watter van hierdie prentjies se gebeure beskryf ‘n ongeluk?
  • Watter rampe het die eerste en tweede varkies getref?
  • Is die wolf deur ‘n ramp getref?

2. WOORDESKAT EN SPELWOORDE

Slaan die woord ramp in die verklarende woordeboek na. Watter definisie gee hulle in die woordeboek?

Rampe kan natuurlike oorsake (“causes”) hê, soos ‘n vulkaniese uitbarsting (volcanic eruption) of ‘n aardbewing (earthquake). Rampe kan ook plaasvind wanneer mensgemaakte dinge ontplof of sink of val, soos ‘n skip wat sink of ‘n gebou wat brand.

Dit maak nie saak wat die ramp veroorsaak nie, ‘n ramp gebeur altyd onverwags (suddenly) en dit is ‘n verskriklike ongeluk (misfortune).

3. ALGEMENE KENNIS

Kyk of jy enige van die rampe hieronder kan verbind met die naam van die plek, mens of voorwerp wat deur ‘n ramp getref is. Jy en ‘n maat kan saamwerk.

Titanic Groot Vloed
Pompeji Terroriste Aanval
New York Ruimtetuig Ontplof
Chernobyl Skip wat gesink het
Challenger Vulkaniese Uitbarsting
Noag Kernkrag Ontploffing
LU 5.2.2

4. BEGRIPSTOETS

Die onderstaande leesstuk vertel julle meer van ‘n ramp wat ‘n stad byna 2 000 jaar gelede getref het. Luister terwyl julle opvoeder dit hardop voorlees. Daarna kan jy en ‘n maat dit vir mekaar hardop voorlees. Help mekaar met die korrekte uitspraak van die woorde.

‘N VULKANIESE UITBARSTING

Die stad Pompeji was besig. Die beste gladiators sou later in die amfiteater veg. Die strydwa-wedrenne was ook op die program. Die herberge was vol mense wat sit en eet het en sommer ook na die nuutste skindernuus geluister het.

Skielik het die honde begin tjank en die perde het hulle ruiters afgegooi en weggehardloop. Die voëls het wild in sirkels rondgevlieg. Die lug het donker geword. Daar was ‘n harde gedreun en ‘n stortvloed van brandende klippe het op die stad gereën.

Wat het gebeur?

Die Stad Pompeji was aan die voet van die berg Vesuvius. Vesuvius was ‘n vulkaan wat uitgebars het. Brandende puimsteen en warm as het op die stad gereën. Oral het mense probeer wegvlug. Terwyl die brandende lawa op die stad geval het, het die geboue aan die brand geslaan. Alles was bedek met smeulende as.

Meer as 2 000 mense het gesterf. Hulle is begrawe onder die as en puimsteen wat verhard het rondom hulle liggame. Die stad het vergete gebly tot die middel van die 18de eeu toe dit deur argeoloë ontdek is.

Beantwoord nou die volgende vrae:

1. Beantwoord die vrae deur slegs die antwoorde te skryf.

(a) Watter stad was baie besig?
(b) Waar sou die gladiators veg?
(c) Watter wedrenne sou die middag plaasvind?
(d) By watter plekke het die mense geëet?

(4 x 1 2 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{2} } } } {} ) = 2

2. Kies die korrekte antwoorde tussen hakies en onderstreep hulle:

(a) Die honde het (geblaf, geknor, getjank).

(b) Die perde het (weggehardloop, gerunnik, rondgevlieg).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask