<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 6

Module 2

Gesprek in ‘n supermark

  • GESPREK IN ‘N SUPERMARK

Daar is baie mense wat ‘n beroep in ‘n winkel beoefen. Dis ‘n baie goeie beroep, want die mensdom kan nie sonder winkels bestaan nie. Ek het die volgende gesprek ‘n paar dae gelede in ‘n supermark gehoor, terwyl ek in die tou gewag het om my kruideniersware te betaal.

Kliënt: Is jy seker dat jy reg geskandeer het? R251 klink darem na te veel geld vir so ‘n paar goedjies.

Kassier: Ek verseker u, Mevrou, ek het geen fout gemaak nie.

Kliënt: Ek verkies nog steeds dat iemand my strokie moet kontroleer voordat ek die winkel verlaat. Kry sommer die bestuurder.

Pakker: Ek sal die bestuurder gaan roep.

Bestuurder: Wat is die probleem?

Kassier: Meneer, hierdie dame dring daarop aan dat haar strokie gekontroleer word.

Kliënt: Wel, my kruideniersware is NOOIT meer as R200 nie. Daar moet iewers ‘n fout wees.

Bestuurder: Ons sal die probleem so spoedig moontlik probeer oplos, Mevrou. Kom gerus na my kantoor.

Pakker: Ek sal die kruideniersware en die strokie bring, Meneer.

Rollees hierdie leesstuk in julle groep. Bespreek dan wat julle dink of hierdie voorval positief, negatief of interessant is. Hou al die faktore in gedagte en bespreek hoe julle dink hierdie probleem opgelos kan word.

LU 2.1.1
  1. Kyk na die klant se strokie:

Glasware R30,00

Melk 15,00

Kaas 20,00

Blikkieskos 12,00

Vleis 26,00

Hoender 11,00

Skoonmaakmiddels 18,00

Klerasie 60,00

Groente en vrugte 21,00

Lekkergoed 16,00

Toiletware 20,00

Tydskrifte 5,00

TOTAAL (vul totaal in)

  1. Watter twee items wat die klant gekoop het, het dieselfde prys?
  2. Watter onnodige dinge dink jy het die dame gekoop?
  3. Hoeveel geld het sy dus altesaam op onnodige dinge uitgegee?
LU 5.2.1
  • GEDIG

Lees die volgende gedig eers op jou eie en dan hardop in jou groep.

Die groeplede assesseer mekaar met behulp van die assesseringsruit.

Eendag……as jy groot is

Het jy al besluit wat jy wil word,

eendag …….. as jy groot is?

‘n Beroemde aktrise of ‘n dokter of n boer,

of liewer ‘n kunstenaar wat skilder?

Die keuse is oneindig groot

en eendag klink nog ver.

Jy kan reeds jou drome droom,

want jou toekoms kom tog nader.

Jy is nou net elf of twaalf

of dalk op pad na dertien

maar jy moenie huiwer om al te sê

wat jy eendag in die lewe wil hê.

Jy gaan oor ‘n paar jaar jou eie brood moet verdien

op ‘n manier van jou eie keuse.

Daar is ‘n plekkie vir jou in die son

en jy gaan ook iets kan beteken vir die mensdom.

G.S.

Naam en van
Stemgebruik
Duidelik en hoorbaar
Punktuasie
Vlotheid
Vertolking
Aangenaam om na te luister

Gebruik die volgende simbole vir die beoordeling:

Swak ^ Redelik v Goed < Baie goed > Uitstekend *
  • KEUSE VAN BEROEP

Kies ‘n beroep wat jou interesseer. Probeer om soveel moontlik inligting in te win. Indien moontlik, is dit die beste as jy met ‘n persoon kan gesels wat self die beroep beoefen. Bring klere wat by die beroep pas saam skool toe en vertel aan die res van die klas alles omtrent die beroep. Gee aandag aan aspekte soos:

  • Het jy naskoolse opleiding nodig?
  • Indien wel, hoe lank duur dit?
  • Waar kry jy die opleiding?
  • Waar kan jy jou beroep oefen?
  • Hoekom interesseer die beroep jou?
  • Watter rol speel hierdie beroep in die samelewing?
  • HARDOPLEES

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask