<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 6

Module 1

Die werk wat mense doen

In hierdie module gaan ons julle bekendstel aan baie verskillende beroepe. ‘n Beroep is die werk wat ons ouers elke dag op verskillende plekke verrig om geld te verdien.

  • Jou onderwyser sal vir jou ‘n kaartjie gee met ‘n sekere beroep daarop geskryf. Gebruik hierdie kaartjie om al die ander mense wat saam met jou werk, op te spoor.
  • Voltooi nou die volgende inligting oor jou beroep en jou kollegas (die mense wat saam met jou werk).

My beroep:

My werksplek:

My kollegas:

LU 4.1.1

DIE WÊRELD VAN ‘N SPIOEN

Kan julle raai watter beroep hierdie man beoefen?

Die wêreld van ‘n spioen is baie interessant en opwindend! Julle het sekerlik al van James Bond gehoor of selfs van sy films gesien. Sy kodenaam is mos 007. Spioene moet hulself ook dikwels vermom sodat hulle vyande hulle nie kan herken nie. Lees nou hoe ‘n sekere spioen met die kodenaam Z homself vermom het toe hy geheime dokumente in ‘n toesluitkas by die lughawe moes gaan haal.

Spioen Z

Z het met ‘n taxi by die lughawe aangekom. Hy het soos ‘n tipiese sakeman gelyk, geklee in ‘n pak klere en met ‘n briewetas in die hand. Z het reguit na die kleedkamer toe gestap en sy vermomming uit sy groot briewetas gehaal. Binne drie minute het hy ‘n oorpak aangehad en ‘n pet op sy kop, en ‘n paar stukke gereedskap in die hand. Toe hy by die kleedkamer uitstap, het hy soos ‘n nutsman gelyk wat op die lughawe werk. Al fluitende het Z na die toesluitkaste toe gestap en voorgegee dat hy ‘n stukkende slot regmaak. In werklikheid het hy die kas oopgesluit, die dokumente ongemerk voor by sy oorpak ingedruk en nog so ‘n klein rukkie aan die slot “gewerk”. Ewe tevrede het hy die slot bekyk, die deur toegesluit en weggestap. Hy is toe terug na die kleedkamer toe vir sy volgende vermomming. Hierdie keer het hy ‘n vals snor vasgeplak, ‘n jas aangetrek, ‘n hoed opgesit en weer doodluiters by die deur uitgestap. Met sy tas in die hand en met die geheime dokumente in sy besit is hy buite die gebou deur een van sy kollegas opgelaai.

Beantwoord nou die volgende vrae sonder om die leesstuk weer te raadpleeg. Skryf slegs W (waar) as jy met die stelling saamstem of O (onwaar), indien nie.

  1. Die spioen se kodenaam was Z.
  2. Hy moes geheime dokumente by die stasie gaan haal.
  3. Hy het soos ‘n sakeman gelyk toe hy daar aankom.
  4. Hy het na die wagkamer toe gegaan.
  5. Daar het hy homself soos ‘n nutsman vermom.
  6. Hy het voorgegee dat hy ‘n toesluitkas se stukkende slot regmaak.
  7. Hy het die dokumente in sy briewetas gesit.
  8. Vir sy derde vermomming het hy ‘n vals baard vasgeplak.
  9. Een van sy kollegas het hom weer opgelaai.
  10. Die vyand het niks agtergekom nie.

Selfassessering onder leiding van julle onderwyser.

LU 3.6.1

Hoeveel van die antwoorde het jy reg?

VERANDER JULLE VOORKOMS!

Julle gaan elkeen saam met ‘n maat spioen speel. Vermom julleself só goed dat julle klasmaats nie kan agterkom wie julle is nie.

Hier is ‘n paar wenke vir vermomming:

Julle twee is op ‘n geheime missie. Een van julle gaan ‘n geheime dokument versteek, terwyl die ander een dit moet gaan haal.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask