<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 5

'n vroeë afrika-gemeenskap: mense van s.a.

Module 11

Voedsel vir afrika

AKTIWITEIT 1

OM DIE VROEË BOERE SE VOEDSELGEBRUIKE TE REKONSTRUEER

[LU 3.3]

Daar is min dinge wat die verhaal van mense in die geskiedenis so goed “vertel” soos hul voedsel. Die boere was nog altyd die spens van ‘n volk – ook in ons land. Soos julle reeds weet, was die San veral jagters en versamelaars wat ‘n nomadiese bestaan gevoer het.

a) Die San

GROEP 1

Verbeel jou jy vergesel ‘n San-jaggroep om voedsel te bekom.

Kyk eers of jy dié skadufigure kan namaak. (moeilik, nê!)

Kan jy vir jou maats ‘n boodskap stuur sonder om te praat? (Hoekom mag jy nie praat terwyl jy jag nie?)

Verduidelik nou met behulp van ‘n strokiesprent hoe jy diere gaan jag en die vleis daarna gaan gaarmaak. Voorspoed!

GROEP 2

Jou ma het veldkosse en jou pa wildsvleis van die veld af saamgebring! Stel nou môre se spyskaart vir julle gesin op.

Onthou net: Julle leef in die steentydperk.

b) Die Khoina

Die Khoina het al begin vee aanhou toe die eerste swart mense hier aangekom het. Hulle het ook ruilhandel met ander groepe begin. Beeste is eerder as ‘n ruilmiddel aangehou en nie vir die vleis nie. Hulle het ook plantkosse en wildsvleis geëet om te oorleef.

Hoekom het hulle verkies om hulle vee te hou eerder as om dit te slag?

Watter ooreenkoms is daar in die manier hoe die Khoina destyds dikmelk gemaak het en hoe ons vandag jogurt maak?

c) Die swart boere

Van die swart boere het al in die Steentydperk by Monzani, naby Durban, gewasse gesaai en geoes. Teen 100 n.C. het hulle in die riviervalleie tussen die Drakensberge en die see, asook op die Hoëveld, geplant en vee aangehou. Hulle boerdery het hulle eetgewoontes en voedsel bepaal.

AKTIWITEIT 2

OM OOREENKOMSTE EN VERSKILLE TUSSEN DIE KORING- EN WINGERDBOERDERY TE IDENTIFISEER

[LU 2.3]

Die Nederlanders onder leiding van Van Riebeeck moes vars produkte vir die bemannings van die verbygaande skepe kweek. Waar Kaapstad vandag is, het hulle tuine aangelê om groente, druiwe, koring en sitrusvrugte te plant. Hulle het ook ertjies, dassies, seekoeie, bobbejane, rotte en pikkewyne geëet!

In 1657 het nege vryburgers in die Liesbeeckriviervallei plase gekry om graan en mielies te verbou en later wingerde aan te plant.

Osse is op die koringplase gebruik om ploeë met versterkte ysterlemme te trek en graan is met sense of sekels gesny. Beeste het die graan op die dorsvloere getrap om só die korrels van die kaf te skei.

Op die wingerdplase het slawe gehelp om druiwe kaalvoet in groot houtvate te trap en wyn te maak.

Koringplaas

Wingerdplaas

b) Beantwoord die volgende vrae oor meegaande bronne:

Wat het deur die jare verander of dieselfde gebly. Waarom?

Hoe belangrik is dit vandag?

Gestel jy en jou maat het gedurende die agtiende eeu op dié druiwe- of koringplaas onderskeidelik gewerk. Stel nou ‘n gesamentlike boerderyprogram op waarin julle julle pligte gedurende die jaar met vandag se boerdery (soortgelyk) vergelyk.

[LU 2.3]

AKTIWITEIT 3

OM VERSLAG OOR VEEBOERDERY TE DOEN

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask