<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 5

Wat beïnvloed my bestaan?

Module 2

Vlakke van behoeftes

Ten spyte van die feit dat almal sekere basiese behoeftes soos kos, water, klere, huisvesting, ensovoorts het om te kan oorleef, verskil die behoeftes tog van gemeenskap tot gemeenskap.

  1. Kom ontmoet vir:

Karel

  • Woon in Wynberg naby Kaapstad.
  • Afstand na sy skool: 13 km.

Karel maak gebruik van ‘n taxi om na en van die skool te reis en sy ouers het vir hom ‘n selfoon gekoop, sodat hy met hulle kan kontak maak, indien daar probleme is.

Elsie

  • Woon op ‘n plaas buite Humansdorp in die Oos-Kaap.
  • Afstand na haar plaasskool is 1,25 km.

Hoewel daar ‘n fiets op die plaas is, verkies Elsie om skool toe te stap en indien sy met haar ouers wil kontak maak, hardloop sy gou gedurende pouse huis toe.

Dit is duidelik dat Karel en Elsie nie dieselfde behoeftes het as dit kom by vervoer skool toe nie. Karel is ook gedurende die dag ver van sy huis en benodig ‘n selfoon vir noodgevalle, terwyl Elsie sommer huis toe kan hardloop.

Ons onmiddellike omgewing bepaal in ‘n groot mate ons direkte behoeftes .

  1. Gebruik die volgende vrae om jouself te vergelyk met ‘n Khoi-seun wat in die Khoi-reservaat by Kagga-Kamma woon.

‘n LYS VAN ONS BELANGRIKSTE BEHOEFTES

Behoeftes van Khoi-seun My behoeftes

[LU 1.1]

Hoe bekom die Khoi-mense dit wat hulle benodig om te oorleef? (Maak staat op jou kennis van graad 4 se Geskiedenis.)

Waarom, dink jy, verskil julle behoeftes so drasties van mekaar?

Maak ‘n lys van julle tipiese begeertes. (Hier sal jy dalk so ‘n bietjie verbeelding moet gebruik).

Khoi-seun se begeertes My begeertes

[LU 1.1]

Dit is duidelik dat julle direkte omgewings veroorsaak dat julle behoeftes en begeertes baie van mekaar verskil. Wat sal ‘n Khoi-seun byvoorbeeld met ‘n rekenaar sonder elektrisiteit doen? Sal jy ‘n kalbas eerder as ‘n glasbeker gebruik om water in te stoor?

Waarom het sommige mense meer geld as ander?

Om geld te verdien, moet jy werk. Jy kan óf vir jouself werk (jou eie besigheid besit), óf jy kan werk vir iemand anders (jou werkgewer).

Die skrynwerker, mnr. Bezuidenhout, werk vir BOBAAS KASTE

en verdien elke maand ‘n salaris.

Mev. Gelderblom verkoop blomme vanaf haar stalletjie en werk vir haarself. Haar inkomste hang af van hoeveel blomme sy verkoop.

Mense wat oor spesialisvaardighede beskik en baie goed is daarmee, verdien meestal meer as mense sonder spesiale vaardighede. Op die bouperseel sal die messelaar wat tot 1 000 stene per dag netjies kan lê, meer verdien as die persoon wat die sement aanmaak en stene aanry met ‘n kruiwa.

Iemand wat lank studeer het om sekere vaardighede te bemeester, verdien gewoonlik ‘n groot salaris.

‘n Mediese dokter sal byvoorbeeld meer verdien as ‘n verpleegster en sy sal weer meer verdien as ‘n straatsmous.

Ons kry ook kreatiewe mense wat iets nuuts ontwerp, dit vervaardig en dan patenteer. Kyk na ons eie Mark Shuttleworth wat ‘n sagteware pakket geskryf het en vandag onder die rykstes in die wêreld tel. En dit het alles in sy ouers se motorhuis begin!

Assessering

LU 1

DIE EKONOMIESE KRINGLOOP

Die leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

  • onderskei tussen verskillende vlakke van behoeftes en verduidelik hoe daar daarin voorsien kan word

Memorandum

Laat gesprek toe waar nodig ten einde sinvolle response te formuleer.

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 05, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10973/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask