<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 5

Skepping, interpretasie en aanbieding

Module 13

Ontspannings-, asemhalings- en resonansie-oefeninge

DRAMA

AKTIWITEIT 1

OM ONTSPANNINGS-, ASEMHALINGS- EN RESONANSIE-OEFENINGE UIT TE VOER: DIE OPWARMING

[LU 1.5]

Voordat ons met ons dramaklasse gaan begin, moet jy eers ontspanne en opgewarm wees. Is jy gereed? Kom ons begin. Jou opvoeder sal jou deur die volgende oefeninge lei en verduidelik waarom jy dit doen.

Ontspanningsoefeninge:

Ons doel is om ‘n toestand van ontspanning te skep waarna jy jou drama-aktiwiteite gemakliker kan uitvoer, vryer wees met jou bewegings, inhibisies oorkom en meer gemaklik tussen jou klasmaats kan wees.

Ontspanningsoefening 1:

Staan met jou voete van mekaar af.

Strek na bo met jou vingerpunte, handpalms na voor en vingers uitgesprei.

Probeer die plafon raak.

Verbeel jou daar is ‘n draad aan elke vinger vas en aan die kroon van jou kop.

Jy word opgelig deur die draad totdat jy op jou tone staan.

Voel hoe jou liggaam langer word.

Hou hierdie posisie vir tien tellings.

Verbeel jou dat iemand die drade skielik sny.

Jou hande, gewrigte, arms, kop en skouers sal vinnig sak.

Laat jou arms los langs jou sye hang.

Laat jou kop sak.

Merk op hoe gemaklik jou spiere voel nadat die spanning verdwyn het.

Laat jou kop en arms vir ’n oomblik hang.

Kom stadig weer orent.

Ontspanningsoefening 2:

Strek met jou vingerpunte en die kroon van jou kop na bo.

Beur opwaarts so veel as wat jy kan.

Hou die opwaartse strek vir ‘n oomblik.

Ontspan jou hande, arms, kop, nek en bolyf.

Sak ineen.

Laat jou arms los voor jou bene hang.

Hang afwaarts in hierdie posisie vir ‘n paar oomblikke.

Rol jou bolyf na links.

Sak na regs.

Sak vorentoe.

Rol die bolyf in ‘n sirkel ‘n paar keer.

Draai anderkant toe.

Asemhalingsoefeninge:

As jy jou stem reg wil gebruik en die selfvertroue wil hê om dit goed te kan doen, is asemhalingsoefeninge die regte ding om te doen!

Asemhalingsoefening:

Staan gemaklik en regop.

Plaas die agterkante van jou hande op jou lae-ribbes.

Maak seker jou arms is uit en skouers is ontspanne.

Tel (nie hardop nie) 1 – 2 – 3 terwyl jy deur jou neus inasem en voel hoe jou ribbes uitdy.

Moenie te veel lug inasem nie.

Laat jou kakebeen oopval (tong plat, punt van jou tong agter jou onderste tande).

Asem uit deur jou mond terwyl jy weer 1 – 2 – 3 in jou kop tel.

Voel hoe die lug deur jou mond vloei.

Vermeerder die in- en uitaseming deur elke keer een telling by te voeg totdat jy tien bereik het.

Herhaal ses keer.

Resonansie-oefeninge:

Resonansie is die klank wat deur jou liggaam gemaak word. Dit is jou stem. Stem is die algemene klank van die vibrerende stembande geresoneer in die holtes van jou kop, keel en borskas.

Met hierdie oefening moet jy streef om jou borskasholte te vergroot om sy funksie van resonansie vir die stem te verbeter.

Resonansie-oefening:

Plaas die agterkante van jou hande op jou lae-ribbes.

Asem stadig in deur jou neus terwyl jy in jou kop 1 – 2 – 3 – 4 – 5 tel.

Laat jou kakebeen oopval.

Rond en druk jou lippe vorentoe soos wanneer jy ‘n oo -klank sal maak.

Onthou om jou kakebeen oop te hou.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10976/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask