<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 5

Van melkhoutboom tot sms

Module 2

Luidlees, gesprek en die briefvorm

AKTIWITEIT 1

OM LUIDLEES DUIDELIK UIT TE VOER

[LU 3.1.2]

Lees die onderstaande gedeelte eers in julle groepe aan mekaar voor. Probeer om uiting te gee aan die vriendelike toon van die leesstuk en om teen die regte spoed te lees. Kies dan een leser uit elke groep om dit aan die klas voor te lees.

Dit is Dinsdagmiddag en Tania staan in die ry in die poskantoor en wag haar beurt af om bedien te word. Haar ma stuur haar dikwels poskantoor toe en dus weet sy wat om te doen en wat om te verwag. Dit is nie meer vir haar ma nodig om saam met haar poskantoor toe te gaan nie. Sy hou die elektroniese aanwyser bokant die toonbank dop. Elke keer wanneer die poskantoorklerke gereed is om die voorste persoon in die ry te bedien, flits die elektroniese bord: Toonbank 3 of Toonbank 5, ensovoorts. Tania hou van die vrou met die bloedrooi rok by Toonbank 2 en hoop heimlik sy kom vandag by dié klerk uit. Sy moet lank wag, want daar is baie mense voor haar in die ry. Die pakkie voel naderhand vir haar so swaar soos lood.

Uiteindelik staan sy voor in die ry. Haar oë is op die elektroniese bordjie gerig. En sowaar, dis haar gelukkige dag! Sy stap dadelik na Toonbank 2. Die poskantoor se toonbank is hoog, maar sy is darem al groot genoeg om bo by te kom en die persoon daaragter te sien.

“Middag, Kindjie. Kan ek jou help?” vra die dame vriendelik.

“Middag, Tannie. Ja, asseblief. Mamma het gesê ek moet hierdie pakkie pos”, sê Tania toe sy die pakkie aangee. “Dit is vir my broer wat in Engeland woon. Hy werk daar.”

Die klerk sê: “Ek sien dis lekker eetgoed wat in die pakkie is.”

“Ja, Tannie”, antwoord Tania. “Hy verlang baie huis toe en ons mis hom baie.”

Intussen het die klerk die pakkie geweeg. “Dit sal R38,45 kos”.

Tania oorhandig R50. “Sal Tannie asseblief vir my vir die orige geld seëls vir briewe gee?” vra sy.

“Sekerlik. Hier is dit. Sal dit al wees?”

“Ja, dankie Tannie”, sê Tania. Tot siens.”

“Lekker dag vir jou, Kindjie.”

AKTIWITEIT 2

OM ‘N GESPREK TE DRAMATISEER [LU 2.1.2]

OM TAAL TE GEBRUIK OM GEVOELENS UIT TE DRUK [LU 2.4.3]

OM ‘N DINKSKRUM E HOU EN ‘N LYS VAN IDEES TE MAAK [4.2.1]

OM TAAL MET DIE GEPASTE FORMALITEITSGRAAD TE GEBRUIK [6.4.4]

Verdeel in groepe van ongeveer vyf elk. Elke groep kry een van die volgende onderwerpe en berei dit voor vir dramatisering in die klas. Dink saam en maak ‘n lys van dinge wat gesê kan word en hoe dit gesê behoort te word.

‘n Gesprek tussen ‘n onderwyser en vier leerders wat ‘n ruit gebreek het.

‘n Gesprek tussen ‘n polisieman en ‘n persoon wat hy so pas in hegtenis geneem het.

‘n Gesprek tussen ‘n motoris en ‘n pompjoggie by die vulstasie.

‘n Gesprek tussen ‘n beroemde sportpersoonlikheid en ‘n bewonderaar.

‘n Gesprek tussen ‘n kliënt en ‘n persoon wat goeie diens gelewer het.

‘n Gesprek tussen ‘n kliënt en ‘n persoon wat swak diens gelewer het.

‘n Gesprek tussen Mevrou Haastige Hanlie en Stadige Stienie oor die huiswerk wat nie klaar kom nie.

AKTIWITEIT 3

OM OORSAAK EN GEVOLG TE VERDUIDELIK

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10969/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask