<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 5

Meting en tyd

Module 40

Lengte

In hierdie leereenheid gaan ons kyk na verskillende eenhede om lengte mee te meet, asook na die belangrikheid daarvan om akkuraat te meet.

Aktiwiteit 1:

Om te meet en op te teken [lu 4.5.3]

Om met toepaslike meetinstrumente presies te meet [lu 4.7.3]

1. Kom ons spring sommer dadelik weg! Hoe goed ken jy jouself? Meet die volgende so akkuraat moontlik – ‘n maat mag jou help:

1.1 die lengte van jou duimnael

1.2 die lengte van jou pinkie

1.3 die lengte van jou regtervoet

1.4 die lengte van jou linkerarm van jou skouer tot by die punt van jou middelvinger

1.5 Hoe lank is jy?

1.6 Hoe hoog kan jy bykom as jy spring van die grond af?

1.7 Hoeveel hoër is dit as jyself?

2. Wat het jy gebruik om bogenoemde te meet?

3. Watter ander meetinstrumente kan ons nog gebruik om lengtes mee te meet?

Onthou jy nog?

1 cm = 10 mm

1 m = 100 cm

1 m = 1 000 mm

1 km = 1 000 m

Het jy geweet?

  • 1 meter is omtrent die afstand van ’n grootmens se neus tot by die punt van sy uitgestrekte hand se middelvinger.
  • 1 cm is ongeveer die lengte van ’n vingernael.
  • 10 cm is ongeveer die lengte van ’n hand.
  • 1 mm is min of meer die breedte van die spasie onder jou vingernael.
  • 10 mm is ongeveer die breedte van ’n pinkie.

4. Werk saam met ’n maat en voltooi die volgende tabel.

Meet Skatting Ware afmeting Verskil
a) die lengte van jou opvoeder
b) die breedte van jul klaskamer
c) die hoogte van jou bank / tafel
d) die totale lengte van die skryfbord in die klas

Aktiwiteit 2:

Om probleme op te los wat die kies van berekening met en herlei van standaard- eenhede insluit [lu 4.6]

1. Dit is belangrik dat ons sal weet watter meeteenhede vir spesifieke lengtes gebruik word. Om dit korrek te kan doen, is dit noodsaaklik dat ons sal weet presies hoe lank die verskillende meeteenhede is. Kom ons kyk hoe vaar jy! Kies ‘n geskikte eenheid om die volgende te meet:

1.1 Die borsmaat van Pa se pak klere is 102 ....................

1.2 Die hoogte van my kamermuur is 4 ....................

1.3 Die breedte van die stoep van die plaashuis is 2,5 ....................

1.4 Die dikte van my woordeboek is 40 ....................

1.5 Die afstand tussen Johannesburg en Kaapstad is meer as 1 000 ....................

1.6 Die diepte van die water in ons swembad is 1,500 ....................

2. Omkring die afmeting wat die naaste aan die werklikheid is:

2.1 Die deur van ons klas is ongeveer . . . . . . . . hoog.

(a) 20 m (b) 200 mm (c) 2 km (d) 2 m

2.2 My voet is omtrent . . . . . . . . lank.

(a) 26 cm (b) 26 mm (c) 26 km (d) 26 m

2.3 Die afstand van Durban na Oos-Londen is . . . . . . . . . . .

(a) 674 mm (b) 674 km (c) 674 m (d) 674 cm

3. Kom ons kyk na die desimale skryfwyse van lengte:

Ons weet reeds 10 mm = 1 cm

Dus: 25 mm = 10 + 10 + 5 mm

= 1cm + 1 cm + 5 mm

= 2 cm + 5 mm

= 2,5 cm of 2 1 2 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{2} } } } {} cm

Voltooi die tabel:

Aantal mm 10 85 ............ 245 ............ 1 026 ............
Aantal cm 1 ............ 4,2 ............ 17,9 ............ 146,3

4. Ons weet daar is 1 000 mm in 1 m

Dus: 2 347 mm = 2 m 347 mm

= 2,347 m

Voltooi die tabel:

mm m
4 328 4,328
..................... 3
367 .....................
..................... 4,7
28 .....................
..................... 0,067
6 .....................

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask