<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 5

Persoonlike ontwikkeling

Module 16

Hantering van emosies

Hantering van emosies

Aktiwiteit:

Om deur rolspel verskillende emosies uit te beeld

[lu 3.3; 3.4]

Rolspel

Verdeel in groepe.

Moontlike situasies word hieronder beskryf, maar julle opvoeder kan ook meer of ander situasies uitdink wat betrekking het op die lewensomstandighede van die leerders in julle klas. Die opvoeder skryf die volgende situasies op stukkies papier, gooi dit in ‘n papiersak en elke groep trek ‘n onderwerp daaruit.

LW: Dit is belangrik om die emosies of gevoelens van al die rolspelers uit te beeld. Let daarop dat in sommige van die situasies aggressiewe optrede uitgebeeld sal word. Dit is belangrik dat julle goed sal nadink oor effektiewe maniere om hierdie aggressiewe gedrag te hanteer binne die rolspel.

In al die tonele kom probleemsituasies voor. Ten minste een van die rolspelers moet met ‘n positiewe oplossing vir die situasie na vore kom.

  1. ‘n Bejaarde in ‘n rolstoel. Die persoon wil gaan inkopies doen by die supermark. Die supermark se hoofingang het ‘n hele klomp trappe.

Rolle:

  • Die ou man of vrou
  • Die eienaar van die supermark
  • ‘n Weldoener
  • ‘n Onsimpatieke lid van die publiek
  • ‘n Behulpsame kind
  • ‘n Kind van so 10 -11 jaar oud ly aan ‘n ongeneeslike siekte en is in die hospitaal. Dis sy of haar verjaarsdag en sy/haar ouers en maats wil graag ‘n spesiale dag daarvan maak.

Rolle:

  • Die siek kind
  • Die dokter of verpleegster
  • Die ma of pa van die siek kind
  • Twee of meer maats
  • Dis die sokkerwêreldbeker-eindstryd. Daar is nog net ‘n beperkte aantal kaartjies oor. ‘n Ry mense staan by die kaartjiesloket om ‘n kaartjie te koop. ‘n Laatkommer druk tweede van voor in.

Rolle:

  • Die kaartjieverkoper
  • Die laatkommer
  • ‘n Aantal persone in die ry. Hulle moet verskillende reaksies toon.
  • Die graad 5-onderwyser se selfoon is gesteel toe sy tydens pouse uit die klaskamer was.

Rolle:

  • Die opvoeder
  • Die skuldige persoon
  • ‘n Aantal leerders wat verskillende reaksies moet toon
  1. In julle klas is daar ‘n kind met Down se sindroom. Een van die leerders in die klas treiter en tart hom/haar voortdurend. Die ouer broer of suster van die verstandelik gestremde kind is woedend oor die situasie en gaan een pouse die boelie te lyf.

Rolle:

  • Die leerder met Down se sindroom
  • Die klasboelie
  • Die ouer broer of suster
  • Een of meer klasmaats
  • Die toneel speel laat in die nag af, voor ’n winkel. Die winkeleienaar word daarvan verdink dat hy dwelmmiddels aan laerskoolkinders verkoop. Daar is reeds heelwat bendegeweld in die woonbuurt en die ouers sowel as die kinders van die buurt is moeg daarvan om altyd in vrees te lewe.

Rolle:

  • Die winkeleienaar
  • Ten minste twee ouers
  • Een of meer kinders
  • ‘n Polisieman/vrou

Na afloop van elke toneel moet genoeg tyd bestee word om die emosies wat na vore gekom het, te bespreek. Effektiewe hantering van aggressie en emosionele situasies moet geïdentifiseer en bespreek word.

Assessering

LU 3

persoonlike ontwikkeling

Die leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.

Dit word bewys as die leerder:

3.1 persoonlike suksesse identifiseer en ‘n aksieplan ontwikkel vir die voortgesette vorming van ‘n positiewe selfbeeld;

3.2 begrip van en respek vir liggaamsveranderings toon;

3.3 op ‘n gepaste manier uitdrukking gee aan ‘n verskeidenheid gevoelens en dit respekteer;

3.4 maniere ondersoek en evalueer om doeltreffend op gewelddadige situasies en kontekste te reageer;

3.5 besin oor hoe terugvoering gegee en ontvang kan word;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10982/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask