<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
DIE VERRASSING (Leesstuk)
(a) Lees die volgende leesstuk in groepe van vier. Elke leerder kan een paragraaf lees.
(b) Soeklees en onderstreep al die woorde wat name aan lede van 'n familie gee.
Elke leerder probeer eers op sy eie en vergelyk sy woorde met die res van die groep.
Ons familie het 'n groot geheim wat net Oupa nie mag weet nie. Oupa verjaar en ons gaan vir hom 'n verrassingspartytjie hou. Ouma gaan vir hom vra om by ons te kom kuier en as hulle hier opdaag, verras ons hom met baie geskenke en eetgoed.
Ai, maar dit is 'n groot opgewondenheid by ons huis. Almal werk hard om alles reg te kry. Pappa braai vleis en Mamma bak koek. Ouboet dra tafels en stoele aan en my susters dek die tafels.
My ooms en tantes, neefs en niggies is ook almal hier en elkeen het iets te ete saamgebring, en ook 'n present vir Oupa. Hy is darem 'n gelukkige man om so baie liefde van sy vrou, kinders en kleinkinders te ontvang.
Oom Gus maak ons almal stil, want Oupa en Ouma is by die voordeur. Stilletjies staan ons nader en toe Oupa die deur oopmaak, sing almal: "Veels geluk, liewe Oupa...!"
(a) Skryf nou die woorde hieronder neer:
..........................................................................................
..........................................................................................
..........................................................................................
..........................................................................................
..........................................................................................
..........................................................................................
..........................................................................................
..........................................................................................
DIE FAMILIE (Woordeskat en prente)
Knip prente uit tydskrifte wat lede van 'n familie voorstel, bv. 'n oupa en 'n ouma.
Werk in groepe en plak die prente op 'n karton om 'n plakkaat te maak.
Skryf nou die name van die lede van die familie by elke prent en wys dit vir die ander groepe.
WIE STAAN WAAR? ('n Luisteroefening)
Hier staan die Frank-gesin in 'n ry. Julle opvoeder gaan vir julle vertel wat elke lid se naam is en waar hulle in die ry staan. Net Oupa Sam se naam is ingevul. Luister mooi en probeer om die ander lede se name reg neer te skryf.
'N GESINSFOTO ('n Mondelinge aktiwiteit)
(a) Die mondelinge speletjie kan in groepies van twee gespeel word.
(b) Elke leerder knip eers die prente van die onderskeie gesinslede wat op die volgende blad verskyn, uit.
(c) Elke leerder kry 'n vel papier waarop die gesinslede uitgepak kan word.
(d) Die twee leerders (A en B) draai hul rûe na mekaar terwyl A vir B sê waar die gesinslede moet staan, bv. Vader staan in die middel in die agterste ry.
(e) B pak die prente soos A sê en A doen dieselfde.
(f) As hulle klaar is, vergelyk hulle hul gesinsfoto's.
(g) B kry nou weer geleentheid om vir A instruksies te gee om sodoende ook 'n gesinsfoto saam te stel.
Woorde wat gebruik kan word:
agterste ry, voorste ry, middel, tussen, langs, regs, links, voor, agter
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
1.2 mondelinge instruksies, aanwysings en beskrywings verstaan:
1.3 mondelinge beskrywings verstaan:
1.3.2 ‘n diagram van byskrifte voorsien.
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.1 sommige elemente van stories op ‘n eenvoudige manier verstaan:
3.1.2 karakters (soos: Dink aan gepaste name vir karakters sonder name).
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.4 mediatekste ontwerp:
4.4.1 ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing ontwerp.
4.5 ontwikkelende kennis gebruik van taalstruktuur en – gebruik:
4.5.2 bekende woorde korrek spel.
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dis duidelik wanneer die leerder:
5.4 inligting van een modus na ‘n ander oordra:
Oupa
Ouma
Pappa
Mamma
Ouboet
susters
ooms
tantes
neefs
niggies
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?