<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 3

Op reis deur ons land?

Module 1

Mense van suid-afrika

Ons mense se eetgewoontes

Julle het nou geleer van al die verskillende provinsies in ons land. Ons mense hou van verskillende soorte kos. Hier volg ‘n paar voorbeelde:

Die Maleiers is baie lief vir kerrie. Hulle maak graag kerriekos soos bobotie, kerriehoender en samoesas.

Die Vrystaters is bekend vir hulle pap, mielies en wors.

Die Kapenaars braai graag snoek en bedien dan saam daarmee patats, growwe brood en druiwekonfyt.

Die Xhosas hou baie van krummelpap.

Stel ‘n spyskaart met verskillende soorte kos saam sodat daar ietsie vir al die verskillende mense is. Versier die spyskaart met tradisionele patrone. Die mense moet sommer baie lus kry vir die kos.

(Gebruik ‘n A4-karton waarop jy jou spyskaart kan maak.

Teken slegs 'n prent van jou gesig in ‘n raam. Let op hoe jou gelaatstrekke (hoe jy lyk) verskil van dié van ander mense.

Die mense van Suid-Afrika verskil. Ons staan ook bekend as die reënboognasie . Jy wonder seker hoekom sê ons so. Wel, 'n reënboog het mos baie verskillende kleure. So is daar in ons land ook baie verskillende mense. Het jy al gesien hoe mooi is die reënboog? Wanneer ons respek het vir mekaar se taal, kultuur, gebruike, tradisies en geloof, kan ons ook 'n baie mooi en spesiale nasie vorm.

  • Kom ons gesels 'n bietjie oor al die verskille.

Dit is mos baie moeilik om iemand te verstaan as jy nie sy taal ken nie. In Suid-Afrika het ons 1 1 amptelike tale. Gelukkig hoef ons darem nie al die tale te kan praat nie, maar ons gaan tog 'n paar sinnetjies leer.

Kyk of jy die volgende kan verstaan:

  • Ngubani igama lakho?

(Wat is jou naam?)

  • Ngubani ifani yakho?

(Wat is jou van?)

  • Uhlala phi?

(Waar bly jy?)

Groepwerk :

  • Bespreek wat julle sal doen as julle mekaar se taal nie verstaan nie.
  • Dramatiseer ‘n toneeltjie waar een persoon 'n ander "taal" praat. (Mimiek) Bespreek hoe julle voel as jy nie kan verstaan wat die persoon probeer sê nie.
  • Bespreek watter probleme daar kan ontstaan en hoe julle dit sal oplos.
  • Gaan gesels met ander maats in jou skool wat 'n ander taal praat.
  • Kyk of hy/sy vir jou 'n paar nuwe woorde kan leer.

Beantwoord nou die volgende vrae :

  • Hoe het die ander taal vir jou geklink?
  • Was dit vir jou maklik om 'n paar nuwe woorde te leer?
Ja Nee

Ons gaan nou in ander tale probeer tel.

een twee drie vier vyf
one two three four five
in ye zimbini zintathu zine zintlanu
  • Teken twee maats wat met mekaar gesels.
  • Werk in groepe: Nooi iemand van ‘n ander kultuur na jul klas. Rig ‘n uitnodiging aan hom / haar op ‘n mooi kaartjie.

Bespreek watter vrae julle graag vir julle besoeker wil vra. Onthou: taal, godsdiens, gebruike, ens.

  • Kies die beste vrae. Maak nou ‘n finale lys van vrae wat julle as klas gaan vra. Bespreek wie watter vraag vra.

Teken in elke blokkie iets waarvandaar in ons volkslied gesing word:

Ons volkslied

Onderhoudsvrae

  1. Waar het u grootgeword? Hoe het u huis gelyk en hoeveel mense het daar gewoon?
  2. Hoe word die kinders se name gekies?
  3. Vertel ons van 'n tradisionele troue.
  4. Van watter soort kos hou julle mense die meeste?
  5. Het julle 'n tradisionele kleredrag? Indien wel, vertel ons meer daarvan.
  6. Wat is die algemene geloof van julle kultuur? Wys vir ons ‘n tradisionele dans.
  7. Watter rol speel musiek en dans in julle lewe?
  8. Wat het die afgelope jare verander en wat het nog dieselfde gebly?

(Leer ‘n eenvoudige dansie aan. )

Laat haar/hom welkom en tuis voel.

Skryf 'n kort briefie aan julle besoeker om haar/hom te bedank. Vertel haar/hom wat julle van haar/sy tradisies en kultuur geleer het.

ASSESSERINGSTANDAARDE(LU’s)
LEWENSORIËNTERING LU 2
SOSIALE ONTWIKKELING: Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede, asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.3 die rol bespreek wat aanvaarding, om te gee, vergifnis en om te deel in gesonde sosiale verhoudings, speel.
KUNS EN KULTUURLU 2
REFLEKSIE Die leerder is in staat om krities en skeppend oor kuns- en kultuurprosesse, -produkte en –style in die konteks van die verlede en die hede te besin.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 ( dans ) – identifiseer hoe gevoelens en gemoedstemming deur middel van die liggaam en gesig, asook die gebruik van energie en die keuse van bewegings, uitgedruk word.
LU 4
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder is in staat om veelvuldige vorme van kommunikasie en uitdrukking in kuns en kultuur te ontleed en te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.3 ( drama ) – die stem, gebare en liggaamsvorms gebruik om gevoelens en gedagtes uit te druk.

Memorandum

  • Bespreek oor hoe ons respek vir ander moet hê en waarom.
  • Bespreek en wys prente van die bevolkingsgroepe.
  • Nooi iemand wat u ken en wat graag vir die leerders meer van hulle kultuur sal wil vertel na die klas, of doen dit saam in graad-verband.

Questions & Answers

the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
what is cell divisoin?
Aron Reply
Diversity of living thing
ISCONT
what is cell division
Aron Reply
Cell division is the process by which a single cell divides into two or more daughter cells. It is a fundamental process in all living organisms and is essential for growth, development, and reproduction. Cell division can occur through either mitosis or meiosis.
AI-Robot
What is life?
Allison Reply
life is defined as any system capable of performing functions such as eating, metabolizing,excreting,breathing,moving,Growing,reproducing,and responding to external stimuli.
Mohamed
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11106/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask