<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Geskiedenis

Graad 4

Die ontstaan van godsdienste van die wêreld

Module 15

Meer oor judaïsme, islam en hindoeïsme

Judaïsme

Oorsprong: Judaïsme het omstreeks 2000 v.C. in Kanaän, die Beloofde Land (grootliks die Israel van vandag), ontstaan. Vandag word dit wêreldwyd aangetref.
Wat glo hulle?: Volgelinge van die Judaïsme word Jode genoem. Hulle glo in een God, wat die Wet aan sy volk openbaar het. Hul simbool is die Ster van Dawid.
Naam van Stigter/Leier: ABRAHAM Abraham, die aartsvader van die Hebreërs, is omstreeks 2000 v.C. in Ur in die huidige Irak gebore. Op God se bevel het hy hom later in Kanaän gevestig.
Waarhede: REËLS EN RITUELE Sommige tradisies van die Joodse leefwyse:
  • Babaseuns word agt dae ná geboorte besny.
  • Die Sabbatdag (Saterdag) is die heilige rusdag.
  • Varkvleis en skulpvis mag nie geëet word nie.
  • ‘n Joodse seun word op dertien Bar-Mitzvah (‘n volwasse lid van die Joodse gemeenskap).
Sleutelpunte:
  • God het die wêreld geskape en beheer die geskiedenis.
  • Die Jode is die afstammelinge van die Hebreërs.
  • Die Jode is God se uitverkore volk, “‘n lig vir alle volkere.”
Heilige Geskrif: TENAKH Die Joodse Heilige Skrif word die Tenakh genoem. Dit vertel die geskiedenis van die Joodse volk. Die belangrikste deel is die Torah , die vyf boeke van Moses. Dit bevat die wette, onder meer die Tien Gebooie, wat God aan Moses bekend gemaak het.

Heilige gebruike

:
Heilige Dae:
Naam Gebeurtenis
Chanoeka Tempelwydingsfees
Pasga Bevryding van slawerny in Egipte
Joom Kippoer Groot Versoendag
Heilige Woorde: Diaspora: Verstrooiing van die Jode Eksodus: Israeliete se uittog uit Egipte Kaddisj: Sinagoge-gebed Onbesnedenes: Nie-Jode Rabbi: Leermeester en Leier Sinagoge: Plek van aanbidding Tefillim: Bidkissie met woorde van die Torak - word aan die voorkop en arm vasgebind Heilige Plekke: WESMUURDié muur in Jerusalem, wat ook as die Klaagmuur bekendstaan, is die enigste oorblyfsel van Herodes se Tempel, wat in 70 n.C. verwoes is. Vandag kom Jode hierheen om te bid en geskrewe gebede en versoeke tussen die enorme klipblokke in te druk.

Islam

Oorsprong: ISLAM het omstreeks 600 n.C. in Mekka ( Makkah ) in die huidige Saoedi-Arabië ontstaan. Dit word tans die hele wêreld oor beoefen en het honderde duisende aanhangers in Suid-Afrika.
Wat glo hulle? DIE ISLAMITIESE GELOOF is gegrond op geloof in een God, Allah. Volgelinge van Islam word Moslems genoem. Hul simbool is ‘n ster en ‘n sekelmaan.
Naam van Stigter/Leier: MOHAMMED Die laaste en grootste van die 26 Islamitiese profete was Mohammed, wat 570 n.C. in Mekka gebore is. Die shahadah verklaar dat Mohammed Allah se boodskapper is.
Waarhede: PILARE VAN ISLAM Moslems moet dié vyf reëls gehoorsaam:
    • Shahadah : Allah is die enigste God en Mohammed is sy boodskapper.
  • Salah : Bid vyf maal per dag.
  • Zakah : Gee aan liefdadigheid.
  • Sawm : Vas in die maand van Ramadan.
  • Hadj : Gaan minstens een maal in ‘n leeftyd na Mekka.
Sleutelpunte:
  • Moslems beloof om die wil van Allah te gehoorsaam.
  • Islam is Allah se gekose geloof vir die menseras.
  • Mohammed is Allah se belangrikste boodskapper.
  • Die woord Islam is afgelei van die Arabiese woord Salaam en beteken “vrede”.
Heilige Geskrif: KORAN ( QUR’AN ). In dié heilige boek van Islam het Allah aan Mohammed bekend gemaak hoe die mensdom op aarde moet leef. Moslems hanteer die boek met groot respek. Hulle bewaar dit op ‘n skoon plek en was voordat hulle dit aanraak.
Heilige Gebruik: BID. Moslems bid dikwels in groepe saam. Hulle kniel met hul gesigte na Mekka op skoon grond of op materiaal: Dit kan ‘n geweefde tapyt, strooimat of selfs ‘n sakdoek wees.
Heilige Dae:
Naam Gebeurtenis
Mawlid al-Nabi Mohammed se geboortedag
Layl’at al-Qadr Koran aan Mohammed onthul
Id al-Fitr Viering van einde van Ramadan
Id al-Adha Einde van pelgrimstog na Mekka
Heilige Woorde: Hadith: Verhale oor Mohammed Hadji: Iemand wat die Hadj afgelê het Hafiz: Moslem wat die Koran gememoriseer het Jihad: Strewe om die Islamitiese lewenswyse te versprei Masjid: Plek van aanbidding Moella: Geleerde Shari’ah: Islamitiese wette Heilige Plekke: MEKKA (MAKKAH)Dié stad in Saoedi-Arabië is die heiligste plek in die Moslemwêreld. Daar is ‘n blokvormige heiligdom, die Ka’ba, wat na oorlewering byna 4 000 jaar gelede deur Abraham en Ismael gebou is. Elke jaar, veral tydens hul pelgrimsmaand, stroom Moslems na Mekka en kom hulle rondom die Ka’ba byeen.

Hindoeïsme

Oorsprong: Hindoeïsme het omstreeks 1750 n.C. in Indië ontstaan. Vandag het dit deur die grootste deel van Suidoos-Asië versprei.
Wat glo hulle? DIE MEESTE HINDOES glo in baie gode maar in een onderliggende Werklikheid, en dat wanneer iemand sterf, die siel weer in ‘n ander liggaam gebore word. Hul simbool is ‘n heilige klank, OM.
Naam van Stigter/Leier: STIGTERSDaar is geen enkele stigter van Hindoeïsme nie. Die vroeë gode is deur die Ariërs, wat Indië binnegeval het, met hulle saamgebring, o.a. Sjiwa.
Waarhede: Hier volg van die belangrikste gode:
  • Brahman: Goddelike, absolute werklikheid
  • Wisjnoe: Lewegewer
  • Sjiwa: God van goed en kwaad
  • Sarasvati : Godin van waarheid
  • Indra : God van oorlog
  • Laksjmi : Godin van skoonheid
  • Kali : Godin van die dood
  • Krisjna: Held en minnaar
Sleutelpunte: Mense wat ‘n goeie lewe lei, word opnuut in ‘n hoër lewe gebore; slegte lewens lei tot ‘n laer lewe.
  • Hindoes strewe om uit die siklus van wedergeboorte bevry te word en een met Brahman te word.
Heilige Geskrif: VEDAS Die vroegste Hindoe-opvattings is 1400 n.C. as die Vedas (gesange en dreunsange) neergeskryf. Die Rig Veda is die belangrikste boek van die Vedas .
Heilige Gebruik: HEILIGE KOEI Hindoes het agting vir alle diere, veral koeie, as heilige wesens. Die meeste Hindoes is vegetariërs. ‘n Koei is ‘n simbool van die aarde, en om ‘n koei te voer, word as ‘n daad van aanbidding beskou.
Heilige Dae:
Naam Gebeurtenis
Dwali Nuwejaarsfees van die ligte
Holi Lentefees
Janmasjtami Geboortedag van Krisjna
Sjiva Ratri Belangrikste fees van Sjiwa
Heilige Woorde: Atman : Individuele siel. Awater : Verskyning van Wisjnoe op aarde. Ghoeroe : Godsdiensleraar. Jogi: Heilige man. Karma: Morele wet. Mantra: Heilige dreunsang, gesang of gedig. Moksja: Vrystelling van die lewensiklus. Nirwana: Volkome vrede. Poeja: Aanbidding. Heilige Plekke: HEILIGE STAD Varanasi of Benares in Indië is een van die oudste stede ter wêreld en die belangrikste plek vir ‘n Hindoe-pelgrimstog. Elke jaar kom bad miljoene in die heilige rivier, die Ganges. Hulle glo die water was sondes af. Mense se as word dikwels op die rivier gestrooi.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11090/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask