<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Geskiedenis

Graad 4

Die ontstaan van godsdienste van die wêreld

Meer oor boeddhisme en die christendom

Module 16

Boeddhisme

Oorsprong: Boeddhisme het omstreeks 500 v.C. in Noord-Indië ontstaan. Vandag is dit deur die grootste deel van Suidoos-Asië versprei.
Wat glo hulle? DIE BOEDDHISTIESE geloof word op die leerstellings van die Boeddha gegrond. Hul simbool is ‘n wiel met agt speke.
Naam van Stigter/Leier: BOEDDHASiddharta Gautama is 563 v.C. in Indië gebore. Hy het as ‘n prins grootgeword en sy tuiste op 29-jarige leeftyd verlaat om ‘n lewe van oordenking en prediking te lei. Hy is die Boeddha of “verligte” genoem.
Waarhede: Die heilige beginsels is vervat in die heilige geskrif, die Dhammapada :
  • Doekkha: Om te lewe, is om te ly.
  • Samoedaja : Begeerte veroorsaak lyding.
  • Nirodha : Vryheid van begeerte beteken die einde van lyding.
  • Magga : ‘n Mens vind vryheid deur die agtvoudige weg van Boeddhisme te volg.
Sleutelpunte:
  • Geestelike vervulling spruit uit die regte optrede en gedagtes.
  • Die lewe is ‘n opeenvolging van geboorte.
Heilige Geskrif: Die Dhammapada is die bekendste deel van die pali -kanon, die versamelde leerstellings van Boeddha. Dit bevat die Vier Waarhede en die Agtvoudige Weg: die regte opvattings, bedoeling, spraak, optrede, lewenswyse, inspanning, bewustheid en konsentrasie.
Heilige Gebruik: MONNIKE Boeddhiste-monnike leef eenvoudig en gee die meeste van hul besittings prys. Hulle bid, onderrig, mediteer en bedel om hul kos.
Heilige Dae:
Naam Gebeurtenis
Sakjamoeni (of Wesak) Geboorte van Boeddha
Bodhi-dag Boeddha se verligting
Panniswana Sy “hemelvaart”
Paggoena Bron van lewensiklus
Heilige Woorde: Anatta: Daar is geen eie ek nie Anikka: Die eie ek is nie blywend nie Arahat: Waardig, gebruik om Boeddha te beskryf Bhikkoe: Monnik Jataka: Beskrywings van Boeddha se lewens Nibbana: Toestand van vrede Sangha: Monnike-orde Vihaia: Klooster Heilige Plekke: GOUE PAGODE. Die Sjwedagon-pagode in Rangoen, Birma, is een van die oudste Boeddhiste-tempels. Dit is met goud bedek en bo-op met meer as 4 000 diamante versier.

Die christendom

Oorsprong: Die Christendom het omstreeks 30 n.C. in Palestina (in die huidige Israel) ontstaan toe Jesus met sy prediking begin het.
Wat glo hulle? Christene glo dat Jesus Christus die seun van God is wat na die aarde gekom het om hulle van sonde te verlos. Hul simbool is die kruis.
Naam van Stigter/Leier: JESUS CHRISTUS Jesus is 4 v.C. in Betlehem, Israel gebore. Toe hy 30 jaar oud was, het hy begin preek en siekes genees. ‘n Paar jaar later is hy verhoor en deur die Romeine tereggestel omdat sy leringe glo met die Joodse wet gebots het.
Waarhede: TIEN GEBOOIE Christene gehoorsaam veral tien reëls wat reeds in die Ou Testament opgeteken is:
  • Aanbid slegs een God.
  • Moenie beelde maak en aanbid nie.
  • Eerbiedig God se naam.
  • Hou die Sabbat heilig.
  • Eer jou ouers.
  • Moenie moord pleeg nie.
  • Moenie egbreuk pleeg nie.
  • Moenie steel nie.
  • Moenie leuens vertel nie.
  • Moenie afgunstig wees nie.
Sleutelpunte:
  • Jesus het uit die dode opgestaan.
  • Die Heilige Drie-eenheid is God die Vader, Seun en Heilige Gees.
  • Jesus het verkondig dat mense God moet liefhê, en hul naaste soos hulself moet liefhê.
Heilige Geskrif: BYBEL Dié heilige boek bestaan uit twee dele, die Ou en die Nuwe Testament. Die Ou Testament bevat die heilige geskrifte van die Jode. Die Nuwe Testament gaan oor die lewe van Jesus en die groei en lering van die vroeë Kerk.
Heilige Gebruik: DIE DOOP Die sakrament (heilige handeling) waartydens mense in water ondergedompel word, word die doop genoem. Christene wêreldwyd oor doen dit in die een of ander vorm wanneer hulle die Christelike geloof aanneem.
Heilige Dae:
Naam Gebeurtenis
Kersfees Jesus Christus se geboortedag
Goeie Vrydag Jesus word gekruisig
Paasfees Jesus staan uit die dode op
Pinkster Die koms van die Heilige Gees
Heilige Woorde: Evangelie: Een van vier beskrywings van Jesus se lewe in die Nuwe Testament Nagmaal: Brood en wyn word ter gedagtenis aan Jesus gebruik Protestante: Christenkerke en -groepe wat in die 16de eeu van die Rooms-Katolieke Kerk afgeskei het Rooms-Katolieke: Lidmate wat die gesag van die Pous aanvaar. Heilige Plekke: ST PIETERSKERK Dit het meer as 100 jaar geduur om dié Rooms-Katolieke kerk in die Vatikaanstad, Rome, te bou. Tien argitekte was betrokke, onder andere Michelangelo, wat die koepel ontwerp het.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11090/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask