<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 9

Lewensprosesse: ‘n gesonde lewe

Module 8

Gesinsbeplanning en geslagsiektes

Geslagsiektes:

  • Aangesien seks die nabye kontak tussen twee persone behels, word aansteeklike siektes maklik oorgedra. GESLAGSIEKTES word met SEKSUELE KONTAK oorgedra.
Siekte Simptome Infeksie agent
VIGS
  • Immuunstelsel aangeval
  • Persoon kry siektes soos kanker, longontsteking en swaminfeksies en het geen verweer daarteen
HI-virus
GONOR-REE
  • Babas word blind gebore
  • Branderige urinering
  • Pynlike gewrigte
Bakteriese infeksie
SIFILIS
  • Seertjies op geslagsdele
  • Veluitslag
  • Bakterieë kan brein aanval en blindheid en waansin veroorsaak
Bakteriese infekie
  • VRAE OOR GESLAGSIEKTES:

1. Watter van bostaande siektes kan suksesvol behandel word? Hoe?

2. Wat is die verskil tussen HIV-positief en VIGS?

3. Hoe kan 'n persoon wat HIV-positief is sy lewensverwagting verleng?

4. Wat is NEVIRAPIEN en waarvoor word dit gebruik?

Assessering: Vrae oor GESLAGSIEKTES

Kon jy die vrae suksesvol beantwoord?

[LU 2.3]

Gesinsbeplanning en voorbehoeding

Aangesien paartjies deesdae verskeie redes het waarom hulle nie baie kinders wil hê nie, of dalk glad nie, is die voorkoming van swangerskap vir hulle baie belangrik.

Gesinsbeplanning is die konsep waar paartjies hul swangerskappe beplan – gewoonlik om die finansiële sekuriteit van hul kinders te verseker.

Meeste mense wil egter net swangerskap verhoed en pas dieselfde VOORBEHOEDINGSMETODES toe.

Voorbehoedingsmetodes

  • Daar is NATUURLIKE en KUNSMATIGE metodes:

Natuurlike:

  • ONTHOUDING – geen seks; 'n toenemend populêre metode – een van die enkele metodes wat 100% swangerskap verhoed, asook geslagsiektes uitskakel.
  • RITMIESE METODE – ovulasie en die temperatuurverhoging in die tyd word gebruik om òf swanger te word òf om dit te verhoed.

Kunsmatige:

METODE STATISTIES die getal SWANGERSKAPPE (uit elke honderd gebruikers)
KONDOOM : rubberskede wat om penis geplaas word 4
DIAFRAGMA : rubber skerm wat net voor omgang in vroulike sisteem geplaas word 3
IUD :(‘intra-uterine device’)Word deur dokter in uterus geplaas – bly maande daar 3
VOORBEHOEDPILLE "Die Pil" 0-2afhangend van gebruiksfoute
STERILISASIE :Buise word afgebind en geknip Feitlik 0

Klasaktiwiteit: BESPREKING van VOORBEHOEDING

1. Hoekom is gesinsbeplanning belangrik? Noem drie redes.

2. Hoekom is die ritmiese metode nie baie betroubaar as voorbehoedingsmetode nie?

3. Hoekom is onthouding as voorbehoedingsmetode besig om in gewildheid toe te neem?

4. Hoekom kan nie een van die kunsmatige metodes as 100% "veilig" beskou word nie?

5. Wat is:

a) 'n VASEKTOMIE

b) 'n HISTEREKTOMIE

c) SPERMDODERROOM

5. Gestel jy trou binnekort – hoeveel kinders sal jy wil hê en hoekom sê jy so?

6. Wat is jou siening oor ABORSIE? Onthou, elkeen is geregtig op sy opinie!

Assessering: KLASBESPREKING

Sien jy die verband tussen wetenskap en die sosiale gemeenskap waarin die mens bly?

[LU 3.1]

Assessering

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan onthou;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit is bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit verstaan;

3.2 die volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Gesinsbeplanning en geslagsiektes

VRAE OOR GESLAGSIEKTES:

1. Bakteriese infeksies kan met antibiotika behandel word

2. HIV + beteken persoon het virusinfeksie; VIGS is volle ontwikkelde siekte

3. Gesonde lewenstyl, oefening, baie vars groente en vrugte, medikasie wat virusontwikkeling onderdruk

4. Verhoed moeder na kind oordrag van virus tydens en na geboorte

KLASAKTIWITEIT: BESPREKING van VOORBEHOEDING

1. lewenskwaliteit, finansiele sekuriteit, lewensonkoste, opvoeding

2. siklusse kan wissel – nie betroubaar

3. enigste een met werklike waarborge; terugkeer na strenger morele waardes agv vrese oor HIV en ander faktore

4. almal feilbaar agv menslike faktor

5. a) afknip van spermbuise by man – sterilisasie

b) verwydering van uterus by vrou – sterilisasie

c) medisinale room wat gewoonlik saam met ander voorbehoedingsprodukte gebruik word

6 en 7 - eie opinie

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask