<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 4

Fisiese ontwikkeling en beweging

Module 17

Veiligheid in en by die water

Waterveiligheid

Groepsaktiwiteit 1

Om kennis te neem van die inhoud van ‘n koerantberig [lu 4.5]

Lees die volgende uittreksel uit die KleinBurger van 26 Augustus 2002:

Voorkom ongelukke tuis

Ongelukke waarby kinders soos julle betrokke is, gebeur net ver van die huis ………………. verkeerd.

Omtrent 75% van die ongelukke wat julle moontlik kan oorkom, gebeur om en in die huis. Ongeveer tien kinders jonger as 15 sterf daagliks as gevolg van motorongelukke, verdrinking, vergiftiging, brandwonde en geweld.

Jammer vir die aaklige nuus. Maar hoe anders kan julle bewus word van die feite? CAPFSA (Child Accident Prevention Foundation) staan jaarliks ‘n week af om hierdie skokfeite aan die publiek bekend te maak sodat almal kan probeer om hierdie onaanvaarbaar hoë voorkoms van ongelukke en sterftes te voorkom.

Jul veiligheid het niks met geluk te doen nie. Daar is sekere reëls wat julle en jul ouers ernstig moet opneem en kan volg.

Dalk moet jy soms jou jonger boeties of sussies oppas wanneer jou ouers uitgaan. Die inligting en wenke wat deur Nelmarie du Toit by CAPFSA aan KleinBurger gegee is, geld vir jou eie en die veiligheid van ander wat jy soms moet oppas. Plak dit gerus teen jou kasdeur.

Verdrinking

Vind meestal plaas in riviere, dan in damme en dan in swembaddens. Klein kinders moet nooit alleen in die bad gelaat word nie. Emmers water wat rondstaan, wag vir ‘n kind om te verdrink.

Brandwonde

Die Rooi Kruis-kinderhospitaal behandel jaarliks ongeveer 900 kinders vir brandwonde wat eintlik NIE MOES GEBEUR HET NIE.

Warm vloeistowwe soos water, koffie, olie, tee en ander kossoorte veroorsaak meeste brandwonde.

Tap altyd eerste die koue en dan die warm water in die bad.

Onthou: vuurhoutjies, aanstekers en vuur is nie speelgoed nie!

As jou klere aan die brand raak, moet jy stilstaan, val en rol om die vlamme te blus.

Indien jy ‘n brandwond opgedoen het, kan jy dit 15 minute lank met koue water verkoel.

Vergiftiging

Die hoofoorsaak van vergiftiging is medisyne, paraffien en ander skoonmaakmiddels wat op plekke gebêre word waar julle maklik kan rondsnuffel. (Dus, kinders se stoutigheid moet ophou, want Klein Burger is seker Ma het al dikwels gesê julle mag nie in hierdie of daardie kas krap nie!)

Met klein kinders in die huis moet ‘n mens altyd ekstra versigtig wees; hulle draai enige bottel oop.

Gifstowwe moet nooit saam met kos in dieselfde kas gebêre word nie.

Val

Meer as 40% van alle beserings wat by die Rooi Kruis-Kinderhospitaal behandel word, is as gevolg van val ­ val uit bome, babas wat op hoë plekke alleen gelaat word en dan afval, en kinders wat van apparaat op die speelterrein afval.

As julle nog meer oor veiligheid vir kinders wil lees, kan julle die webtuiste van CAPFSA besoek by : www.altonsa.co.za/childsafe.

Groepaktiwiteit 2

Om as ‘n groep oor veiligheidsmaatreëls in water te gesels

[lu 4.5]

Bespreek in gonsgroepe die gevare wat water vir kinders kan inhou.

Maak nou ‘n lys van 10 reëls vir die voorkoming van waterongelukke .

Ruil die idees van die verskillende groepe onder mekaar uit.

Die klas kan dan saam die 10 beste reëls op ‘n plakkaat uitskryf en teen die klaskamermuur opsit.

Assessering

LEERUITKOMS 4: LIGGAAMLIKE ONTWIKKELING EN BEWEGING

Die leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.

Assesseringstandaard

Dit is duidelik wanneer die leerder

4.5 gevare en verantwoordelike veiligheidsmaatreëls in en naby water identifiseer.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11095/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask