<< Chapter < Page Chapter >> Page >

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

Graad 4

HOE MENSE ‘N BESTAAN VOER

Module 3

DIE ENTREPRENEUR

Soos ons in die eerste twee modules gesien het, probeer alle mense hul lewenstandaard so hoog as moontlik maak. Om dit te kan doen, moet hulle geld verdien deur te werk. Sommige mense weet reeds van kleins af watter werk hulle eendag wil doen, terwyl ander eers ná skool voor hierdie groot en belangrike besluit te staan kom. Weet jy reeds watter beroep jy eendag wil beoefen?

Hier is ‘n paar voorbeelde:

Indien jy daarvan hou om met jou hande te werk en in masjiene belangstel, kan jy die volgende moontlikhede oorweeg:

‘n ingenieur

‘n motorwerktuigkundige

As jy dalk van plante hou:

‘n bloemiste

bestuurder van jou eie kwekery

plaasvoorman

botanis

Of van syfers:

bankteller

klerk

aktuaris

rekenmeester

Fassineer die wetenskap jou: ‘n wetenskaplike

laboratoriumassistent

apteker

mediese dokter

Daar is vele meer.

Soos ons reeds bespreek het, werk alle mense nie vir groot firmas nie. Baie besluit om hul eie besighede te begin. Hulle word entrepreneurs genoem.

Entrepreneurskap

Ons land benodig entrepreneurs. Die regering en die eienaars van groter besighede kan nie aan alle inwoners van ons land werk voorsien nie. Mense moet hul eie werk skep en hulle eie talente gebruik om werksgeleenthede vir hulself en ook ander te skep.

Om vir jouself te werk, hou baie voordele in. Kan jy aan ‘n paar dink? Bespreek dit gerus eers in die kleiner groepe.

............................................................................................................................

Ja, as entrepreneur kan jy:

  • vir jouself werk;
  • werk wanneer jy wil;
  • jou talente en vaardighede tot voordeel van jouself gebruik;
  • ondervinding in jou belangstellingsrigting opdoen;
  • goeie geld verdien, indien jy jou besigheid reg bestuur.

Jy moet bereid wees om hard te werk en jou besigheid reg te bestuur ten einde ‘n sukses daarvan te maak.

  1. Voorbeeld van ‘n entrepreneur

Aktiwiteit 1

Om te leer hoe wins gemaak word {LU 4.2, 4.3]

Sonja is ‘n graad 4-leerder wat daarvan hou om haar eie sierpapier te maak. Sy verkoop dit dan by haar skool se markdag en maak ook spesifieke tipes papier op bestelling. Sonja het geld by haar ma geleen om haar eerste benodigdhede aan te koop.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11085/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask