<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Omgewing en interaksies

Module 35

Ekologiese verwantskappe

Ons studie van die rolle van organismes in ekosisteme het gewys dat hulle nie in isolasie staan van mekaar nie. Daar is onderlinge verhoudings tussen almal. Almal is tot ’n meerdere of mindere mate van mekaar afhanklik.

Ekologiese verwantskappe kan om verskillende redes ontstaan.

Aktiwiteit 1:

Om die redes vir verwantskappe tussen organismes in die natuur te identifiseer

[lu 2.4]

Kyk of jy ’n paar redes vir die ontstaan van verwantskappe tussen organismes in die natuur kan neerskryf:

  • Bespreek julle redes met mekaar en besluit op die belangrikste een:

Assessering van vermoë om redes vir verwantskappe te identifiseer

Kon jy nadele lys?

[LU 2.4]

Aktiwiteit 2:

Om voedselverwantskappe te verduidelik, te identifiseer en aan die hand van voorbeelde te illustreer

[lu 2.1; 2.2; 2.3; 2.4]

Groen plante fotosintetiseer en produseer kos in die vorm van stysel.

Diere is nie in staat tot eie voedselproduksie nie en moet dus gebruik maak van plante of ander diere wat plante geëet het.

Daar is egter verskillende soorte verbruikers. In ’n vorige module oor biodiversi­teit is reeds genoem dat planteters, vleiseters, asook diere wat beide plante en diere eet, saam die verbruikers uitmaak.

Ontbinders vorm ook ’n baie belangrike deel van die ketting.

Al bogenoemde maak deel uit van ’n tipiese VOEDSELKETTING .

’n Voedselketting ontstaan deurdat organismes op mekaar voed en voeding­stowwe asook energie vanaf die son, van een organisme na die volgende vloei.

Toets jou kennis oor voedselverwantskappe:

1. Gee die wetenskaplike woord vir:

1.1 planteters:

1.2 vleiseters:

1.3 gekombineerde plant- en vleisvreters:

2. Gee die definisie van:

2.1 ’n verbruiker:

2.2 ’n produseerder:

2.3 ’n voedselketting:

3. Beskryf kortliks die belangrikheid van die volgende:

3.1 aasvreter:

3.2 ontbinders:

4. Noem ten minste TWEE belangrike ontbinders:

Assessering van VOEDSELKETTINGVRAE

Kon jy vrae korrek beantwoord?

[LU 2.1]

Stel ’n voedselketting saam:

  • Gebruik enige sketse en stel ’n eenvou­dige voedselketting saam deur die sketse in die in die regte volgorde te plak.
  • In die natuur kry ’n mens egter nie voedselkettings geïsoleerd nie, m.a.w. hulle kom deurmekaar gevleg voor. So ’n netwerk van voedselkettings noem ons ’n VOEDSELWEB .
  • Voedselkettings word dikwels as VOEDSELPIRAMIDES voorgestel. ’n Voeselpiramide gee ’n aanduiding van die getalle biomassa of energie op elke vlak in die voedselketting.[LU 2.2]

Stel ’n voedselpiramide saam

  • Vul die volgende in die korrekte volgorde op die onderstaande voedselpiramide-raam in:

1. KARNIVORE, GROEN PLANTE, AASVRETERS, HERBIVORE

2. Regs van die piramide kan jy ’n spesifieke voorbeeld van elkeen van die bostaande kategorieë skryf.

3. Kleur die piramide se dele in soos jy wil.

4. Die pyl stel die vloei van biomassa of energie voor. Wat beteken die helling van die piramide (dan dit maar steiler of vlakker wees)?

Assessering van begrip oor VOEDSELKETTING EN VOEDSELPIRAMIDE

Kon jy beide voorstellings voorstel?

[LU 2.3]

Lees die volgende en gebruik die inligting om soveel voedselkettings as wat jy kan , saam te stel.

Dit is ’n warm Kalahari-dag. ’n Briesie waai dooie materiaal in die vorm van fyn takkies en organiese stof oor die kruin van die sandduin . Insekte soos kewers en miere skarrel om die fyn stukkies op te raap. ’n Mierleeu skuil in ’n klein tregtertjie en wag sy prooi in. Saans as dit afkoel, kom klein veldmuise en ander soogdiere te voorskyn.

Hulle peusel aan die laaste greintjie grassade en spriethalms waarop mis vroeg­oggend weer as waterdruppels kondenseer. Teen die kruin van die duin hard­loop ’n swart toktokkie en staan stert orent om ook ’n bietjie van die aardvog te laat kon­denseer wat dan teen sy dors doplyfie afloop tot binne-in sy gulsige mond.

Op die hitte van die dag trap die geitjie 2 × 2 om die sand se skroei te vermy totdat ’n sprinkaan teen die graspol sy aandag trek. Skerpioene skarrel ook stertorent rond op soek na spinnekoppe en kewerlarwes. Spinnekoppe lê miere en termiete voor en die horingslang sit ritselend die veldmuis agterna. Dit alles in die stilte van die snikhete dag en die nag se jakkalstjank.

Assessering van LEESSTUK interpretasie:

Kon jy basiese VOEDSELKETTINGS uit die LEESSTUK identifiseer?

[LU 2.4]

Assessering

LU 2

Wetenskaplike Kennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan onthou;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

Memorandum

Aktiwiteit 1: Redes vir ekologiese verwantskappe

Redes: voedsel bv. voëls wat blomme bestuif, diere wat as prooi vir ander dien, herbivore wat gras vreet, beskerming bv. blouwildebeeste, sebras en rooibokke wat saam wei (beskerming teen predatore), huisvesting bv. voëls wat nesmaak in ’n boom, ontbinding bv. fungi en bakterieë wat van dooie plante en diere afhanklik is vir voeding, maar op hulle beurt vir die ander plante en diere nuttig is omdat hulle die grond vrugbaar hou.

Die belangrikste rede: ’n klasbesluit

Aktiwiteit 2: om voedselverwantskappe te kan verduidelik, identifiseer en illustreer

Toets jou kennis:

1. 1.1 – herbivore 1.2 – karnivore 1.3 – omnivore

2.

2.1 verbruiker: kan nie eie voedsel vervaardig, moet plante eet of iets wat plante geëet het.

2.2 produseerder: maak voedsel deur son, koolstofdioksied en water te gebruik bv groen plante

2.3 Energie vanaf son deur ’n reeks organisms gewoonlik eerste herbivoor en dan reeks verbruikers tot by ontbinders. Energie gaan by elke skakel verlore

3.

3.1 aasvreters verwyder sigbare diereafval terwyl ontbinders sorg vir fyn afbreek na minerale vlak sodat dit kan terugkeer na grond

3.2 ontbinders: breek organiese material (plant- en dierreste) af na basiese nutriënte (voedingstowwe/boustowwe) wat in grond beskikbaar gehou word vir plante

4. fungi, bakterieë (of voorbeelde van fungi en bakterieë)

Voedselketting

  • Aanvaar leerder se antwoord mits die volgorde korrek is: produsent, 1ste verbruiker, 2de en 3de verbruiker, ontbinder

Voedselpiramide

  • Groen plante, herbivore, karnivore, aasvreters
  • Helling: hoe steiler, hoe kleiner die energie- of biomassaverlies van vlak tot vlak

Voedselkettings na aanleiding van leesstuk

  • Bv. takkies/organiese materiaal-miere-mierleeu-geitjie-slang
  • gras-sprinkaan-geitjie-slang
  • takkies/organiese material-veldmuis-slang

Questions & Answers

what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
What are the treatment for autism?
Magret Reply
hello. autism is a umbrella term. autistic kids have different disorder overlapping. for example. a kid may show symptoms of ADHD and also learning disabilities. before treatment please make sure the kid doesn't have physical disabilities like hearing..vision..speech problem. sometimes these
Jharna
continue.. sometimes due to these physical problems..the diagnosis may be misdiagnosed. treatment for autism. well it depends on the severity. since autistic kids have problems in communicating and adopting to the environment.. it's best to expose the child in situations where the child
Jharna
child interact with other kids under doc supervision. play therapy. speech therapy. Engaging in different activities that activate most parts of the brain.. like drawing..painting. matching color board game. string and beads game. the more you interact with the child the more effective
Jharna
results you'll get.. please consult a therapist to know what suits best on your child. and last as a parent. I know sometimes it's overwhelming to guide a special kid. but trust the process and be strong and patient as a parent.
Jharna
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask