<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Vrugte en groente is (goedkoper; duurder, dieselfde) as sjokolade en

skyfies.

  1. Lees paragraaf 4 en vul die ontbrekende woorde in:

Gesonde eetgewoontes help jou om _________________ te wees en dus

sal jy die ____________selde besoek, omdat jy nie maklik _____________

sal word nie.

  1. Hoekom, volgens paragraaf 5, kan kinders deesdae nie meer skool toe stap of fietsry nie? (Skryf ‘n sin van minstens drie woorde.)
Assessering deur ‘n maat onder leiding van die opvoeder Totaal uit:
15
LU 5.2.1

Verdeel nou in groepe en bespreek die volgende vrae. Kies ‘n groepleier wat aan die res van die klas verslag sal doen oor julle groep se standpunte:

  • Is dit wat in die artikel gesê word waar van Suid-Afrikaanse kinders?
  • Kyk die meeste Suid-Afrikaanse kinders televisie en beteken dit dat die meeste kinders toegang tot ‘n televisiestel het?
  • Het baie Suid-Afrikaanse kinders rekenaars?
  • Hou julle van skoolsport? Hoekom? / Hoekom nie?
  • Moet skoolsport verpligtend wees vir alle skoolkinders? (verpligtend beteken “compulsory”)
  • Aan watter aktiwiteite, behalwe skoolsport, neem julle groeplede deel in hulle vrye tyd?
LU 2.2.1
LU 2.4.4

Ek voel siek!

Skryf die sinne oor en voorsien dit van die regte leestekens en hoofletters;

: , “ ” ? !

  1. Die dokter sê goeiemôre mevrou wat makeer vandag
  1. Die dame antwoord my voete is so seer
  1. Die dokter sê dis geen wonder nie u het die verkeerde skoene aan die verkeerde voete
LU 6.3.14

Selfassessering onder leiding van die opvoeder.

DIREKTE REDE

In die direkte rede word die direkte woorde van die spreker aangehaal.

bv. Peter sê: “Ma, ek het al my huiswerk gedoen.”

Kyk mooi na die gebruik van die dubbelpunt : en die aanhalingstekens “ “

Bianca vra: “Kan ek jou help, Kate?”

Soms kom die spreker se naam na die aanhaling, bv.

“Ma, ek het my huiswerk gedoen,” sê Peter.

óf

“Kan ek jou help, Kate?” vra Bianca.

KONTROLELYS: DIREKTE REDE

Ek het onthou om: JA NEE
die spreker se direkte woorde te skryf
‘n dubbelpunt te gebruik net voordat die direkte woorde geskryf word
aanhalingstekens vir die direkte woorde te gebruik (aan die begin en einde)
‘n komma te gebruik as ‘n persoon direk aangespreek word, bv. “Kate, waar is jou kospakkie?”

HERSIENINGSOEFENING

Skryf die volgende sinne in direkte rede en gebruik die kontrolelys om seker te maak dat jy alles korrek doen.

  1. Die dokter vra kinders eet julle gereeld vrugte?
  2. Nee dokter antwoord die kinders ons verkies om lekkers en koekies te eet.
  3. Moeder gee ‘n sug en sê ai as ek hulle net kan oortuig dat vrugte gesonder is.
  4. Hoekom is Ma so bekommerd vra die kinders ons is baie gesond.
  5. Kyk Ma roep Themba ek het groot sterk spiere.

Mondeling

Hierdie seun se liggaamsdele kla teenoor mekaar. Die maag werk baie hard en die spiere werk glad nie. Jy en ‘n maat gaan elkeen ‘n liggaamsdeel wees wat met mekaar gesels. Vertel wat hulle makeer, hoe hulle voel, hoekom hulle so voel en wat moet gebeur om hulle beter te laat voel. Julle kan julle gesprek hieronder neerskryf as julle wil.

LU 4.4.1

Julle gaan mekaar assesseer terwyl julle die dialoog vir die klas kom voordra.

Gebruik die assesseringsruit om mekaar te assesseer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask