<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wanneer ‘n elektriese toestel gebruik word, moet daar ‘n opvoeder in die vertrek wees, of ten minste twee ander leerders. Volg die volgende prosedure as jy naby is as ‘n leerder ‘n elektriese skok opdoen.

  • Moenie aan die persoon vat nie.
  • Stuur iemand om ‘n volwassene te gaan roep.
  • Skakel die hoofstroomskakelaar af.
  • Skakel die toestel by die muursok af en trek die muurprop uit.
  • As dit onmoontlik is, probeer om die persoon weg van die elektriese toestel te kry deur hom met ‘n besem met ‘n houtsteel of met iets wat nie elektrisiteit gelei nie weg te druk.
  • As jy seker is dat die krag af is, kan jy eerstehulp toepas as jy opgelei is daarvoor.
  • As jy ‘n ligte elektriese skok opdoen, sal jy lam voel, dus moet jy eers ‘n rukkie ontspan voordat jy weer werk.

L.W.: Kyk mooi na iemand wat ‘n ernstige besering opgedoen het. Hou die persoon warm, laat hom / haar plat lê en ontbied hulp.

Veiligheidsmaatreëls ten opsigte van

Skêre

  • ‘n Skêr moet van goeie gehalte, skerp en in ‘n goeie werkende toestand wees.
  • Moenie die lemme heeltemal toemaak as ‘n gedeelte langer as die lengte van die lemme geknip word nie.
  • Draai die karton / papier, en nie die skêr nie, as kurwes geknip word.

Utiliteitsmesse

  • Gebruik dit slegs onder toesig en saam met ‘n veiligheidsliniaal.
  • Sny op ‘n geskikte en veilige oppervlak, bv. ‘n snyplank.
  • Staan as jy moet sny en trek die lem terug as jy dit moet gaan bêre.
  • Moenie dat die lem te ver voor uitsteek nie.
  • Jy word slegs toegelaat om die mes in jou hand te hê as jy daarmee gaan werk.

Handbore

  • Maak seker dat jy weet hoe om spiraalpunte om te ruil en dit teen die regte hoek te hou.
  • Die materiaal waardeur geboor gaan word, moet deeglik vasgeklamp wees.
  • Moenie die klembus heeltemal verwyder nie, omdat dit moeilik is om dit weer te installeer.
  • Dit is beter om ‘n klein spiraalpunt te gebruik as ‘n te groot een as jy nie die spesifieke grootte weet nie.
  • Terwyl jy boor, moet die handvatsel in ‘n kloksgewyse rigting gedraai word en ook as die punt uit die gat gehaal word.
  • Voorkom dat die uitgaande gat splinter deur ‘n stuk oorskiethout onder die gat te plaas.
  • Handbore word vir gate tot 6 mm in deursnee gebruik. Gebruik ‘n boor en omslag vir groter gate.
  • Moenie dat ‘n handboor op ‘n werksoppervlakte bly lê nie, want dit kan afval en beskadig word.

GOMPISTOLE

  • Dit kan vir hout, metale en sommige plastiekvoorwerpe gebruik word.
  • As dit aangeskakel is en nie gebruik word nie, moet dit in ‘n staande posisie geplaas word.
  • Skakel dit af na gebruik.
  • Hanteer dit onder toesig.
  • Oppas vir gom wat mag drup. Bêre eers wanneer die pistool heeltemal afgekoel het.

ALGEMEEN

  • Wanneer metale en plastiek gesaag word, moet ‘n veiligheidsbril gedra word.
  • As plastiek gevorm word deur dit te verhit, moet voorsorg met die korrekte temperatuur getref word, omdat sommige plastiek giftige gasse afgee.
  • Polistireen moet gesny word met ‘n warm draadsnyer wat laag gestel is en wat in ‘n vertrek met goeie ventilasie staan.

Soldeertoestelle

  • ‘n Soldeerbout moet met respek behandel word, want dit gebruik hoofstroomelektrisiteit en kan baie warm word. Gebruik slegs onder volwasse toesig.

Reëls vir gebruik

  1. Skakel dadelik af na gebruik, want dit kan so sy raklewe verleng.
  2. Moenie die koord met die punt van die aangeskakelde toestel aanraak nie. Die omhulsel sal smelt en die geleidingsdraad ontbloot wat ‘n elektriese skok kan veroorsaak.
  3. Gebruik ‘n staander om die soldeerbout in te plaas tydens gebruik, anders kan dit iets aan die brand laat slaan as dit plat lê.
  4. Moenie die dampe van die smeltmiddel inasem nie.
  5. Beskerm die werkoppervlakte met ‘n hardehoutoppervlakte.

Noodhulp vir ander beserings

KLEIN SNYTJIES

  • Was die sny in koue water om dit skoon te maak en die bloeding te stop. Droog dit met ‘n skoon doek af en plak ‘n pleister oor om dit skoon te hou.

Dieper snye

  • Druk die wond hard toe met ‘n skoon sakdoek, sneesdoekie of jou ander hand om bloeding te verminder.
  • Plaas die wond hoër as die res van jou liggaam om die vloei van bloed te verminder.
  • Roep iemand vir hulp.

Splinters

  • Steriliseer ‘n tang of ‘n naald in ‘n vlam.
  • Probeer die hele splinter uithaal.
  • Maak die wond skoon met ‘n ontsmettingsmiddel en plak ‘n pleister oor.

Stampe en kneusings

  • Was met koue water om kneusing en uitswelling te voorkom.
  • ‘n Gekneusde vingernael mag swart word. As dit baie seer word, kan ‘n dokter gespreek word.
  • Bloedblase moet gelaat word om op te droog en nie oopgesteek word nie.

Beplan, tydens ondersoeke, ‘n strategie vir die versameling van data en inligting wat die volgende insluit:

  • gebruik soektegnieke;
  • verkry toepaslike data vir spesifieke doeleindes;
  • maak sinvolle opsommings.

Opdrag1:

Om ‘n kort en duidelike stelling m.b.t. veilige hantering van gereedskap te skryf

[lu 1.5]

Ontwerp ‘n bondige reël met ‘n gepaste lettertipe vir enige gereedskapstuk wat in die klas gebruik word, bv. soldeertoestelle, utiliteitsmesse, gomgewere, bore, sae, ens. Die klem op die lettertipe moet waarskuwend en ter inligting wees en moet ‘n veiligheidsaspek beklemtoon. Helder, opvallende kleure en ‘n duidelike maklik leesbare en simmetriese lettertipe sal die geskikste wees. Die beste voorbeelde sal gelamineer word en in die klas uitgestal word. ‘n Rekenaar of stensils moet in jou finale produk gebruik word.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
Ondersoek :1.3 ondersoek uitvoer deur middel van eenvoudige praktiese toetse met betrekking tot aspekte van die tegnologiese kennisvelde (Strukture, Verwerking, Stelsels en Beheer);
Ontwerp :1.7 minstens twee alternatiewe oplossings genereer en die idees annoteer;
1.8 moontlike oplossings kies, sinvolle redes vir keuse gee en ‘n gekose idee deur middel van grafika of modelleringstegnieke ontwikkel;
Maak :1.10 gepaste gereedskap en materiaal kies en gebruik om produkte deur middel van gepaste tegnieke te maak deur verskillende soorte materiaal akkuraat te meet, uit te merk, te knip/sny of te skei, te vorm of te vervorm, te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.11 ‘n veilige werkspraktyk gebruik en ‘n bewustheid toon van doeltreffende maniere om materiaal en gereedskap te gebruik.

Questions & Answers

how do you get the 2/50
Abba Reply
number of sport play by 50 student construct discrete data
Aminu Reply
width of the frangebany leaves on how to write a introduction
Theresa Reply
Solve the mean of variance
Veronica Reply
Step 1: Find the mean. To find the mean, add up all the scores, then divide them by the number of scores. ... Step 2: Find each score's deviation from the mean. ... Step 3: Square each deviation from the mean. ... Step 4: Find the sum of squares. ... Step 5: Divide the sum of squares by n – 1 or N.
kenneth
what is error
Yakuba Reply
Is mistake done to something
Vutshila
Hy
anas
hy
What is the life teble
anas
hy
Jibrin
statistics is the analyzing of data
Tajudeen Reply
what is statics?
Zelalem Reply
how do you calculate mean
Gloria Reply
diveving the sum if all values
Shaynaynay
let A1,A2 and A3 events be independent,show that (A1)^c, (A2)^c and (A3)^c are independent?
Fisaye Reply
what is statistics
Akhisani Reply
data collected all over the world
Shaynaynay
construct a less than and more than table
Imad Reply
The sample of 16 students is taken. The average age in the sample was 22 years with astandard deviation of 6 years. Construct a 95% confidence interval for the age of the population.
Aschalew Reply
Bhartdarshan' is an internet-based travel agency wherein customer can see videos of the cities they plant to visit. The number of hits daily is a normally distributed random variable with a mean of 10,000 and a standard deviation of 2,400 a. what is the probability of getting more than 12,000 hits? b. what is the probability of getting fewer than 9,000 hits?
Akshay Reply
Bhartdarshan'is an internet-based travel agency wherein customer can see videos of the cities they plan to visit. The number of hits daily is a normally distributed random variable with a mean of 10,000 and a standard deviation of 2,400. a. What is the probability of getting more than 12,000 hits
Akshay
1
Bright
Sorry i want to learn more about this question
Bright
Someone help
Bright
a= 0.20233 b=0.3384
Sufiyan
a
Shaynaynay
How do I interpret level of significance?
Mohd Reply
It depends on your business problem or in Machine Learning you could use ROC- AUC cruve to decide the threshold value
Shivam
how skewness and kurtosis are used in statistics
Owen Reply
yes what is it
Taneeya
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask