<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 5

Die vorming van 'n nuwe samelewing in sa

Module 6

Die san en khoina

DIE SAN

Een van die eerste groepe mense wat Suid-Afrika hul tuiste genoem het, was die San. Soos jy reeds weet, bly die jagter-versamelaarsgroepe al meer as 20 miljoen jaar lank in Suider-Afrika. Reeds 10 000 jaar gelede het die eerste groep hul hier kom vestig. Hulle het in klein gesinsgroepe rondgetrek op soek na kos en water om te oorleef. Die mans moes meestal jag en die vrouens veldkosse (saad, vrugte, bolle, bessies en wortels) versamel. Party het ook visgevang in plaas van om te jag.

Die San is net ‘n ander naam vir die Boesman. Europeërs het hulle die bynaam van Boesman (bosmense) gegee.

Soos in vorige modules, gaan jy volop geleenthede kry om die verlede van die San en Khoina te rekonstrueer.

AKTIWITEIT 1:

OM DIE VERLEDE VAN DIE SAN EN KHOINA TE REKONSTRUEER

[LU 3.3]

  1. Stap saam op die spore van die San. Die volgende sketse oor ‘n dag in hul lewe gaan jou baie help om hulle beter te verstaan. Verbind net elke skets met sy beskrywing [byvoorbeeld 1 (i)].

  1. Die vrouens gaan grawe soggens veldkosse uit met hierdie stukke harde hout (graafstok). Soms word ‘n bok se horing aan die voorpunt vasgesit om harde grond mee te breek.
  2. Hulle maak die veldkosse in velsakke bymekaar. In seisoentyd, byvoorbeeld as die neute ryp is, kon dié ekspedisies tot ses dae lank duur. Heuning en insekte word ook versamel.
  3. Klipinstrumente word gebruik om die vleis mee te bewerk.
  4. Wanneer genoeg kos en water vir die dag ingesamel is, dans die mans saans in ‘n sirkel, terwyl die vrouens sing en hulle met musiekinstrumente begelei. Dié tyd word soms ook gebruik om voorwerpe te maak, te rook, stories te vertel en speletjies te speel.
  5. Die mans gaan jag met ‘n pyl en boog.
  6. Gesels in julle groepe oor wat julle alles uit die sketse op die vorige bladsy kan aflei. Voltooi dan die onderstaande sinne.

Voorkoms

Klein geelbruin mensies van omtrent (1) lank.

Die meeste (2) word in die agterste deel van die liggaam geberg.

Hulle dra min klere, net ‘n (3).

Gewoontes

Hulle aanbid ,(4) sterre, son en die hottentotsgot.

As iemand sterf, word hy in (5) posisie begrawe met sy besittings.

Gereedskap

Gereedskap is van verskillende stowwe gemaak.

b _ _ n, s _ _ l _ _ d _ p, bl _ _ r,

h _ _ t, k _ _ p (6)

Hoe het hulle klippe só hol gekry?

Wonings

Hulle het geen vaste wonings nie. Rede?

Die San-kinders het in ‘n heel ander skool as julle geleer – bedags in die veld en saans rondom die vuur. Hulle het die diere se gewoontes só goed geken dat hulle dit selfs kon naboots.

  1. Verskaf nou die regte antwoorde op die vrae oor hul jagkuns. Gebruik die woorde in die raampie.

Die mans was jagters. Hul vernaamste wapen was die (1) en (2) wat baie styf gespan is.

Pylpunte is gemaak van (3) en (4) en die steel van (5).

Gif van (6) en (7) is net agter die punt van die pyl gesmeer.

Die San het hulle pyle in (8) gedra.

Kleinwild en voëls is in (9) gevang en grootwild in

(10).

Die khoina

“Baie welkom by die Khoina. Dit was die Europeërs wat ons naam verander het na Hottentotte, omdat ons dikwels ‘n woord gebruik wat net so klink! Blykbaar beteken Khoina “man van manne”! Ons beter dieet het veroorsaak dat ons ‘n groter liggaamsbou het as die San.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask