<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Wat was die Titanic?
  • Waarvandaan het hulle vertrek en waarheen?
  • Wat is gesê van hierdie skip?
  • Hoe het die Titanic gesink?
  • Hoeveel mense het verdrink?
  • Hoeveel is gered en hoe is hulle gered?
  • Enige ander interessante feite?

Maak seker dat die maats wat nie die verhaal van die Titanic ken nie, goed ingelig word.

Die Titanic is een van baie skepe wat al gesink het. Daar is egter baie see-rampe wat hulle aan die Suid-Afrikaanse kus afgespeel het, veral langs die Kaapse kus van storms!

Die see is ‘n plek vir dapper dade en ontdekkings, maar ook vir skeepswrakke en hartseer.

Die volgende ware verhaal het hom aan die kaapse kus afgespeel. berei dit voor vir hardoplees.

’n Seun op die “Birkenhead”

William Matthews voel seesiek. Hy is so naar dat hy wil doodgaan. Sedert die stoomfregat, Birkenhead, die Ierse hawe Cork verlaat het, het hulle omtrent al in storms beland! Vir William en die ander bemanningslede, die soldate wat op pad is Suid-Afrika toe, en hul vrouens en kinders, is dit ‘n baie onaangename reis.

Na 47 dae ter see seil hulle om die Kaap die Goeie Hoop en gooi anker in Simonstad. Dis ‘n pragtige somersdag in Februarie 1852. Vir die soldate is die reis amper verby. Hulle sal binnekort aan wal gaan by Port Elizabeth om in die grensoorlog te gaan veg, maar die meeste van hulle se vrouens en kinders gaan hier by Simonstad aan wal. Daar is nog sewe vrouens en dertien kinders aan boord wat sal saamreis tot by Algoabaai, soos wat Port Elizabeth ook bekend staan. Dié reis sal sowat twee tot drie dae duur.

Laat die middag op 25 Februarie vertrek hulle. William kyk hoe die Suid-Afrikaanse kus verbyglip. Hulle vaar nogal baie naby aan die kus. William sug en gaan ondertoe. Daar is nog baie werk wat hy moet doen voordat hy kan gaan slaap.

Baie vroeg die oggend van 26 Februarie ruk William wakker van ‘n oorverdowende slag as die Birkenhead tot stilstand kom. Water stroom by die onderdek in. William storm na die boonste dek toe. Kaptein Salmond is reeds daar en is besig om bevele uit te deel. Die dek kantel gevaarlik skuins.

“Ons het ‘n rots getref. Stop die enjins! Laat sak die kleinboeg-anker! Stel vas hoeveel skade daar is!”

Bevele en uitroepe klink oral op. Mans sukkel deur luikopeninge boontoe. Die kaptein gee opdrag dat die vrouens en kinders boontoe gebring word en die reddingsbote laat sak word. Daar is net ag reddingsbote, maar seshonderd mense aan boord. Hoe gaan almal gered word? Die Birkenhead is aan die sink!

Een van die jonger skeepsoffisiere, luitenant Richards, stuur vir William om sy jas in sy kajuit te gaan haal. William draf weg. In luitenant Richards se kajuit gryp hy die jas en hardloop terug na die houttreetjies wat na die oorstroomde dek lei. Hy is baie benoud, want al die luike word nou vasgeskroef en hy hamer met sy vuiste teen die luik waardeur hy moet klim. Tom Dickford, een van die seemanne, lig die luik vir William.

“Rustig, kêrel!” sê hy. “Ons het jou nie vergeet nie, maar die kaptein het opdrag gegee dat die luike gesluit moet word.”

“Waar is luitenant Richards?” vra William.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask