<< Chapter < Page Chapter >> Page >

So gesê, so gedaan ... en van toe af was oom Neelsie en Herrie 'n bekende gesig. Hulle het tog te lekker rondgery. 'n Paar boere was lekker omgekrap, want Herrie het geen ontsag gehad vir 'n groentetuin nie. Oom Neelsie was tog te dankbaar dat hy oral kon rondtrek met sy huis op wiele.

Die storie van oom neelsie en herrie bestaan uit ____ paragrawe. die eerste paragraaf vertel vir ons waaroor die storie gaan. ons noem dit die inleiding. die laaste paragraaf vertel vir ons hoe die storie eindig. ons noem dit die slot.

Aktiwiteit 2

Om die begin en einde van ‘n storie te skryf [LU 4.2.2]

Om netjies in paragrawe te skryf [LU 4.3]

Die volgende storie het nog nie 'n inleiding of 'n slot nie. Lees dit eers baie aandagtig deur en skryf dan 'n inleidende paragraaf en 'n slotparagraaf vir die storie. Die storie moet ook 'n naam of titel kry. (Dié woning is ook op wiele, maar 'n baie meer moderne een as die tremwa!) Die inleiding en slot kan uit drie tot vyf sinne elk bestaan.

...........................................................

..........................................................................................................................

Janó en Griet geniet dit baie om die vakansie in 'n karavaan te bly. Daar is so baie dinge om te doen en sien, al is dit winter. Hulle stap baie op die strand en tel skulpies op of soek klipvissies in die rotspoele.

Vandag reën dit en hulle kan nie buite gaan speel nie. Teen die middag is hulle al baie verveeld. Janó besluit dat hy gaan visvang, ten spyte van die reën. Griet wil liewers binne bly en haar biblioteekboek lees.

Teen vieruur is Janó nog nie terug nie en Griet raak bekommerd. Sy stap strand toe en begin om Janó te roep, maar daar is geen teken van hom nie. Skielik antwoord hy haar en sy sien hom agter 'n rots. Hy waai sy arms en klink baie opgewonde.

..........................................................................................................................

..........................................................................................................................

..........................................................................................................................

..........................................................................................................................

..........................................................................................................................

..........................................................................................................................

..........................................................................................................................

................................................................................................................

Assessering

LEERUITKOMS 2: PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oordra:
  • taal vir beeldryke selfuitdrukking gebruik (bv. vertel ‘n storie, resiteer ‘n gedig of rolspeel ‘n situasie).

LEERUITKOMS 4: SKRYF

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.2 idees ontwikkel en organiseer deur die skryfproses:

4.2.2 idees organiseer in paragrawe waarin enkelvoudige en saamgestelde sinne gebruik word;

4.3 netjiese werk in die regte formaat in ‘n leesbare handskrif aanbied, met ruimtes tussen paragrawe en opskrifte, waar nodig.

LEERUITKOMS 5: DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

5.2 taal gebruik om te ondersoek:

  • verskillende bronne vir verskillende perspektiewe op ’n onderwerp kies en ondersoek.

Memorandum

Aktiwiteit 1 Eie poging

Hardoplees

Aktiwiteit 2 Eie inleidende- en slotparagrawe

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask