<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: aardrykskunde

Graad 9

Ontwikkelingsvraagstukke

Module 4

Die rol van tegnologiese ontwikkeling in die oplossing van omgewingsvraagstukke

1. Die rol van tegnologiese ontwikkeling in die oplossing van omgewingsvraagstukke

1.1 Tegnologie en die toenemende vraag na voedsel

Namate die bevolkingsgetalle in die wêreld toeneem, word daar meer en meer druk geplaas op die natuurlike hulpbronne. Dit beteken dat die grond al hoe meer produkte moet lewer om die bevolking te voed. Tradisionele metodes vir die verbouing van gewasse is nie meer doeltreffend om die bevolking van die wêreld te voed nie. In sommige lande word vandag ‘n surplus of oorskot aan landbouprodukte geproduseer (bv. die VSA), terwyl daar in ander lande steeds ‘n groot probleem bestaan ten opsigte van die voedselbehoeftes van die bevolking (bv. in Ethiopië, waar die mense verhonger).

Om hierdie toestand te probeer oplos, word wetenskaplike metodes aangewend om die produksie van landbouprodukte te verhoog. Dit kos egter baie geld, mannekrag, tegnologie en navorsing. Indien dit suksesvol is, word nuwe kultivars byvoorbeeld ontwikkel wat ‘n hoër opbrengs lewer as die tradisionele gewasse. Vandag kry ons byvoorbeeld mielies wat baie meer koppe lewer as in die verlede. Dit lei tot hoër landbouproduksie wat meer mense kan voed. Mense wat ondervoed is, kan nie gesond bly, werk, en hulle gesinne versorg nie. Waar mense nie geld verdien om in hul lewensbehoeftes te voorsien nie, kan hulle ook nie hulself en hul kinders verder ontwikkel of bydra tot die land se vooruitgang nie.

Biotegnologie

Biotegnologie is wetenskaplike tegnieke wat op die kennis van biologie gebaseer is. Die biologie bestudeer die prosesse van lewe, soos bv. in plante. Hierdie kennis speel ‘n belangrike rol by die ontwikkeling van nuwe gewasse. Dit kan help om die tyd en koste verbonde aan die proses van ontwikkeling te verminder. Daar word ook gebruik gemaak van metodes om gene te gebruik wat grondvergiftiging teenwerk, plante bestand maak teen insekte, asook die voedselwaarde van plante verhoog.

Ook in die ontwikkelende lande kon boere voordeel trek uit die metodes soos die byvoeging van ‘n sekere geen in die canolaplant, wat betakerotien vervaardig. Dit help om Vitamine A-tekorte aan te vul, en oogskade te verhoed. Sekere aspekte rondom veiligheid en die etiek van genetiese manipulasie moet egter nog uitgestryk word. Etiek het te doen met die morele beginsels van “reg en verkeerd”.

Die wetenskap kan ook behulpsaam wees om beter bestuur van ons natuurlike hulpbronne te verseker. Sodoende kan probleme soos watertekorte, die verlies aan vrugbare grond, die verlies aan natuurlike bome en bosse, die verlies van biodiversiteit, asook die uitputting van ons visbronne verhoed word.

Aktiwiteit 1:

Om inligting te bekom oor biotegnologie en die aanwending van wetenskaplike tegnieke

[lu 2.3]

  1. Hoewel dit hoogs wetenskaplike prosesse is, kan julle moontlik iemand in hierdie vakgebied vra om vir julle iets hiervan in eenvoudige taal te kom verduidelik. Boere en landboubeamptes weet meer hiervan. Iemand van ‘n plaaslike koöperasie, laboratorium of landbouskool sal ook kan help.
  2. Miskien kan julle in groepe ‘n aantal onderhoude met sulke persone voer.
  3. Plakkate oor die bevindinge kan vir die hele skool en die publiek aangebied word.
  4. Waarom is biodiversiteit (die behoud van verskillende vorme van lewe) belangrik?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11054/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask