<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Sosiale ontwikkeling en loopbaanoriëntering

Module 27

Die oorsake van bepaalde siektes in terme van omgewings-faktore

Aktiwiteit 1:

Om die oorsake van bepaalde siektes in terme van omgewings-faktore te bespreek, asook stappe wat in die verband geneem is en nog geneem kan word

[LU 1.1, 1.2, 1.4]

Die volgende boodskappe is op die Internet gevind:

  • Los die wasem, haal diep asem!
  • Wees taai om rook te versmaai!
  • Rook verswak die gesondheid van kinders.

Ons het ‘n reg op skoon water

Omdat besoedelde, toksiese water

Die gesondheid van

Ons self, familie, toekomstige geslagte

En die planeet

Bedreig.

ons het ‘n verantwoordelikheid -

individu, staat

besigheid en industrie

om ons water vry te hou van gifstowwe

en om ons

drinkwater, vis en strande

te beskerm

  • Som die boodskappe in een sin tot ‘n enkele boodskap op. Jou boodskap moet die volgende woorde bevat: reg, verantwoordelikheid, gesondheid, omgewing.
  • Vra jou onderwyser om julle almal die geleentheid te gee om julle boodskap aan die klas voor te dra. Formuleer dan as klas ‘n boodskap wat julle by die skool en selfs in die omgewing van die skool kan versprei. Onthou: hoe korter die boodskap, hoe kragtiger!
  • Wat is die klas se boodskap?
  • Ons drie gevreesde siektes: MIV/VIGS, tuberkulose en malaria

Daar is verskeie siektes wat ons as mense vrees, byvoorbeeld kanker. Daar is egter ‘n bepaalde rede hoekom ons VIGS, tuberkulose en malaria hier as gevreesde siektes uitsonder: hulle kan oor groot dele van ons land versprei en ‘n groot deel van die bevolking aantas. So ‘n siekte is dan ‘n pandemie .

1. MIV/VIGS

  • Waarvoor staan MIV en VIGS?
  • MIV staan vir Menslike Immuniteitsgebrekvirus
  • VIGS staan vir Verworwe Imuniteitsgebreksindroom
  • Wat is MIV en VIGS?
  • Die infeksie begin met die MIV wat deur liggaamsvloeistowwe soos bloed, manlike semen, vroulike vaginale vloeistof en borsmelk oorgedra word.
  • Die virus word dan met die bloedstroom vervoer en dring die liggaamselle binne. Daarna help die liggaamselle die virus om te vermeerder, die nuwe virusse verlaat die sel en besmet ander selle.
  • ‘n Besmette sel kan nie weerstand bied teen ander infeksies en siektes nie.
  • VIGS dui op die toestand wat ontstaan as die liggaam deur verskeie siektes geïnfekteer is en die liggaam nie weerstand teen hulle kan bied nie.
  • Hoe kan MIV besmetting voorkom word?

Deur

  • ‘n gesonde leefstyl, en
  • deurdat oordrag van die moeder na die kind voorkom word.
  • Kan mense wat VIGS het gehelp word?
  • In die eerste plek moet mense bereid wees om hulself te laat toets. Dit kan deur privaatdokters, klinieke, hospitale of laboratoriums gedoen word.
  • Sodanige toetsing behoort met doeltreffende raadgewing gepaard te gaan. Sulke dienste bestaan oral in Suid-Afrika.
  • Mense met VIGS kan ‘n produktiewe lewe lei deur ‘n gesonde dieet met baie proteïne en energie (kilojoules) te volg, hulle stresvlakke te beheer, skoon water te drink, hul hande skoon te hou en vinnig behandeling vir siektes wat hulle mag opdoen, te ontvang. Katte moet vermy word (hulle dra kieme).

Vrae:

a) Skryf neer wat ‘gesonde leefstyl’ beteken.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask