<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 5

Die vorming van 'n nuwe samelewing in sa

Module 8

Die mense van europa en asië

Al hoe meer seevaarders het die suide van Afrika aangedoen, veral vir vars water en om die “land” aan die wêreld bekend te stel.

Die seevaarders van Engeland meer as 300 jaar gelede.

Die seevaarders van Nederland meer as 300 jaar gelede.

Die seevaarders van Portugal meer as 500 jaar gelede.

Mense het hulle oorspronklike vastelande verlaat om permanent hier te kom bly. Mense wat hulle in ‘n ander land gaan vestig, word immigrante genoem.

Die eerste blankes wat hulle hier kom vestig het, was ‘n groep Nederlanders wat in 1652 onder leiding van Jan van Riebeeck na Tafelbaai gekom het. Hulle opdrag was om ‘n fort te bou en tuine aan te lê. Die Nederlandse skepe kon dan op die handelsroete van Europa na die Ooste by die Kaap aandoen vir vars water, vrugte en groente vir die matrose.

Die opdragte wat Jan van Riebeeck ontvang het, het baie harde werk geverg. Terwyl die Khoina nog grond en vee gehad het, wou hulle nie vir die Nederlanders werk nie. Nadat die eerste groot groep slawe in 1658 hier aangekom het, het die VOC gereeld slawe aan die Kaap gekry. Toe die Britte die Kaap in 1795 oorgeneem het, was daar meer slawe as vryburgers. In 1834 is nuwe wetgewing ingestel wat bepaal het dat alle slawe vrygestel moes word. Aan die Kaap het die afstammelinge van die slawe vermeng met ander groepe. Baie kinders het byvoorbeeld ‘n wit vader en ‘n slawemoeder gehad. ‘n Nuwe bevolkingsgroep het ontstaan. Hulle was nóg Maleierslawe of Negerslawe, nóg wit mense van Europa, nóg Khoina.

Die Kaapse bruinmense is afstammelinge van die Khoina, vrygestelde slawe, vryswartes, blankes en Moslems. Dié bruin mense het aan die begin as plaasarbeiders, vissers en op dorpe as ambagsmanne ‘n bestaan gemaak. Hulle het in 1853 stemreg in die Kaap gekry.

AKTIWITEIT 1

OM KRONOLOGIE EN TYD OOR MENSE UIT EUROPA TE VERSTAAN

[LU 3.3]

Vroeë mense uit Europa

  1. Verbeel jou jy is ‘n lid van ‘n Khoina-stam. Probeer jouself indink hoe die ontmoeting met die Europeërs moontlik afgeloop het. Meegaande bronne behoort jou hiermee te help!

BRON 1

BRON 2

Eendag seil vreemde skepe julle baai binne. Dit lyk nie of die mense, soos vorige groepe, net vars water gaan inneem en dan vertrek nie. Die meeste van hulle het lang hare wat tot op hulle skouers hang. Sommige se hare steek onder die groot hoede uit. Baie van hulle het ook hare wat in hul gesigte groei. Eers toe hulle in vreemde stemme met mekaar begin praat, kon jy agterkom dis meestal mans.

Al skyn die son, dra almal klere en leerskoene wat omtrent hulle hele liggaam bedek. Hulle lyk heelwat anders as die Khoina. Die meeste van die vreemde mense is heelwat langer, met rooigebrande gesigte.

  1. Verbeel jou jy is Jan van Riebeeck. Jou geselskap Nederlanders het so pas in Tafelbaai geland . . .

Ook die Nederlanders was na hulle eerste kennismaking met die Khoina verstom oor hulle kleredrag, eetgewoontes, voorkoms en spraak.

Verdeel nou in julle groepe. Die groepleier hanteer die skryfwerk. Ons gaan Van Riebeeck se probleme in vier stappe oplos:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask