<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 5

Ek en my bank

Module 6

Die bank as 'n ‘kluis’

Het jy al ooit gewonder waar geld vandaan kom? Wie maak dit en hoeveel maak hulle? Hoekom kan hulle nie net eenvoudig meer geld maak as mense arm is nie? Wie en wat beheer al hierdie munte en note wat ons daagliks gebruik?

Die antwoord is nie só eenvoudig nie. Die Reserwebank is in Suid-Afrika die beheerliggaam wat ons geldeenheid beheer. Hierdie liggaam is egter nie alleenlik verantwoordelik vir die waarde van ons Rand nie, maar funksioneer in ‘n bepaalde verhouding tot al die lande in die wêreld. Daar is oneindig baie faktore wat uiteindelik bepaal hoeveel geld in omloop is en wat die waarde van ons geldeenheid in vergelyking met ander lande se geldeenhede is. Later meer hieroor.

Ek en jy kan nie werklik ‘n bydrae lewer ten opsigte van die waarde van ons geldeenheid, die Rand, nie, maar ons kan wel leer om ons eie finansies goed te bestuur.

Om jou maandelikse sakgeld of spaargeld veilig te bêre, is nie te moeilik nie, maar wanneer jy by markdag ‘n klompie rand wins maak, of met jou verjaardag baie geld ontvang, word dit belangrik om die geld iewers anders as in jou beursie of spaarvarkie te bêre.

Die bank:

Wanneer ‘n mens met groot bedrae geld werk, is dit nie altyd veilig om dit self te probeer bewaar nie. Dit raak ook baie ingewikkeld wanneer jy jou eie besigheid bedryf om geld in die vorm van kontant te ontvang en uit te betaal aan kliënte.

‘n Finansiële instansie soos ‘n bank bied ‘n wye verskeidenheid dienste wat jou sal help om jou finansies te beheer.

  1. Die bank as “kluis”:

Wanneer jy besluit om jou geld by ‘n bank te ‘bêre’, word daar ‘n rekening in jou naam geopen en jy ontvang jou eie unieke rekeningnommer. Sien dit as jou eie klein ‘kluisie’ binne die groter ‘kluis’.

Jy as kliënt het ‘n keuse tussen die verskillende soorte rekeninge waarin jy jou geld wil plaas. Kom ons kyk na drie voorbeelde:

Spaarrekening : jy kan jou geld hierin deponeer om dit dan later weer te onttrek - amper soos ‘n veilige plek om jou geld te bêre. Hier volg ‘n voorbeeld van ‘n tipiese strokie wat jy sal gebruik om geld in jou spaarrekening te deponeer:

Tjekrekening : dit is byna soos ‘n spaarrekening, maar nou ontvang jy ook ‘n tjekboek wat aan hierdie rekening gekoppel is. Jy kan nou óf die geld trek soos by die spaarrekening, óf ‘n tjek uitskryf waarmee jy dan outomaties die geld vanuit die rekening onttrek en dit na die persoon/besigheid aan wie jy die tjek uitgemaak het, oorplaas .

Bestudeer die volgende tjek wat aan die Sonskyn Kafee uitgemaak is. Die rekening behoort aan ene H. de Klerk en hy/sy het ‘n tjek ter waarde van R85,50 uitgeskryf – heel moontlik vir goedere wat by die kafee gekoop is.

Gestel jy wil geld uit jou tjekrekening onttrek sonder om ‘n tjek uit te skryf. Jy sal dan ‘n strokie soortgelyk aan die een wat volg, gebruik:

Deposito/beleggingsrekening : Hierdie rekening stem baie ooreen met ‘n spaarrekening. Dit verskil egter in dié opsig dat jy nie so vrylik geld daaruit kan onttrek soos by ‘n gewone spaarrekening nie. In die meeste gevalle moet jy ‘n sekere periode voor die tyd die bank in kennis stel dat jy op ‘n sekere dag ‘n sekere bedrag wil onttrek. Jy moet ook altyd ‘n sekere minimum bedrag in so ‘n rekening hê. Aan die ander kant word jou geld weer vinniger meer in so ‘n rekening as in ‘n spaarrekening. Die rentekoers is hoër. Wat bedoel ons met rentekoers?

Gesels so ‘n bietjie in julle groepe oor die konsep RENTE.

Wanneer jy byvoorbeeld geld in ‘n beleggingsrekening plaas, vermeerder dit indien dit lank genoeg daarin gelaat word. Ons noem hierdie vermeerdering rente wat toegevoeg word. In sommige rekeninge sal jou geld vinniger vermeerder as in ander, omdat die rentekoers daar hoër is. So sal jy byvoorbeeld meer rente verdien in ‘n deposito/beleggingsrekening as in ‘n spaar- of tjekrekening. Die rentekoers verskil ook van bank tot bank.

Voorbeeld : Jy deponeer R500 in ‘n beleggingsrekening vir ‘n jaar en die rentekoers op daardie belegging is tans 10%. Aan die einde van die jaar sal jou geld met R50 vermeerder het en jy sal dan R550 in die bank hê in plaas van die aanvanklike R500.

10% van R500 = R500 x 10 ÷ 100 = R50

Kyk of jy die volgende berekening kan doen :

Gestel die rentekoers van SA-Bank op sy vaste deposito-rekening is tans 9%. Jy plaas R45 vir een jaar in jou rekening. Met watter bedrag sal jou geld in die jaar vermeerder?

[LU 3.4]

Vind ‘n bietjie uit wat is tans die rentekoers op ‘n spaarrekening sowel as‘n vaste deposito-rekening by jou ouers se bank. Indien jy R500 het, in watter een van die twee sal jy dit plaas? Waarom?

Assessering

LU 3

Bestuurs-, Verbruikers- en Finansiële Kennis en Vaardighede

Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.

Ons weet dit as die leerder die volgende doen :

3.3 vind uit en bespreek hoe ‘n spaarrekening by ‘n bank oopgemaak word en vul ‘n deposito- en onttrekkingstrokie in;

3.4 bespreek die waarde daarvan om geld te spaar en spaarsaam te wees, en waarom mense in wie se basiese behoeftes nie voorsien word nie, dit moeilik vind om te spaar.

Memorandum

Hoër rentekoers = groter opbrengs

Questions & Answers

a perfect square v²+2v+_
Dearan Reply
kkk nice
Abdirahman Reply
algebra 2 Inequalities:If equation 2 = 0 it is an open set?
Kim Reply
or infinite solutions?
Kim
y=10×
Embra Reply
if |A| not equal to 0 and order of A is n prove that adj (adj A = |A|
Nancy Reply
rolling four fair dice and getting an even number an all four dice
ramon Reply
Kristine 2*2*2=8
Bridget Reply
Differences Between Laspeyres and Paasche Indices
Emedobi Reply
No. 7x -4y is simplified from 4x + (3y + 3x) -7y
Mary Reply
is it 3×y ?
Joan Reply
J, combine like terms 7x-4y
Bridget Reply
im not good at math so would this help me
Rachael Reply
how did I we'll learn this
Noor Reply
f(x)= 2|x+5| find f(-6)
Prince Reply
f(n)= 2n + 1
Samantha Reply
Need to simplify the expresin. 3/7 (x+y)-1/7 (x-1)=
Crystal Reply
. After 3 months on a diet, Lisa had lost 12% of her original weight. She lost 21 pounds. What was Lisa's original weight?
Chris Reply
preparation of nanomaterial
Victor Reply
Yes, Nanotechnology has a very fast field of applications and their is always something new to do with it...
Himanshu Reply
can nanotechnology change the direction of the face of the world
Prasenjit Reply
At high concentrations (>0.01 M), the relation between absorptivity coefficient and absorbance is no longer linear. This is due to the electrostatic interactions between the quantum dots in close proximity. If the concentration of the solution is high, another effect that is seen is the scattering of light from the large number of quantum dots. This assumption only works at low concentrations of the analyte. Presence of stray light.
Ali Reply
the Beer law works very well for dilute solutions but fails for very high concentrations. why?
bamidele Reply
how did you get the value of 2000N.What calculations are needed to arrive at it
Smarajit Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
QuizOver.com Reply

Get the best Algebra and trigonometry course in your pocket!





Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 05, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10973/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask