<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 4

Skepping, interpretasie en aanbieding

Module 23

Dans: opwarming

Dans

Voordat jy enige van die aktiwiteite kan doen, moet jy jou liggaam opwarm. Die opwarmingsoefening sal verhoed dat jy gedurende die danse seerkry en sal die aktiwiteite makliker maak om uit te voer.

Aktiwiteit 1

Om op te warm en vaardigheid te ontwikkel [lu 1.1]

Dit sal makliker en meer pret wees as jy die opwarming met musiek doen. Moenie musiek kies wat te vinnig is nie.

Voorbereiding - staan met jou voete heupwydte van mekaar af, voete wys vorentoe, arms af.

  • Dit is belangrik om jou liggaamslyn te behou om die spesifieke spiere wat opgewarm word te isoleer.
  • Korrekte liggaamslyne sal beserings verhoed.
  • Beweeg slegs die liggaamsdele en spiere soos voorgeskryf.

Asemhalingsoefening

  • Haal asem in deur die neus vir vier tellings en lig die arms geleidelik sywaarts op.
  • Strek jou ruggraat.
  • Asem uit deur jou mond vir vier tellings en laat sak jou arms geleidelik.
  • Herhaal asemhalingsoefening.
  • Staan met jou voete heupwydte van mekaar af – knieë effens gebuig – arms af langs jou sye.

Kop- en nek - isolasies

  • Staan met jou voete heupwydte van mekaar af, voete vorentoe, arm langs sye.
  • Laat sak jou kop en beweeg dit dan van, kant tot kant (herhaal agt keer).
  • Maak halfsirkels met jou kop van regs na links, dan links na regs (herhaal agt keer):
  • moenie enige ander deel van jou liggaam beweeg nie.
  • hou voete stewig op die vloer.
  • moenie jou knieë sluit nie.

Skouer -isolasies

  • Lig jou regterskouer, sak, lig dan jou linkerskouer, sak (herhaal agt keer).
  • Draai regterskouer, dan linkerskouer (herhaal agt keer).
  • Kombineer kop- en skoueroefeninge:
  • kop op, af, regs, links, draai
  • skouers op, af, draai
  • herhaal agt keer
  • Hou die res van jou liggaam stil.
  • Probeer jou skouers so hoog as moontlik oplig sodat die strek effektief kan wees.
  • Moenie jou kop beweeg nie; kyk vorentoe.

Armopwarming

  • Voorbereiding: staan met jou voete heupwydte van mekaar af – arms langs sye – moenie jou knieë sluit nie – skouers vierkantig vorentoe – trek maagspiere in – hou boude in:
  • ons gaan slegs die arms opwarm – moenie enige ander deel van jou liggaam beweeg nie;
  • beheer die beweging van jou arms.
  • Lig reguit arms op na die kante – skouerhoogte – en laat sak arms (herhaal agt keer).
  • Lig arms reguit voor op – skouerhoogte – laat sak arms (herhaal agt keer).
  • Kombineer armbewegings (herhaal agt keer).

  • Buig arms by die elmboog – vorentoe – en sak (herhaal agt keer).
  • Lig arms vorentoe op – buig arms by die elmboë en maak arms reguit (herhaal agt keer).
  • Kombineer armbewegings (herhaal agt keer).

Bolyfopwarming

  • Voorbereiding: staan regop – arms langs sye – knieë effens gebuig –maag in – boude in
  • Maak seker jou heupe wys vorentoe.
  • Moenie jou bene of heupe beweeg nie.
  • Hou jou voete stewig op die vloer.

Buig jou bolyf na die regterkant – kyk vorentoe (herhaal agt keer).

  • Buig bolyf na links – kyk vorentoe (herhaal agt keer).
  • Swaai jou bolyf van regs na links – begin beweging regop en beweeg afwaarts in ‘n semi-sirkel – eindig weer regop links. (herhaal agt keer):
  • beheer jou swaaie.
  • hou jou balans.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask