<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 9

Lewensprosesse: ‘n gesonde lewe

Module 5

Asemhaling en gesondheid

Lugbesoedeling en baie stof en rook kan mense se longe beskadig. Dit is omdat die skoonmaaksisteem van die lugweë nie meer effektief kan werk nie.

Sodra die longweefsel beskadig is, kan hulle nie meer effektief suurstof na die bloed vervoer nie en moet die hart harder werk in 'n poging om suurstof aan alle selle te voorsien. Dit lei tot gesondheidsprobleme en hartsiektes.

Rook bombardeer die sensitiewe longweefsel aanhoudend met hul partikels en die weefsel reageer na 'n tyd daarop deur meer selle te kweek as pantser teen die aanslag – dit is KANKER !

Respiratoriese siektes

Emfiseem:

  • word gevind in mense wat rook – cilia is verlam en mukus bou op
  • aanhoudende gehoes breek en beskadig bloedkapillêre
  • gaswisseling word bemoeilik – persoon lei aan tekort aan suurstof
  • dood kan intree

Bronchitis:

  • inflammasie van die bronchi en bronchioli as gevolg van bakteriese infeksie
  • baie mukus of flegma (dik slym) vorm – persoon hoes aanhoudend
  • rook vererger simptome en verleng hersteltydperk

Asma:

  • 'n allergiese reaksie op sekere stowwe wat bronchioli laat toetrek
  • persoon kry nie asem nie
  • medikasie vir die verwyding van die buisies is noodsaaklik
  • dit is uiters gevaarlik om iemand anders se asmapompie te gebruik – daar is verskillende chemiese middels in die verskillende soorte – hou by jou doktersvoorskrif!

Tuberkulose (tb):

  • word veroorsaak deur 'n bakteriese infeksie – longe word eerste geaffekteer
  • persoon hoes aanhoudend, toon gewigsverlies, verlies aan eetlus, nagsweet, is uitasem en hoes bloed op
  • dis aansteeklik, aangesien bakterieë versprei deur die fyn slympartikels wat deur siek persone uitgehoes word
  • is ten volle behandelbaar by jou naaste kliniek – persone moet net met uitgerekte behandeling aanhou!
  • 'n groot probleem op die Kaapse Vlakte en in arm gemeenskappe
  • alle babas moet ingeënt word met 'n BCG-inenting
  • VRAE OOR LONGSIEKTES:

1. Hoekom ly asmalyers aan asemhalingsnood?

2. Hoekom hoes mense met TB bloed op?

3. Hoekom is TB in arm gemeenskappe so 'n groot probleem?

4. Hoekom moet jy nie hoesonderdrukkers neem as jy bronchitis het nie?

5. Hoe verloor 'n persoon die funksie van sy cilia as hy emfiseem het?

HET JY AL OOIT GESTIK?

  • Jy stik as jy vinnig sluk of lag, praat of hoes wanneer jy sluk. Die epiglottis ('n kraakbeen dekseltjie) wat die lugpyp tydelik moet afsluit sodat kos by die slukderm moet afgaan, maak nie betyds toe nie en kos gaan in die lugpyp of trachea in.
  • 'n Persoon wat stik, probeer altyd wegbeweeg en die benoudheid wegsteek. Volg so 'n persoon en vra of hulle reg is. Indien hulle klank kan uitkry, is die stik nie so erg nie en 'n stewige hoesbui sal die kos losmaak en laat uitkom. Indien die lugpyp egter geblokkeer is, het die persoon net 4 na 5 minute voordat breinskade intree.

Doen die HEIMLICH-MANEUVER!

Staan agter die persoon – arms om sy middel.

Maak 'n vuis met een hand en bedek met ander hand – plaas net bokant naeltjie en onder ribbe.

Maak 'n opwaartse rukbeweging – herhaal.

Klein kindertjies kan oor knie geplaas word.

Demonstreer die Heimlich-metode aan jou familielede – moenie regtig druk toepas nie!

Jy kan dalk 'n lewe red. Sluit aan by jou skool se noodhulpspan en doen 'n kursus.

Klasaktiwiteit: PLAKKAAT OOR ROOK

  • Versamel waarskuwings op sigaretpakkies en in ou tydskrifte – onthou, deesdae is alle rookadvertensies verbode!
  • Vind ook uit oor die wette t.o.v. van rook – daar is baie nuwe verwikkelinge.
  • Maak 'n plakkaat wat as bewusmakingsveldtog kan funksioneer. Plak dit buite jou klas op of maak 'n uitstalling vir jou skool.

HET JY GEWEET?

  • Elke sigaret verkort jou lewe met 5,5 minute – dus 20 per dag beteken 'n verlies van ses maande vir elke ses jaar van rook.
  • 'n Sigaret bevat 4 000 verskillende chemikalieë, waaronder dodelike gifstowwe soos arseen, koolstofmonoksied, nikotien en sianied!
  • 'n Halwe gram nikotien kan 'n volwassene binne minute doodmaak!

indien jy nou ophou:

  • sal jy binne twee dae beter proe en ruik
  • jou oggendhoesie sal binne twee weke verdwyn
  • jou risiko vir hartsiektes sal binne 'n jaar halveer

die prysskok:

  • Teen sowat R20 'n pakkie 20's kos dit jou teen 'n pakkie per dag R600 per maand en R7 200 per jaar in 2009!

Assesering: PLAKKAAT

Kon jy 'n gesondheidsboodskap uitbeeld deur te beplan (1.1) en die ondersoek uit te voer (1.2)

[LU 1.1; LU 1.2]

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurverskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoek kan uitvoer en data kan versamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

Memorandum

Asemhalingsisteem en gesondheid

VRAE LONGSIEKTES:

1. longbuisies trek toe

2. bloedkapillêre breek agv hoesbuie

3. verwaarlosing, swak gesondheidstoestande, gebrekkige opvoeding, klein beknopte behuising

4. flegma moet uitgehoes word

5. te veel flegma

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask