<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Materie

Module 14

Boustene van materie

Klasaktiwiteit: Eksperimente in Groepsverband

[LU 1.2, 1.3]

EKSPERIMENT 1:Beweging van deeltjies in vloeistowwe

Plaas ‘n bietjie tafelsout in ‘n proefbuis en voeg ‘n bietjie water by en skud.

1. Wat het met die kristalle gebeur?

2. Proe aan die water. Is daar nog sout in?

3. Wat sou gebeur het as jy nie die proefbuis geskud het nie?

Maak afleidings deur die volgende te voltooi:

4. Die tafelsout het onsigbaar geraak, maar die sout was nog in die

5. Die tafelsoutdeeltjies het tussen die waterdeeltjies inbeweeg en ons sê dit het

6. Water sowel as tafelsout bestaan uit

EKSPERIMENT 2:Bewegings van deeltjies in vloeistowwe

Vul die glasbekertjie met water.

Voeg nou kaliumpermanganaat of voedselkleursel stadig deur die strooitjie by – moenie roer nie.

1. Let op wat gebeur en voltooi die sketsreeks:

Maak afleidings deur die volgende te voltooi:

2. Die kaliumpermanganaat of kleursel het versprei van waar daar ..................... was na waar daar ..................... was totdat dit oral ewe veel was.

3. Deeltjies beweeg dus

4. Vloeistowwe bestaan ook uit

EKSPERIMENT 3:Beweging van deeltjies in gasse

Maak afleidings van die gassproeidemonstrasie deur die volgende te voltooi:

1. Gasdeeltjies beweeg van waar daar ........................... is na waar daar minder is totdat dit gelykmatig versprei is.

  1. Gasse bestaan dus ook uit

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

Memorandum

KLASAKTIWITEIT:

EKSPERIMENTE IN GROEPSVERBAND

EKSPERIMENT 1:

1. kristalle los op

2. ja

3. sou nog kristalle onder sien le

AFLEIDING:

  • water
  • opgelos
  • kleindeeltjies

EKSPERIMENT 2:

AFLEIDING:

  • Baie – min
  • Spontaan
  • deeltjies

EKSPERIMENT 3:

AFLEIDINGS:

  • Baie
  • Deeltjies

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask