<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 3   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Bonnie en tommie gaan see toe

Opvoeders afdeling

Memorandum

Dit sal heelwaarskynlik net leerders van die eerste groep wees wat tot hierdie module vorder. Moet egter nie leerders wat dit wil doen, ontmoedig nie. Al kan hulle slegs enkele van die take doen, moet hulle toegelaat word om te probeer. Dit moet versigtig hanteer word sodat ander leerders nie ontmoedig word of hulle minderwaardig teenoor die ander leerders of die vak Wiskunde, voel nie.

  • Getalbegrip tot 2 000
  • Bewerkings: Konsolidering en vaslegging van al die bewerkings in die vorige modules.

Heelwat gevorderde en verrykkings werk word gedoen en die opvoeder moet vertroud wees met elke werkvel voordat dit van die leerders verwag kan word om dit te doen.

In Module 8 word getalbegrip uitgebrei tot 2000 . Alle bewerkings word hersien en vasgelê. Heelwat verrykingswerk en uitdagings kom in die module voor, en moet slegs met leerders wat dit kan hanteer en wat 'n uitdaging geniet, gedoen word . Dit moet versigtig gekies en hanteer word sodat ander leerders nie ontmoedig word of hulle minderwaardig teenoor ander leerders en die vak Wiskunde voel nie.

'n Deeglike bespreking en verduideliking van die kaart op bl. 3 en die afstandstabel opbl. 4, behoort al die leerders in staat stel om die werkvelle te kan voltooi.

Getalbegrip word uitgebrei tot 2000.

Dit is konsolidering van die bewerkings soos in die vorige modules. Dit is 'n geleentheid om probleem areas te identifiseer.

Hierdie is om vas te stel tot hoe 'n mate die leerder se logiese denke ontwikkel is en ook om die basiese werk te toets en vas te lê.

Die lees van tyd op digitale horlosies, behoort slegs met die leerders wat die lees van tyd op gewone horlosies baasgeraak het, gedoen te word. Baie praktiese werk met die lees van tyd op die gewone horlosie en die oorstemmende tyd op die digitale horlosie moet gedoen word voordat die leerders die werkvelle aanpak.

Gee die leerders die geleentheid om sonder enige hulp die probleme aan te pak, want weereens kan dit 'n baie goeie aanduiding wees van die leerder se vordering.

Wys voorbeelde en bespreek etniese patrone met die leerders. Moedig hulle aan om ook voorbeelde te bring en dit aan die klas te vertoon.

Gebruik dit vir assessering.

Hierdie is verrykingswerk en die opvoeder moet voor die tyd hierdie werk bestudeer en besluit watter van die werkvelle gedoen gaan word en met watter leerders.

Al die leerders wat gevorder het tot Module 8, behoort die werkvelle met gemak te kan voltooi.

Doen dit eers prakties in die klaskamer en gee verskeie leerders die kaans om te vertel wat hulle voor hulle sien as hulle agter iemand anders stap. Laat 3 leerders langs mekaar staan en laat die ander leerders voor hulle staan. Laat nou die leerders om die 3 loop wat in die ry staan en hulle van agter bekyk sodat hulle self kan ontdek dat die volgorde van links na regs nou omgekeerd is.

Hier behoort nie veel verduideliking nodig te wees nie, aangesien hulle feitlik die soortgelyke gedoen het toe hulle die afstandstabel gebruik het.

Ek vertrou dat u die modules saam met die leerders nuttig gevind het.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: digitale horlosies [lu 1.8, lu 4.1]

Bonnie en Tommie kan die tyd op 'n gewone horlosie lees, maar nou moet ons kyk of hulle en julle die tyd op 'n digitale (elektroniese) horlosie kan lees.

Die digitale horlosie wys die volle 24 uur van die dag aan. Dit strek van middernag tot middernag die volgende dag. Dit is die rede hoekom daar nie van die woorde voormiddag en namiddag gebruik gemaak word nie.

  • Met die gewone horlosie dui ons die tyd aan as: 1-uur vm. of 1-uur nm.
  • Met die digitale horlosie dui ons dit aan as: 1:00 en 13:00.
  • Na 12-uur in die middag word die ure aangetel. Dit begin nie weer by 1-uur nie, maar wel by 13-uur.
  • Die minute word na die dubbelpunt geskryf en dit beteken hoeveel minute na die uur verby is.

Hierdie is tye tussen middernag en twaalfuur in die middag:

  • Hoe laat is dit?

  • Skryf die regte tyd in op die digitale horlosies:
  • Nou gaan ons met die ure na twaalfuur in die middag werk.
  • Ons skryf die ure so:

13:00 14:00 15:00 16:00 17:00 18:00

19:00 20:00 21:00 22:00 23:00 24:00

  • Hoe laat is dit op 'n gewone horlosie?

Gebruik enige metode om die probleme op te los.

  • Ons het om 6:00 uit Kimberley vertrek en het om 16:45 in Kaapstad aangekom. Ons het 1 uur langs die pad versuim om brandstof in te gooi en ons bene te rek. Hoe lank het ons werklik gery?
  • Die skool begin soggens om 8:00 en kom om 14:00 uit. Bonnie en Tommie het tennis gespeel tot 16:15. Hoeveel was hulle skooldag langer as gewoonlik?
  • Pappa het verlede jaar 'n vis met 'n massa van 8 kg gevang. Tommie het 'n vis met 'n massa van 3,25 kg gevang. Wat was die verskil in massa tussen die 2 visse?
    • Later het Bonnie 'n vis met 'n massa van 1,50 kg gevang. Wat was die totale massa van hulle vangs?
    • 'n Seekat het 8 arms. Hoeveel arms het 20 seekatte altesaam?
    • 'n Seester het 5 arms. Ek het 75 van die arms in die see gesien. Hoeveel seesterre was daar?

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder analoog- en digitale tyd in ure, halfure, kwartiere en minute lees.

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask