<< Chapter < Page Chapter >> Page >

In 1856 word Richard Burton en John Speke gestuur om die oorsprong van die Nyl te gaan vind. Burton kon 29 tale praat. Albei van hulle raak siek van malaria en Burton raak verlam in sy bene en Speke raak doof en blind. Gelukkig was albei se ongesteldheid net tydelik en kon hulle voortgaan met hulle reis. In 1858 besoek hulle Ujiji (Tanganjikameer) en glo dit is een van Ptolemaeus se mere, maar vind toe uit dat dit nie die oorsprong van die Nyl is nie.

Speke gaan op sy eie soek na die Nyasameer wat geen Europeër nog gesien het nie, maar baie van gehoor het. Hy glo hy het die oorsprong van die Nylrivier gevind, maar hy het nie genoeg verkenning gedoen om sy teorie te bewys nie. Hy noem toe die meer die Victoriameer, na Brittanje se koningin. Twis ontstaan tussen Burton en Speke toe Speke hom van sy ontdekkings vertel.

Speke en James Grant sit hul ontdekkings voort en in 1862 is hulle die eerste Europeërs wat toegelaat word om Uganda binne te gaan. In 1862 staan Speke op die oewer van ‘n rivier wat uit die Victoriameer vloei, maar weereens kry hy nie genoeg bewyse dat die rivier die Nyl is nie.

Burton was nie tevrede met Speke se verhaal nie en hy reël in 1864 ‘n ontmoeting in Engeland sodat Speke kan bewys dat hy die oorsprong van die Nyl ontdek het. ‘n Dag voor die ontmoeting sterf Speke in ‘n skietongeluk. Later is bewys dat die Victoriameer wel die oorsprong van die Nylrivier is.

a) Vertel hoekom mense Afrika die “donker vasteland” genoem het. Is dit waar?

b) Dit is belangrik om te weet dat ontdekkings op verskillende plekke in Afrika plaasgevind het. Gebruik jou eie karakter en help Prof. Beweiznet deur kolletjies te maak waar hulle gereis het. So kan ons beter waarneem hoe en waar mense in Afrika besig was om inligting te bekom of plaaslike inwoners te help.

Groepwerk!

c) Teen die begin van die jare 1800 het daar weer ‘n nuwe belangstelling in Afrika posgevat. Waarom?

Groepwerk!

d) Jul groep kan besluit watter “ontdekkers” ‘n monument behoort te kry. Ontwerp sy monument – met ‘n inskripsie daarby hoekom hy dit verdien.

Dinkskrum!

f) ‘n Gedenkteken is in Kensington Gardens, Londen vir Speke opgerig.

  • Hoekom in Londen?
  • Hoekom dink jy verdien hy dit? Wat van Burton of Grant?
  • at sou gebeur het as Burton en Speke nie na afrika gereis het nie?

Assessesing

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
HISTORIESE ONDERSOEK Die leerder is in staat om historiese kennis en begrip aan te wend om die verlede en hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 bronne vind:
  • bronne identifiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord;
1.2 vrae beantwoord:
  • relevante inligting vir ‘n spesifieke doel uit ‘n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken;
1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne:
  • inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke uit die verlede beantwoord word.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

(a) Daar was baie dinge oor Afrika wat nog nie opgeklaar was nie (bv. oorsprong van groot riviere, geheime stede, ens.)

Groot dele van Afrika was nog nie gekersten nie. (Christus is deur Christene as die lig van die wêreld beskou.)

(d) Europeërs was in die 19de eeu geweldig geïnteresseerd in die ontdekking van verafgeleë plekke – soos ons vandag in ruimtereise belangstel.

Aangesien daar geen radio of TV was om hulle in te lig nie, het hulle gereeld in koerante, tydskrifte en boeke daaroor gelees. Dié publisiteit het mense geweldig entoesiasties oor ontdekkings gemaak.

(f) Beroemde Britse ontdekkers – stel oorsprong van Nyl aan wêreld bekend. Eintlik het Speke en Burton dit saam gevind; eersgenoemde. het die nuus versprei voordat Burton teruggekeer het na Engeland. (Burton het by die Tanganjikameer siek geword.)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask