<< Chapter < Page Chapter >> Page >

.................................................................................................................

(10)

Ek wens ek was so bevoorreg soos oom jopie se dogter, lena. sy kan elke dag in die veld gaan stap en die natuur geniet. sy ken ál die veldblomme se name, asook die diertjies en insekte en hul gewoontes.

Ek wens ek kon soos Lena gaan stap in die veld,

Niks kan die natuur koop nie, nee, geen geld.

Daar's volop veldblomme, diertjies en vars lug,

Maar nou sit ek hier en ek kan net sug.

Aktiwiteit 3

Om duidelike aanwysings te gee [LU 2.1.5]

Om ander se idees te respekteer [LU 2.2.5]

Het jy al ooit gewens jy kan ook iets uitvind of ontdek soos thomas edison die gloeilamp en alexander graham bell die telefoon uitgevind het?

  1. Kom ons speel jy is 'n uitvinder. Bou vir ons 'n model van jou "uitvindsel”. Dit moet een of ander funksie hê, met ander woorde, dit moet kan "werk”. Jy het twee weke kans om dit te bou. Jou onderwyser sal die datum gee waarop jy dit moet saambring skool toe. Die res van die klas sal die modelle beoordeel en die wenner aanwys. (LU 2.1)
  2. Jou “inskrywing” moet vergesel wees van duidelike aanwysings van hoe die model gemaak moet word en watter materiale gebruik word. Jy moet verduidelik wat om te doen om dit aan die werk te kry .

(20)

Assessering

LEERUITKOMS 2: PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oordra:

2.1.5 aanwysings of instruksies gee;

2.2 interaksievaardighede en –strategieë tydens groepwerk gebruik:

2.2.5 met empatie en respek op ander se idees reageer.

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.9 waardes ten opsigte van kulturele, sosiale, omgewings- en morele kwessies in tekste identifiseer en bespreek (soos: die boodskap van die storie en die geldigheid daarvan in verskillende kontekste, kwessies betreffende regverdigheid en gelykheid ten opsigte van verskillende situasies en karakters).

LEERUITKOMS 5: DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • inligting verwerk:
  • inligting op verskillende maniere opsom (soos: diagramme, paragrawe, kopkaarte, tabelle).

Memorandum

Aktiwiteit 1 Eie keuse

Eie verduideliking,bv.

Ek wens dat ek ‘n nagtegaal was wat hoog in ‘n boom gewoon het, of miskien ‘n visserman in ‘n huisie by die see. Maar nou is ek maar net Benjamin Lucas Lee – en weet jy wat? Dis lekker om ek te wees!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask