<< Chapter < Page Chapter >> Page >

'n Ramp tref Beethoven

Toe hy dertig jaar oud geword het, het 'n ramp hom getref: hy het begin doof word. 'n Groot vrees het hom beetgepak dat hy heeltemal doof sou word, daarom het hy steeds harder en harder gewerk. Toe hy veertig jaar oud was, kon hy byna niks meer hoor nie. Dit het hom baie ongelukkig gemaak - hy het nie meer by sy vriende gaan kuier nie en hy het nooit getrou nie. Hy het baie eensaam geword.

Omdat hy doof was, het Beethoven byna nooit meer uitgegaan nie. Toe een van sy beste musiekstukke vir die eerste keer uitgevoer is, het hy wel besluit om daarheen te gaan, maar hy kon nie eens hoor hoe die mense ná die tyd hande klap nie. Iemand moes hom op die skouer tik en na die klappende gehoor wys voordat hy kon agterkom dat die mense gedink het sy musiek is uitstekend.

[Verwerk uit Die Afrikaanse Kinderensiklopedie , hersiene uitgawe, bl. 136.]

Beantwoord die volgende vrae. Kies die regte antwoord en onderstreep dit.

  1. 'n Komponis is iemand wat
  • gedigte skryf
  • viool speel
  • musiek skryf
  • Beethoven se vader was
  • 'n sanger in die kerk
  • 'n dominee van die kerk
  • 'n dokter
  • Beethoven was
  • ‘n digter
  • 'n sanger
  • 'n komponis
  • Iemand wat klavier speel is ‘n
  • violis
  • orrelis
  • pianis
  • 'n Ramp het Beethoven getref:
  • hy het blind geword
  • hy het doof geword
  • hy het sy hand verloor

Kan jy sien dat jy nou 'n goeie idee van die leesstuk het? Besluit self of jy dit deeglik en volledig wil lees.

Aktiwiteit 3

Om vir beskrywende doeleindes te skryf [lu 4.1.1]

Bring ‘n suurlemoen skool toe. (Ek is seker daar is iemand met ‘n suurlemoenboom in die omgewing, as julle nie self ‘n boom het nie.)

(a) Skryf een woord neer wat beskryf hoe die suurlemoen lyk

..............................................

(b) Hoe voel die skil? (Slegs een woord.)

......................................................

(c) Skil die suurlemoen af. Hoe ruik dit? (Een woord)

..................................................................

(d) Byt ‘n stukkie van ‘n skyfie af. Kou dit en sluk dit in. Wat was jou eerste gewaarwording? (‘n Kort sinnetjie)

................................................................................

(e) Wat gebeur met jou tong? (‘n Kort sinnetjie)

..............................................................

(f) Hoe voel jou tande? (Een woord)

...........................................

Aktiwiteit 4

Om netjies en in die regte formaat te skryf [lu 4.3]

As klas kies julle gesamentlik 'n vrug wat nou in seisoen is. Daarna teken elk van julle hierdie spesifieke vrug op papier.

Skryf dan 'n gediggie binne-in hierdie vrug, knip dit uit en plak dit op 'n groot plakkaat waarop die spesifieke vrugteboom geteken is. Hierdie plakkaat met almal se vrugte op kan op die klas se aansteekbord vasgesteek word.

Die gediggie bestaan uit vyf reëls. Jy moet byna al jou sintuie gebruik om dit te skryf.

Reël 1: Titel (een woord)

Reël 2: Beskryf hoe dit lyk (twee woorde).

Reël 3: Beskryf hoe dit voel (drie woorde).

Reël 4: Beskryf hoe dit smaak (vier woorde).

Reël 5: Jou mening oor die vrug (enkele woorde).

Hier is 'n voorbeeld van 'n gedig oor 'n tamatie.

Assessering

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes lees (soos gedigte, stories, mites, brosjures, naslaanboeke en handboeke):

  • onafhanklik lees deur ‘n verskeidenheid lees- en begripstrategieë gepas vir verskillende doeleindes te gebruik:
  • vir spesifieke besonderhede soeklees;
  • voorspellings maak deur kontekstuele leidrade te gebruik om betekenis vas te stel en afleidings maak.

LEERUITKOMS 4: SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:

  • vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes skryf (soos briewe, beskrywende paragrawe, limerieke);

4.1.3 verskeie mediatekste vir verskillende teikengroepe skryf en ontwerp (soos plakkate, strokiesverhale, eenvoudige brosjures);

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en -gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • met woorde werk:

6.1.8 woordeskat ontwikkel deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken.

Memorandum

Aktiwiteit 1 Denkontwikkeling en redenering (Taalaspek : geluidwoorde)

  1. suis

ritsel

kletter

knetter

huil

(b) Diere se geluide

(i) brul

(ii) trompetter

(iii) loei

(iv) balk

(v) koer, kwetter

(vi) blêr

(vii) kraai

(viii) runnik

(ix) kekkel

(x) bulk

Aktiwiteit 2 Leesvaardigheid (Verkenlees)

  1. musiek skryf
  2. ‘n sanger in die kerk
  3. komponis
  4. pianis
  5. hy het doof geword

Aktiwiteit 3 Skryfvaardigheid (Eie poging)

Aktiwiteit 4 Skryfvaardigheid (Eie poging)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask