<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 4

Voedselproduksie

Module 23

Hoenderboerdery

Hoe gereeld eet julle huisgesin hoendervleis of eiers? Waar kom dit vandaan? Hoenderboere kan in twee hoofgroepe verdeel word:

Lêhoenderboere Slaghoenderboere
Definisie Produseer eiers om te verkoop Produseer hoenders wat vir hul vleis geslag word
“Werking”
  • Henne begin lê wanner hul 18 weke oud is.
  • Word in lê-huise aangehou (batterystelsel).
  • Hane en henne om bevrugte eiers te lê.
  • Eiers word in broeiery in broeimasjien geplaas.
  • Hen lê meeste eiers op 20 weke.
  • 26 – 28 weke lae eierproduksie (verkoop).
  • Sommige vryloopstelsel.
  • Tot 50 000 onder een dak.
  • Temperatuur word beheer.
  • Gereeld ingeënt teen
hoendersiektes.
  • Eiers onbevrug.
  • Oor ‘n periode van 52 weke lê ‘n hen ongeveer 300 eiers.
  • Eiers sorteer volgens kwaliteit van dop en grootte.
  • Broei op dag 21 uit.
  • Kuikens teen siektes ingeënt.
  • Kuikens onder verwarmers gehou.
  • Ligte brand vir 16 uur per dag.
  • Kuikens word spesiale kos gevoer om vinnig te groei.
  • Na 40 dae weeg slaghoender ongeveer 2 kg.
  • Gereed vir slag en verpakking.
  • Na winkels versprei (heel of stukke).

Teel

Kuikens wat vir teeldoeleindes gebruik word, word op ouderdom 21 weke na ‘n teelafdeling oorgeplaas. Hier word hane en henne saam in een hoenderhuis aangehou (tien henne by een haan). Vanaf die 22ste week word eiers (broei-eiers) in neste gelê. Die eiers word vyf keer per dag versamel. Slegs sommige van die bevrugte eiers word vir teeldoeleindes gebruik. Die hane en henne volg ‘n spesiale dieet en word op ongeveer 64 weke saam met lê-hoenders verkoop.

Waarom is hoendervleis goedkoper as rooivleis?

Aktiwiteit 1

Om in julle groepe die volgende vrae te bespreek en dan terugvoering aan die klas oor die groep se bevindings te gee [lu 1.6, 1.7]

  • Kyk na die skets van die lêhoenders in die battery. Hoe voel jy oor die omstandighede waaronder die hoenders aangehou word?
  • Waarom dink jy word die henne in sulke klein hokkies aangehou?

Wat is “skarrel-” eiers en weglêhoenders?

Assessering

Leeruitkoms 1: aardrykskundige ondersoek

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.6 inligting vanaf kaarte gebruik (insluitend eie waarnemings) om vrae oor mense en plekke te beantwoord (bv. “Waarom is dit so?”) [beantwoord die vraag];

1.7 aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -terme gebruik om op verskillende maniere verslag te doen oor ondersoeke [dra die antwoord oor].

Memorandum

Hoendervleis is goedkoper as rooivleis omdat:

Vinniger; korter lewensiklus; min spasie benodig vir teel; geen weiding nodig.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11083/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask