<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Verklaring : Om jou te help om grondgebruik te identifiseer, word syfers gebruik.

Alle erwe sonder nommers is vir algemene bewoning (woongebied).

Aktiwiteit 3

Om ‘n grondgebruikkaart van jul eie omgewing te voltooi [lu 1.1, 1.3]

  • Kry ’n afgerolde straatplan van julle dorp of voorstad en gebruik net ’n gedeelte daarvan, bv. die gebied waarin julle skool of jou huis geleë is. Gebruik dieselfde kleure as in die vorige aktiwiteit en voltooi die grondgebruikkaart.
  • Julle kan op ’n staptog deur die dorp gaan, of julle kan probeer om dit te doen soos wat julle onthou of soos julle dit met mekaar bespreek het.
  • Nadat jy jou kaart voltooi het, kan jy dit met ‘n maat s’n vergelyk.

Aktiwiteit 4

Om voorstelle te maak oor die verbetering van grondgebruik [lu 1.7, 2.2, 2.3]

  • In baie dorpe en voorstede is daar grond wat nie reg gebruik word nie. Dit kan ’n rivieroewer wees wat nie as ’n behoorlike ontspanningsgebied ontwikkel is nie, of sommer net verwaarloos en misbruik word en daarom nie eens ’n mooi natuurgebied is nie.
  • Dink aan ’n stuk verwaarloosde grond in jul omgewing en hou ’n klas- of groepbespreking oor hoe dit tot ’n ontspanningsgebied of natuurtuin ontwikkel kan word. Maak ’n skets om jul voorstel beter aan jul maats te verduidelik. Gebruik die regte kleure (kyk weer na Aktiwiteit 1) om jul verbeteringsgebied in te kleur, asook die omliggende gebied.

Stel ook reëls op sodat dit aangenaam sal wees vir mense wat die plek besoek.

Ons reëls

1. .............................................................................................................

.............................................................................................................

2. .............................................................................................................

.............................................................................................................

3. .............................................................................................................

.............................................................................................................

4. .............................................................................................................

.............................................................................................................

5. .............................................................................................................

.............................................................................................................

6. .............................................................................................................

.............................................................................................................

7. .............................................................................................................

.............................................................................................................

8. .............................................................................................................

.............................................................................................................

9. .............................................................................................................

.............................................................................................................

  1. .............................................................................................................

.............................................................................................................

Assessering

Leeruitkoms 1: aardrykskundige ondersoek

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.1 inligting uit verskillende bronne identifiseer (kaarte, atlasse, boeke);

  • simbole identifiseer wat in verskillende soorte kaarte gebruik word (insluitend planaansigte, ruitenet- en kaartsleutels);

1.7 aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -terme gebruik om op verskillende maniere verslag te doen oor ondersoeke (teken van kaarte).

Leeruitkoms 2: aardrykskundige kennis en begrip

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

2.1 die eienskappe van die plaaslike nedersetting, insluitend landgebruik, beskryf en dit vergelyk met voorbeelde van ander plekke (mense en plekke);

2.2 die belangrikheid beskryf van toegang tot hulpbronne en dienste;

2.3 kan beskryf hoe daar in die verlede in basiese menslike behoeftes voorsien is en hoe dit in die hede gebeur.

Memorandum

Die verskillende gebiede in ‘n dorp/stad

Sentrale sakekern Nywerheidsgebied Woongebied
Hoë kantoorkomplekse Groot fabrieke Woonstelle
Winkelsentrums Kleiner skure Huise
Besighede Werkswinkels Dorpshuise
Skure

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11083/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask