<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 4

SKOOLPRET

Module 35

DAE, MAANDE EN SEISOENE

Aktiwiteit 1

Om te leer om korrek te spel [LU 6.1.2]

'n spelaktiwiteit

(a) Daar is sewe dae in die week. Skryf die sewe dae se name neer en leer die spelling van die woorde. Onthou om die dae se name met hoofletters te skryf. Soek uit die raampie die afkorting van elke dag. Bespreek in jul groepie hoekom ons afkortings gebruik.

Di. Vr. So. Wo. Ma. Do. Sa.

Dae van die week Afkorting

.................................................................................... . ...............

....................................................................................... ...............

....................................................................................... ...............

....................................................................................... ...............

....................................................................................... ...............

....................................................................................... ................

....................................................................................... ................

(b) Hier is vier prente van die vier seisoene. Skryf die seisoen se naam bo die prent en die drie maande se name waaruit die seisoen bestaan langsaan. Jul opvoeder kan die woorde op flitskaarte teen die bord aanbring. Leer nou die spelling van die woorde en onthou die hoofletters.

......................................

....................................

.....................................

...................................

ASSESSERING: Opvoeder assesseer om seker te maak dat die spelling korrek is.

(c) SPELTOETS

Leer die spelling van die dae, maande en seisoene van die jaar. Jou opvoeder sal vir jou ‘n speltoets oor hierdie woorde gee.

Onthou om die dae en maande met hoofletters te skryf.

Aktiwiteit 2

Om eenvoudige vrae te beantwoord en te vra [LU 1.1.1, 2.1.1]

WAT IS DIT? ('n Mondelinge, spel- en woordeskat-aktiwiteit)

Toe Bennie langs Emile kom sit het, het hy sy skooltas uitgepak. Kan julle onthou wat hy alles by hom gehad het?

Elke groep maak nou 'n paar artikels bymekaar en sit dit in 'n sak. Ruil nou sakke met 'n ander groep en speel die volgende speletjie.

Een leerder steek sy/haar hand in die sak in en haal 'n artikel uit. Vra nou vir 'n maat in die groep. "Wat is dit en wat moet ek hiermee maak?" Die maat moet in 'n volsin antwoord. Neem nou beurte in jul groepe. As jul sak leeg is, ruil sakke om met 'n ander groep.

Aktiwiteit 3

Om korrek te leer spel [LU 4.5.2]

Kies die antwoorde tot die leidrade uit die volgende lys en skryf dit in die korrekte spasies. Leer nou die korrekte spelling van die woorde.:

sakrekenaar

gom

uitveër

liniaal

skerpmaker

skuifspeld

kryt

potlood

kleeflint

skêr

  1. Ons skryf hiermee. ...............................

(b) 'n Fout word hiermee uitgewis. ................................

(c) Dit help jou om 'n reguit lyn te trek. ...............................

(d) Ons knip prente hiermee uit. ....................................

(e) Plak prente daarmee vas. ..................................

(f) Gebruik dit om prente in te kleur. ................................

(g) Plak skeurtjies en plastiekoortreksels hiermee vas. .....................

(h) Dit maak 'n potloodpunt skerp. ...........................................

(i) Gebruik dit om jou Wiskunde-somme se antwoorde na te gaan.

...................................................

(j) ‘n Draadknippie om papiere aan mekaar vas te hou.

...................................................

Laat jou opvoeder vir jou die korrekte antwoorde gee.

Leer nou die korrekte spelling nadat jy die foute reggemaak het.

Assessering

Leeruitkoms 1: luister

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

stories verstaan (aan leerders vertel of gelees):

  • letterlike vrae beantwoord.

Leeruitkoms 2: praat

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.1 interaksie in sy/haar addisionele taal voer:

2.1.1 eenvoudige vrae vra (soos vrae om duidelikheid te verkry).

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.5 ontwikkelende kennis gebruik van taalstruktuur en – gebruik:

4.5.2 bekende woorde korrek spel.

LEERUITKOMS 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.1 bekende woorde korrek spel:

6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en –konsonante (soos: boom/bome, blom/blomme).

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a) Maandag Ma.

Dinsdag Di.

Woensdag Wo.

Donderdag Do.

Vrydag Vr.

Saterdag Sa.

Sondag So.

(b) Somer: Desember, Januarie, Februarie

Herfs: Maart, April, Mei

Winter: Junie, Julie, Augustus

Lente: September, Oktober, November

Aktiwiteit 3

(a) potlood

(b) uitveër

(c) liniaal

(d) skêr

(e) gom

(f) kryt

(g) kleeflint

(h) skerpmaker

(i) sakrekenaar

(j) skuifspeld

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask