<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Julle kan gerus weer na die radio luister of op televisie kyk hoe 'n onderhoud gevoer word.

Ek wens ek was 'n miljoenêr,Dan kan ek koop net wat ek wil.Ek sal op reis gaan na lande ver,En my tasse met allerlei skatte vul.

Aktiwiteit 5

Om ‘n paragraaf te skryf uit ondergeskikte sinne [LU 4.4.3]

  1. Die volgende storie is van 'n arm seuntjie wat geld present kry. Jy moet self besluit hoeveel geld hy kry en wat hy daarmee doen. Skryf dan die gedeelte oor en voltooi die sinne. Gebruik minstens vier woorde per sin.

Jaco is besig om sy huiswerk te doen. Sy pa roep hom en hy spring vinnig op en hardloop na sy pa toe. Sy pa druk iets in sy hand. Jaco se oë rek al groter en groter en dan glimlag hy baie breed terwyl hy oor en oor vir sy pa dankie sê. Sy pa het

vir hom ................................................ gegee. Hy besluit om
......................................................................................................
Op pad soontoe .........................................................................
Daar aangekom kyk hy eers ....................................................
Uiteindelik weet hy ...................................................................
Hy besluit om ...........................................................................
Hy gee ......................................................................................
Baie tevrede ...........................................................................
.......................................................................................................

Assessering

Leeruitkoms 2: praat

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.1 ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oordra:

2.1.1 taal met gemak gebruik vir interpersoonlike kommunikasie in alledaagse gesprekke;

2.1.6 vrae stel en daarop reageer.

LEERUITKOMS 4: SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.4 kennis van taal op verskeie vlakke toepas:

  • paragraafvlak
  • kern- en ondergeskikte sinne gebruik om ‘n samehangende paragraaf te skryf.

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.1 met woorde werk:

6.1.2 ontwikkelende kennis toon van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde;

6.1.7 korrekte woordverdelings herken;

  • met sinne werk:
  • tydsvorme doeltreffend en gepas wissel.

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a) (i) a...

(ii) z...

(iii) Dit word streng alfabeties gedoen.

(b) Bv. Telefoongids

(d) lanseer; planete

lewe; ruimtereis

maan; ruimtetuig

miljoene; tekens

teleskoop; vuurpyl

Aktiwiteit 2

  1. Die fotograaf gaan Hannie Hendriks inskryf (vir) julle kompetisie. Sal sy wen?
  2. Dit kom nie in die lys woorde voor nie, maar is nodig om die sin verstaanbaar te maak.

Aktiwiteit 3

ge-beur-te-nis

ruim-te-tuig

ge-skied-kun-di-ge

be-man-de

tre-e (onthou die reël... by lettergreepverdeling val die leesteken weg! So ook

gesê ge-se

vroeër vroe-er

brûe bru-e ens.

Aktiwiteit 4 Eie poging

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask