<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 4

Module 15

ALFABETIESE VOLGORDE EN WOORDESKAT

Aktiwiteit 1

Om alfabetiese volgorde te verstaan [LU 6.1.2]

Om betekenis van woorde in ‘n woordeboek na te slaan [LU 6.1.6]

Jy het reeds geleer hoe om woorde alfabeties te rangskik.

  1. Rangskik die volgende huis -woorde alfabeties en skryf hulle ondermekaar neer.
  2. Slaan hulle betekenisse in die verklarende woordeboek na en skryf dit langsaan neer.
  3. Kyk of jy die wonings in die skets kan identifiseer.

wigwam; skakelhuis; hartbeeshuis; chalet

.................................................................................................................

Aktiwiteit 2

Om woordeskat uit te brei [LU 6.1.8]

Kies die regte woorde uit die gegewe lys om die sinne te voltooi:

Die woorde begin almal met 'n f of v .

fantasties valskerm

fontein fortuin

vliegtuig vyand

filmster fabriek

vreemdeling verbeelding

familie fluister

verfris valhelm

vriend

  1. In my ............................................ is ek ‘n beroemde ..................................
  2. Ek verdien ‘n ..................................... met elke film waarin ek speel.
  3. My huis is ...................................... en daar is ‘n swembad waarin

ek my gereeld kan ............................ as ek warm kry.

  1. Op elke hoek van die swembad spuit daar ‘n ...................................
  2. Agter die huis is ‘n aanloopbaan vir my privaat .................................
  3. Ek spring ook baie ..................................... en die ............................

vir my kop is van goud gemaak.

  1. My huis word streng bewaak en geen .............................................

of my ........................................... sal daar kan inkom om my en my

.................................... kwaad aan te doen nie.

  1. Ek besit ook ‘n ..................................... waar hulle sjokolade maak

en ek kan daarvan eet soveel as wat ek wil.

  1. Ek kan maar net ............................ en hoef nie eers hard te praat as

ek iets wil hê nie. Daar is altyd ‘n bediende wat regstaan om my te

bedien.

Aktiwiteit 3

Om ‘n oplossing vir ‘n probleem te bedink [LU 5.4.2]

Ek het ‘n probleem! Ek het op ‘n staptog gegaan, maar ek het verdwaal. Dit word nou donker en ek moet vir myself ‘n soort skuiling maak. Ek het die volgende artikels in my rugsak: ‘n kombers, ‘n stuk tou en ‘n paar wasgoedpennetjies. My ander hulpmiddels is die natuur met die bome, bosse, klippe, takke en blare in die woud. Maak ‘n skets van die skuiling wat ek kan maak met die hulpmiddels tot my beskikking. Voorsien jou sketsplan van byskrifte. Vertel nou vir ’n maat van jou plan.

Assessering

LEERUITKOMS 5: DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • taal gebruik om skeppend te dink:
  • verskillende moontlikhede of scenario’s vir ‘n gegewe situasie ontwikkel.

LEERUITKOMS 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • met woorde werk:
  • ontwikkelende kennis van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde toon;
  • spelling en betekenis in ‘n woordeboek nagaan;

6.1.8 woordeskat ontwikkel deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken.

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a) chalet

hartbeeshuis

skakelhuis

wigwam

(b) A. hartbeeshuis

B. chalet

C. skakelhuis

D. wigwam

Aktiwiteit 2

(a) familie, filmster

(b) fortuin

(c) fantasties, verfris

(d) fontein

(e) vliegtuig

(f) valskerm, valhelm

(g) vyand, vriend, familie

(h) fabriek

(i) fluister

Aktiwiteit 3 Eie poging

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask