<< Chapter < Page Chapter >> Page >

sonnig sneeu

reën bewolk

LU 1.4
  • Help die padda om tot by die dam te spring.
  • Tel die blokkies en beweeg, of regs of links, of af , of op.
  • Die eerste opdrag is klaar gedoen.

1. Spring 3 blokkies af.

2. Spring 4 blokkies regs.

3. Spring 4 blokkies af.

4. Spring 6 blokkies links.

5. Spring 2 blokkies op.

6. Spring 4 blokkies regs.

7. Spring 4 blokkies af.

8. Spring 1 blokkie links.

9. Spring 1 blokkie af.

10. Spring …… blokkies …… om in die dam te duik.

LU 3.6

‘n padkaart van ons dorp

  • Teken die kortste pad vir Piet as hy skool toe gaan. Gebruik rooi.
  • Teken die kortste pad vir San as sy winkel toe gaan. Gebruik blou.
  • Teken die kortste pad van die skool tot by die kerk. Gebruik groen.
  • Vertel vir mekaar waar die kortste paaie is.
LU 4.5
  • Plak of teken ‘n koevert hier.
  • Die vorm van die koevert is ‘n …………………. (sirkel, vierkant of reghoek).
  • Tel die letters in die woord, k-o-e-v-e-r-t-e …………………………… letters.
  • Verdubbel die getal …………………………………………………………….
  • Halveer die getal ……………………………………………………………….
  • Watter getal kom net na die getal letters?………………………………………
  • Watter getal kom net voor die getal letters?…………………………………….
  • Verdeel die getal letters in tweë. …………………………………………tweë.
LU 1.4 LU 1.6 LU 1.9 LU 3.1

Assessering

Leeruitkomste 1: GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en heelgetalle vergelyk tot minstens 2-syfergetalle;

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder praktiese probleme oplos wat gelyke verdeling en groepering met heelgetalle tot minstens 34 behels en verduidelik die antwoorde, wat reste kan insluit;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat optelling en aftrekking van getalle tot minstens 10 behels;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder tegnieke gebruik.

Leeruitkomste 2: PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRA: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige patrone kopieer en uitbrei deur fisiese voorwerpe en tekeninge te gebruik (bv. deur kleure en vorms te gebruik);

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder eie patrone skep.

Leeruitkomste 3: RUIMTE EN VORM (MEETKUNDE): Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die klaskamer en in prente herken, identifiseer en benoem;

Assesseringstandaard 3.6: Dit is duidelik wanneer die leerder rigtingaanwysings volg (alleen en/of as lid van ’n groep of span) om self binne die klaskamer te verplaas of te posisioneer of om driedimensionele voorwerpe in verhouding tot mekaar te posisioneer.

Leeruitkomste 4: METING : Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder volgens nie-standaardmate skat, meet, vergelyk en orden driedimensionele voorwerpe.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 1. OpenStax CNX. Oct 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11125/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask