<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 1   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Word slim met syfers

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 1-opvoeder moet vasstel of die leerders ‘n preprimêre klas bygewoon het. Vir dié wat nie in ‘n preprimêre klas was nie, is dit nodig om Modules 1 en 2 aan te pas om meer aktiwiteite in te sluit ten einde die woordeskat en konsepte in hierdie modules te versterk. Vir dié wat wel in ‘n preprimêre klas was, sal Modules 1 en 2 as hersiening dien en sal aan die opvoeder ‘n duidelike beeld gee van hoeveel hulle weet.

TYDTOEWYSING

Daar is twee modules vir elke kwartaal. Dit kan egter gebeur dat vinnige werkers die modules in ‘n korter tyd sal voltooi as dié wat stadiger werk. Dit staan die opvoeder vry om die getalgebied uit te brei volgens die leerders se vermoë. Modules 1 - 7 is die minimum vereiste vir die stadige leerders.

Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

  • INTEGRASIE VAN TEMAS: Somer
  • MENSEREGTE: Leerders moet leer om netjies te wees

INKLUSIWITEIT: Afparing vir gelykegetalle – geen uitsondering word gemaak nie.

Aktiwiteite by die see is geïntegreer met:

  • getalbegrip tot 7;
  • die tel van voorwerpe en rympies in tweë;
  • ewe en onewe getalle;
  • bekendstelling van die simbole + en = en die voltooiing van patrone met die gebruik van vorms;
  • vorms – vierkante en sirkels; en
  • tyd – oggend, middag, aand, in die nag.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Knip uit en plak op die regte boot op die volgende bladsy.
  • Teken jou eie 7 bootjies.
  • Kleur hulle in.
  • Knip hulle uit en plak hulle op die volgende bladsy.
  • Kyk mooi waar jy die bote moet plak.
LU 1.8

7

sewe

  • Plak jou eie sewe bote op hierdie bladsy.
  • Teken die see.
  • Skryf.

LU 1.1 LU 1.3
  • Voltooi.
LU 1.4 LU 1.8
  • Wat doen jy by die see? Teken . . .
. . . in die oggend . . . in die middag
. . . in die aand . . . in die nag
LU 4.1
  • Verbind die syfers.
  • Tel.
  • Kleur die prent in.
LU 1.2
  • Rangskik elke keer 7 kolle op ‘n ander manier.

LU 1.3 LU 1.9

LU 1.3 LU 1.9

Werk in groepies

  • Soek in die klaskamer iets wat die vorm het van ‘n vierkant.
  • Teken die voorwerpe hier.
LU 3.1
  • Soek in die klaskamer iets wat die vorm het van ‘n sirkel.
  • Teken die voorwerpe hier.
LU 3.1
  • Patrone in die sand.
  • Voltooi die patrone.
  • Ontwerp nou jou eie patrone.
LU 2.3

Assessering

Leeruitkomste 1: GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tot minstens 34 alledaagse voorwerpe akkuraat tel;

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder getalsimbole van 1 tot minstens 100 ken en lees en skryf getalname van 1 tot minstens 34;

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk heelgetalle tot minstens2-syfer getalle orden, beskryf en vergelyk;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat optelling en aftrekking van getalle tot minstens 10 behels;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik.

Leeruitkomste 2: PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRA: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder eie patrone skep.

Leeruitkomste 3: RUIMTE EN VORM (MEETKUNDE): Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder herken, identifiseer en benoem tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die klaskamer en in prente, insluitend:

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder beskryf hoe laat dit is met woordeskat soos “vroeg”, “laatoggend”, “middag”, “aand” en “nag”.

Leeruitkomste 4: METING: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder beskryf hoe laat dit is met woordeskat soos “vroeg”, “laatoggend”, “middag”, “aand” en “nag”.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 1. OpenStax CNX. Oct 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11125/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask