<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 1   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Word slim met syfers

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 1-opvoeder moet vasstel of die leerders ‘n preprimêre klas bygewoon het. Vir dié wat nie in ‘n preprimêre klas was nie, is dit nodig om Modules 1 en 2 aan te pas om meer aktiwiteite in te sluit ten einde die woordeskat en konsepte in hierdie modules te versterk. Vir dié wat wel in ‘n preprimêre klas was, sal Modules 1 en 2 as hersiening dien en sal aan die opvoeder ‘n duidelike beeld gee van hoeveel hulle weet.

TYDTOEWYSING

Daar is twee modules vir elke kwartaal. Dit kan egter gebeur dat vinnige werkers die modules in ‘n korter tyd sal voltooi as dié wat stadiger werk. Dit staan die opvoeder vry om die getalgebied uit te brei volgens die leerders se vermoë. Modules 1 - 7 is die minimum vereiste vir die stadige leerders.

Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

  • INTEGRASIE VAN TEMAS: Somer
  • MENSEREGTE: Leerders moet leer om netjies te wees
  • INKLUSIWITEIT: Afparing vir gelykegetalle – geen uitsondering word gemaak nie.

Die drie bere help die leerders verstaan:

  • getalbegrip 1 tot 5;
  • telaktiwiteite in ene en tweë tot 20, asook telrympies;
  • kleure: pers en oranje;
  • woordeskat: lig, swaar, meer, minder, eerste en laaste;
  • vorms – sirkels; en
  • voltooiing van ‘n grafiek oor hoe ons skool toe kom.

Leerders afdeling

Inhoud

  • ‘n Rympie om te leer:
LU 1.2
  • Tel die beertjies.
  • Omkring die eerste en die laaste beertjies.
LU 1.1 LU 1.3 LU 1.4
  • Pak die tasse uit.
LU 1.3
  • Voltooi jou kosblik. Tel in 2’e.

  • Kies wat jy graag in jou kosblik wil hê.
  • Plak prente uit ‘n tydskrif om jou kosblik vol te maak:
LU 1.2 LU 3.1 LU 5.2 LU 5.3
  • Maak een meer:

  • Teken elke keer 4 vier.
LU 1.3 LU 1.9
  • Verbind al die 5c-stukke. Daar is …………………. 5c-stukke.

LU 1.1 LU 1.3
  • Rangskik elke keer 5 kolle op ‘n ander manier.
  • Skryf:
LU 1.3
  • Herrangskik van 1 tot 5:
2 1 3 4 5
1 ___ ___ ___ ___
4 3 2 1 5
1 ___ ___ ___ ___
3 2 5 1 4
___ ___ ___ ___ ___
  • Skat hoeveel boeke is hier? _________
  • Tel: __________ boeke.
LU 1.1 LU 1.4
  • Pak die 10 boeke in die boekrak. In elke rak moet eweveel boeke wees.
  • In elke rak is __________ boeke.
  • Teken:

LU 1.3 LU 1.6

Assessering

Leeruitkomste 1: GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tot minstens 34 alledaagse voorwerpe akkuraat tel;

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder getalsimbole van 1 tot minstens 100 ken en lees en skryf getalname van 1 tot minstens 34;

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk heelgetalle tot minstens2-syfer getalle orden, beskryf en vergelyk;

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder praktiese probleme oplos wat gelyke verdeling en groepering met heelgetalle tot minstens 34 behels en verduidelik die antwoorde, wat reste kan insluit;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder tegnieke gebruik;

Leeruitkomste 3: RUIMTE EN VORM (MEETKUNDE): Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die klaskamer en in prente herken, identifiseer en benoem;

Leeruitkomste 5: DATAHANTERING: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder fisiese voorwerpe volgens een spesifieke eienskap wat om ’n bepaalde rede gekies is sorteer (bv. “sorteer vetkryte volgens kleur.”);

Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder redes gee waarom versamelings op spesifieke maniere gegroepeer is.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 1. OpenStax CNX. Oct 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11125/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask