<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 1   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Word slim met syfers

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

Module 1

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste Bladsyverwysings
KU 1 4, 5, 8, 15
KU 3 2, 3, 6, 7, 9, 10, 14, 18, 19
KU 4 4, 21
KU 7 11, 12, 13, 16, 17, 20
KU 8 4
  • INTEGRASIE VAN TEMAS: Somer
  • MENSEREGTE: Leerders moet leer om netjies te wees
  • INKLUSIWITEIT: Afparing vir gelykegetalle – geen uitsondering word gemaak nie.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: wiskunde, vorms en patrone [lu 3.1, lu 2.1, lu 2.2, lu 2.3]

Wiskunde en vorms

  • Alles het ‘n vorm.
  • Kyk na hulle en teken dié wat die vorm het van ‘n:

vierkant

reghoek

sirkel

driehoek

Ek kan ‘n driehoek sien , ........, ........, ........

Ek kan ‘n ........, ........, ........, ........ sien

LU 3.1

Wiskunde en patrone

‘n Patroon word gemaak deur dieselfde lyne of vorms oor en oor te teken.

Kyk na die patrone op Sandra se romp.

  • Voltooi die patrone vir Sandra.
  • Kan jy hierdie patrone sien? Voltooi hulle.

  • Soek na patrone in hierdie getalleblok. Skryf hulle neer.
0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
10 11 12 13 14 15 16 17 18 19
20
0 1 ........ ........ ........ ........ ........ ........ ........ ........
10 11 ........ ........ ........ ........ ........ ........ ........ ........
20 ........ ........ ........ ........ ........ ........ ........ ........ ........
LU 2.1 LU 2.2
  • Ontwerp jou eie mooi patroon.
  • Speel ‘n speletjie. Kies ‘n maat. Kyk wie kan die meeste driehoeke, vierkante en reghoeke in die prentjies kry. Skryf neer hoeveel jy gekry het.

driehoeke .............

vierkante .............

driehoeke .............

Wie het gewen? ..................................................

LU 2.3 LU 3.1

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.1: Die leerder is in staat om eenvoudige patrone kopieer en uitbrei deur fisiese voorwerpe en tegnieke te gebruik (bv. deur kleur en vorms te gebruik).

Assesseringstandaard 2.2: Die leerder is in staat kopieer en brei eenvoudige getalreekse uit tot minstens 200;

Assesseringstandaard 2.3: Die leerder is in staat om skep eie patrone.

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.1: Die leerder is in staat om tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die klaskamer en in prente herken, identifiseer en benoem;

3.1.1 bokse (prismas) en balle (sfere);

3.1.2 driehoeke en reghoeke;

3.1.3 sirkels.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 1. OpenStax CNX. Oct 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11125/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask