<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Versamel voorbeelde van verskillende kaartjies en bespreek dit met die leerders. (Leerders kan ook voorbeelde van kaartjies van die huis af bring.)

Verdeel die klas in groepe van vier tot vyf leerders. Elke groep gaan vir Willie ‘n verjaarsdagkaartjie maak. Lei die leerders deur die volgende stappe:

- ontwerp die kaartjie (leerders teken ‘n voorbeeld van hulle kaartjies);

- beplan wat nodig is om die kaartjie te maak (leerders omkring alles wat hulle nodig het);

- maak die kaartjie;

- kies die gepaste bewoording (opvoeder verleen hulp);

- hou ‘n uitstalling met al die kaartjies.

Leerders afdeling

Inhoud

Willie waps verjaar!

Vanoggend is Willie vroeg wakker. So vroeg dat die voëltjies nog nie eens buite in die bome sing nie. Net die wind is wakker en dit waai saggies deur die blare bokant hulle huis. Eers kan Willie nie onthou hoekom hy so opgewonde voel nie, en toe weet hy skielik! Dis sy verjaarsdag! Vandag is hy ag jaar oud! Hy lê nog ‘n rukkie en dink aan al die lekker goed wat vandag gaan gebeur en toe spring hy uit die bed!

Willie kyk eers deur die venster om te sien of dit ‘n mooi sonskyndag gaan wees. Dis nog nie heeltemal lig nie, maar Willie kan sommer dadelik sien dat daar nêrens ‘n wolkie in die lug is nie. Jippie! Hy hou vanmiddag partytjie en dis darem nooit so lekker as dit reën nie.

Makkie lê buite op die stoep en slaap, maar hy word dadelik wakker toe Willie by die deur uitkom. Willie tel vir Makkie op sy skouer en saam kyk hulle hoe die son opkom.

Net daarna kom Willie se mamma en pappa uit. Hulle gee vir hom ‘n drukkie en ‘n soentjie. “Baie geluk, Willie”, sê Mamma. “Ons hoop jy verjaar sommer baie lekker!” Willie voel baie trots en belangrik! Dit is so lekker om te weet dat hy nou al ag jaar oud is! Hy word nou ‘n groot Waps.

Jy wonder seker wanneer Willie sy geskenkie gaan kry? Die Wapse kry egter nooit geskenke op hulle verjaarsdae nie. Nee, hulle doen iets heeltemal anders. Elke Waps-kind het ‘n spesiale boom. Hulle pappas plant die boom wanneer hulle gebore word en elke jaar wanneer hulle verjaar, maak hulle nog ‘n merkie op die boom. Daar is nou al sewe merkies op die boom en Willie en sy pappa gaan nou nog ‘n merkie maak sodat almal wat verby loop sommer kan sien dat hy nou ‘n groot Waps is! Die Wapse versier ook elke jaar hulle bome op hulle verjaarsdae en Kassie en Bienkie help vir Willie om sy boom vol gekleurde linte te draai.

Dit is vir Willie baie lekker om te verjaar! Hy is baie opgewonde en hy kan amper nie meer wag tot sy partytjie vanmiddag begin nie!

  • Ek kan hierdie storie lees.

LU 3.1
  • Maak vir Willie ‘n verjaarsdagkaartjie.
LU 4.3

LU 4.1
  • Lees en leer hierdie gediggie en versier daarna die bladsy.

Om die draai en om die hoek,

vir ‘n vinniger trein,

sal jy ver moet soek!

Na die winkel moet hul ry,

want dis waar

die Wapse hul kos gaan kry!

Vinnig by die opdraand op

lui die klokkie,

ons gaan stop!

Al die Wapse buig en waai,

daar gaan die trein weer

om die draai.

LU 2.3

Assessering

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder sing, resiteer, mimiek en liedjies, gedigte en rympies opvoer.

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder vir verskillende doeleindes skryf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask