<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Materie: klassifikasie

Module 13

Waarvan is alles gemaak?

Voorkennis uit Graad 7:

  • Leerders weet dat materie alle lewende en nie-lewende stowwe insluit.
  • Leerders weet dat materie uit drie fases bestaan.
  • Leerders weet dat materie ruimte beslaan en volume en massa het.

Klasaktiwiteit: groepbespreking

1. Kan jy ewe maklik deur alle stowwe beweeg?

2. Is daar stowwe (materie) waardeur jy nie kan beweeg nie?

3. Voltooi die volgende:

ja / nee voorbeeld (indien nee)
a) Kan lig deur alle materie beweeg? ................ ..........................................
b) Kan hitte deur alle materie beweeg? ................ ..........................................
c) Kan klank deur alle materie beweeg? ................ ..........................................
d) Kan elektrisiteit deur alle materie beweeg? ................ ..........................................
e) Behou materie altyd sy vorm? ................ ..........................................

4. Klassifiseer die materie rondom jou in die fases wat reeds aan jou bekend is deur die onderstaande te voltooi:

GAS VLOEISTOF VASTE STOF
.......................................... .......................................... ..........................................

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

LU 2

Wetenskaplike Kennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan onthou;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit is bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Module 1: waarvan is alles gemaak?

KLASAKTIWITEIT: GROEPBESPREKING

1. nee

2. ja

3. a) nee – mure, dakke

b) nee – asbes, hout

c) nee – klankdigte materiaal

d) nee – isolators bv plastiek,rubber

e) nee – verhitting en kragte vervorm bv. smelt

4. gas: lug; vloeistof: water; vastestof: bank, tafel

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask