<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Voor elke huis was ‘n geplaveide platform met ‘n trap. Gewoonlik was daar ‘n sitplek aan elke kant. Die inwoners het veral saans hier gesit in die koel aandlug.

a) Is daar sulke huise in julle omgewing?

[LU 2.3]

AKTIWITEIT 4

OM BEWUS TE WEES VAN VERSKILLENDE SIENINGS OOR BEHUISING VANDAG

[LU 3.1]

Suid-Afrika ondervind tans ‘n groot woningnood, veral omdat miljoene mense uit die armer, plattelandse gebiede ter wille van werk na die stede trek. In die stede is nie genoeg wonings vir almal nie. Krotbuurte, plakkerskampe en straatkinders is gevolge van dié woningnood.

a) Ondersoek die volgende sketse in ‘n klasgesprek.

Wat is die oorsake en gevolge van verstedeliking in Suid-Afrika?

Watter verskillende sieninge is daar oor plakkers in Suid-Afrika. Wie is reg?

Hoekom het verskillende persone verskillende standpunte oor dieselfde saak?

Die sketse hieronder is deur verskillende straatkinders geteken.

Die sketse bewys dat elke mens se omgewing sy optrede beïnvloed. Hoe?

Sal jy hierdie bronne as betroubaar beskou? Waarom?

Kyk nou hoeveel verskillende soorte inligting julle uit dié sketse kry.

Noudat ons weet waar almal woon, kan ons hulle gaan besoek om meer uit te vind oor hulle eetgewoontes . [LU 3.1]

Assessering

LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – DIE LEERDER IS IN STAAT OM GESKIEDKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP TE TOON.

2.1 Verstaan kronologie en tyd. Saamstel van ‘n historiese tydlyn met v.C, n.C, antiek, modern (p. 2, 22)

2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake, gevolge). Kan in mondelinge en geskrewe vorm bewyse verskaf van oorsake/gevolge van gebeurtenisse, en patrone raaksien.

2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille). Toon ooreenkomste/verskille aan tussen vandag en ‘n spesifieke tydperk se situasies en plekke deur van geskrewe getuienisse gebruik te maak.

LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – DIE LEERDER IS IN STAAT OM ASPEKTE VAN GESKIEDENIS TE INTERPRETEER

3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede.

Verstaan dat verskillende sienings oor dieselfde saak reg of verkeerd kan wees

3.2 Onderskei tussen feite en menings.

Kan inligting vanaf kaarte, diagramme en grafieke bekom.

3.3 Rekonstrueer verlede. Kan ‘n eenvoudige rekonstruksie van gebeurtenisse

maak en verstaan hoe die mense daaroor voel.

Memorandum

Aktiwiteit 1

a) Die argitektuur is ook deur klimaat en verskillende kulture beïnvloed.

Aktiwiteit 2

a) 3, 4, 1, 2, 5

Aktiwiteit 4

Omdat verstedeliking so vinnig plaasgevind het, is daar ‘n groot tekort aan huise in en om stede. Plakkerskampe is ‘n voorbeeld van ‘n laer inkomste - behuisingsbuurt, Plakkers is mense wat geen heenkome het nie en “bousels” (sinkplaat, karton, hout) aanmekaarslaan op grond wat nie hul eie is nie. Ongeveer een uit elke vyf mense in SA woon in plakkerskampe, geboue in agterplase en talle ander tydelike skuilings. Meeste van die mense het al jare gelede vanaf die platteland getrek omdat hulle geen ander heenkome gehad het nie. Die mans het meestal werk, maar kan nie die huur van ‘n agterplaaskamer in ‘n formele woonbuurt bekostig nie.

Dit is belangrik dat die mense voorsien word van behoorlike behuising met basiese geriewe soos kraanwater. Hul moet aangemoedig word om hul huise en woonbuurte te verbeter.

Samevattend: Plakkerskampe is ‘n simbool van:

  • Mislukking: omdat die gemeenskap nie voldoende behuising en werk voorsien nie;
  • Hoop: omdat daar mense bly met krag en uithouvermoë om hul posisie te verbeter.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask