<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Ontwerp ’n vloeidiagram wat jou groep se produksielyn illustreer.
LU 1.9 LU 2.2

2.7 Vervaardiging

  • Leerders moet alle bestanddele, verpakking en advertensiemateriaal saambring vir hulle stalletjie. Alle voedsel moet reeds gaargemaak wees, maar moet voor die paneel saamgevoeg word. Leerders moet die stappe verduidelik terwyl hulle besig is.
  • ’n Mikrogolfoond is baie handig om die kitskos te verhit.
  • Skryf na afloop van die demonstrasie ’n kort verslag oor hoe sake verloop het.
LU 1.15

2.8 Evaluering

  • Evalueer julle kitskosgereg in die volgende kategorieë:
  • Voorkoms
  • Tekstuur
  • Smaak
  • Die paneel sal ’n evalueringsblad van die opvoeder ontvang.
LU 1.13

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
tegnologiese prosesse en vaardighede Die leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
ondersoek:1.1 die agtergrondkonteks, die aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense wat betrokke is wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid in ‘n nasionaal relevante konteks gegee word ondersoek;
1.2 bestaande produkte wat met die probleem verband hou, ondersoek;
1.3 praktiese toetse in die tegnologiese veld ontwikkel en uitvoer;
1.4 gepaste soorte tegnologie en metodes gebruik om die volgende te doen:
  • versamel toepaslike data uit verskillende bronne of hulpbronne;
  • gebruik soektegnieke;
  • verkry toepaslike data;
  • maak sinvolle opsommings;
  • gebruik inligting om besluite en idees te staaf en te ondersteun.
ontwerp:1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag skryf vir die ontwikkeling van ‘n produk of stelsel in reaksie op ‘n gegewe of geïdentifiseerde situasie;
1.7 verskeie alternatiewe oplossings genereer en aantekeninge skryf oor idees wat met die ontwerpstelling en -spesifikasies verband hou;
maak:1.9 ‘n plan ontwikkel vir die maak van ‘n produk, met besonderhede oor al die volgende:
  • hulpbronne benodig
  • sketse wat die afmetings of hoeveelhede aandui
  • al die stappe wat nodig is om die produk te maak;
1.10 gepaste gereedskap en materiaal kies om produkte deur middel van gepaste tegnieke te maak deur verskillende soorte materiaal akkuraat te meet, uit te merk, te knip/sny of te skei, te vorm of te vervorm, te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.12 veilige werkpraktyk gebruik en ‘n bewustheid toon van doeltreffende maniere om materiaal en gereedskap te gebruik;
evalueer:1.13 die produk of stelsel met ‘n mate van objektiwiteit toets en evalueer, gebaseer op objektiewe kriteria wat met die ontwerpopdrag, spesifikasies en beperkings verband hou, en stel sinvolle verbeteringe of wysigings voor;
kommunikeer:1.15 idees aanbied deur van twee-dimensionele of drie-dimensionele sketse, stroombaandiagramme of stelseldiagramme gebruik te maak wat al die volgende kenmerke insluit:
  • benutting van SA tekenkonvensies (bv. dimensielyne, benoeming, lyntipes, simbole);
  • notas om ontwerpkenmerke en beredenering te kommunikeer; bevordering van betekenisvolle sketse soos finale oplossing-sketse.
Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
tegnologiese kennis en begrip Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit word bewys as die leerder:
verwerking:2.2 kennis en begrip toon van hoe stowwe/materiaal verwerk kan word om die eienskappe daarvan te verander of te verbeter deur dit te wysig ten einde dit geskik vir spesifieke doeleindes te maak:
  • om kragte te kan weerstaan (spanning, kompressie, buiging);
  • om sterkte of lewensduur te laat toeneem;
  • hoe spesifieke kenmerke wat vir verpakking geskik is, bewerkstellig kan word.
LU 3
tegnologie, samelewing en die omgewing Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap, tegnologie, die samelewing en die omgewing oor tyd heen te toon.
Dit word bewys as die leerder:
inheemse Tegnologie en Kulture:3.1 vergelyk hoe verskillende kulture gelyksoortige probleme opgelos het en bring die verskille in verband met die kultuur en waardes van die samelewings.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1. Die leerders het elk vyf bladsye met diagramme soos die voorstelling hieronder. Laat hulle toe om deur voordragte hul inligting uit te ruil.

Voedselgroep

Voorbeelde

Hoofnutriënt

Funksie van hoofnutriënt

2. Voorbeelde van doelwitte:

  • Eet minder suiker.
  • Eet minder vet.
  • Eet minder sout.
  • Eet meer vesel.
  • Moenie ooreet nie.
  • Eet ’n gebalanseerde maaltyd.

AKTIWITEIT 2

  • Die aktiwiteit dek die tegnologiese proses. Leerders kan in groepe van 2 en 3 werk. Groepe kan trek watter land hulle verteenwoordig. Land soos Spanje, Griekeland, Mexiko, VSA, RSA en Frankryk is almal nasies wat bekende kitskosse het. Maak kaartjies met die verskillende lande se name op en laat die leerders ’n trekking maak.
  • Die idee is dat leerders ’n kitskosstalletjie sal beplan en maak vir die skou.

1. Die aktiwiteit kan op 1 x A4 bladsy gedoen word. Die name van die lede van die “maatskappy”, die naam van die besigheid en die logo van die besigheid moet op die bladsy verskyn.

2. Vergelyk twee lande/ kulture se stapelvoedsel en kitskosse met mekaar. ’n Klasgesprek- bordopsomming om al die lande se stapelvoedsel en kitskosse op te som, sal baie waardevol wees.

3. Fotostateer die navorsingsblaaie en gee vir die leerders om te voltooi. Dit is belangrik dat leerders genoegsame tyd gegun word vir die navorsing, aangsien baie navorsing by besighede self moet geskied.

4. Die groep moet idees produseer van moontlike kitskosse ten einde ’n finale kitskos te kies.

5 . Leerders moet in hulle beplanning al die fassette genoem in die module in gedagte hou. Klem moet veral geplaas word op die kosteberekening en die verkooprys van die produk. Leerders kan die wins per item dus bereken.

6. Aangesien dit ’n groep aanbieding is, moet leerders deeglik beplan. Dit is dus sinvol dat die leerders ’n vloeidiagram sal voltooi om hulle produksielyn te illustreer. Moedig leerders aan om hulle stalletjie (tafel) te versier en ’n plakkaat oor hulle produk en die prys aan te bring.

7. Indien u oor die geriewe beskik, kan u die leerders toelaat om die kos in die klas voor te berei, maar ekstra tyd sal gegee moet word. Die ander opsie is dat die voedsel tuis voorberei word en slegs tydens die aanbieding saamgevoeg word. ’n Mikrogolfoond is baie handig vir die leerders om hulle produk te verhit.

8.Leerders kan hulle eie evaluering skryf deur die spesifikasies weer te lees en as kriteria te gebruik. Leerders kan ook die smaak, tekstuur en voorkoms evalueer en aanbevelings en verbeterings doen.

’n Evalueringsblad soos aangeheg kan vir die paneel gegee word:

Maatskappy:
Lede:
Tyd:
Finale produk: Punt Uit 10
  • Kulturele skakel
  • Voedingswaarde
  • Oorspronklikheid
  • Kwaliteitbeheer
  • Produksielyn-effektiwiteit
  • Aanbieding
  • Maatskappygees
  • Netheid/Higiëne
  • Prysbeheer
  • Totale indruk
TOTALE PUNT (uit 100) :

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 8. OpenStax CNX. Sep 13, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11051/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask