<< Chapter < Page Chapter >> Page >

4 Dis nie altyd nodig om mense te vra vir inligting nie; baie vrae kan beantwoord word deur net self ’n bietjie navorsing te doen. Byvoorbeeld:

4.1 Is die Engelse storieboeke in die biblioteek langer as die storieboeke in ander tale? Om hierdie vraag te beantwoord, kyk jy na die laaste bladsy van elke boek, en maak ’n paar somme.

4.2 As jy ’n storie vir ’n tydskrif wil skryf, hoe lank moet die storie wees? Kyk na verskeie uitgawes van die betrokke tydskrif en tel die woorde in hulle kortverhale. As jy dan die gemiddelde lengte van hulle kortverhale kan bereken (jy sal later meer hiervan leer), dan weet jy hoe lank joune moet wees.

5 Hoe gewild is jou gunsteling-akteurs? Tik hul name in op ’n internet-soekprogram en tel hoeveel “ hits” (artikels met die naam in) jy kry.

6 Jy kan ’n eksperiment saam met jou klasmaats doen. Lees die beskrywing hieronder en beplan versigtig hoe om dit uit te voer, wie wat gaan doen en hoe jy die resultate gaan aanteken. As alles beplan is, gaan voort met die eksperiment.

EKSPERIMENT

  • Jy benodig twee soorte gaskoeldrank – mense sê party kan ’n mens nie onderskei nie; dit sal ook goed wees as hulle ook dieselfde lyk. Blinddoek die persoon wat gaan proe (die proewer). Almal behalwe die eksperimenteerder en die assistent moet ’n beurt kry om te proe.
  • Iemand (die eksperimenteerder) skink ’n bietjie van elke koeldrank waar mens dit nie kan sien nie. Gebruik bekertjies van verskillende kleure. Slegs die eksperimenteerder weet watter koeldrank in watter bekertjie is, en dit word ingevul op ’n geheime lys. As die proewer besluit het watter koeldrank dit is, maak die assistent ’n aantekening van die kleur van die bekertjie.
  • Die eksperimenteerder bestudeer die antwoord, en besluit op grond van die beker se kleur of die proewer reg of verkeerd is. Nadat almal geproe het, sal dit dalk moontlik wees om te besluit of die koeldranke regtig dieselfde smaak!
  • Assesseer die rol in die eksperiment:
  • As daar tyd is, kan die klas aan nog ’n vraag dink wat deur ’n eksperiment beantwoord kan word. Ontwerp dan ’n geskikte eksperiment en bekom ’n antwoord.

AKTIWITEIT 3

Om die geldigheid van die inligtingsinsamelingsproses te ondersoek

[LU 5.2]

  • Voor ons kan voortgaan, moet ons eers nog ’n baie belangrike deel van inligtings­insameling bestudeer. Doen die volgende oefening in groepies van vier of vyf leerders.
  • Kom ons sê ons wil graag weet hoeveel mense in Suid-Afrika na die nuus op TV kyk.
  • Jy kan dalk vir elke persoon in die land vra en die antwoorde tel om so ’n baie betroubare antwoord te kry – as hulle die waarheid praat, natuurlik.
  • Dis duidelik dat dit ’n lang en duur proses sou wees. In die sensus probeer die regering juis om ’n paar belangrike vrae van elke persoon in die land te vra. Dit kos ’n klomp geld, en selfs dan is hulle inligting nie heeltemal akkuraat nie.
  • Dalk hoef ons nie almal te vra nie – ons kan ’n klompie vra en so probeer uitvind. As daar 45 miljoen mense in die land is, en ons vra 45 mense of hulle na die nuus kyk, en 35 sê ja, dan beteken dit dalk dat 35 miljoen mense ook nuus kyk.
  • Die statistici noem hierdie kleiner groep mense ’n steekproef . As die hele bevolking waarin ons belangstel te groot is, kan ons ’n kleiner aantal ondersoek d.m.v. steekproefneming en daarvandaan vermenigvuldig om die antwoord te bereken.
  • Veronderstel die leerders in jou klas moet die inligting vir hierdie vraag insamel. Julle besluit om beurte te maak om elke weeksdag ’n uur by ’n vulstasie te staan en motoriste te vra of hulle na die nuus kyk. ’n Goeie plan – dis onderdak, en die motoriste moet in elk geval ’n paar minute wag; hulle sal sekerlik nie omgee om te antwoord as jy mooi vra met ’n glimlag nie?
  • Veronderstel nou dit werk briljant. Twee weke lank het julle die vulstasies in julle omgewing besoek en ’n klomp antwoorde verkry. Julle was baie oulik – julle het getel hoeveel julle gevra het, hoeveel nie wou antwoord nie, en hoeveel JA gesê het, en hoeveel NEE gesê het.
  • Nou moet jy hierdie syfers omskakel in ’n akkurate beraming van hoeveel mense uit die totale bevolking na TV nuus kyk.
  • Bespreek in jou groep presies hoe jy dit sou doen.
  • Bespreek ook hoe akkuraat die antwoord kan wees – as julle dalk op een of ander wonderbaarlike wyse elke persoon in die land se antwoord kon weet, sou dit dieselfde as julle beraming wees? Skryf ’n bondige maar duidelike opsomming van al die gevolgtrekkings wat die groep maak.

Assessering

LU 2
Patrone, Funksies en AlgebraDie leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel, en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 op verskillende maniere ‘n verskeidenheid numeriese en meetkundige patrone en verwantskappe ondersoek deur dit voor te stel en te veralgemeen, en deur die reëls onderliggend daaraan te verduidelik en te bewys (insluitend patrone in natuurlike en kulturele vorms, en patrone wat die leerder self geskep het);
2.2 voorstellings maak van verwantskappe tussen veranderlikes en dit gebruik sodat invoer– en/of uitvoerwaardes op ‘n verskeidenheid maniere bepaal kan word deur die gebruik van:
2.2.1 woordelikse beskrywings;2.2.2 vloeidiagramme;2.2.3 tabelle;2.2.4 formules en vergelykings;
2.3 wiskundige modelle saamstel wat oplossings vir probleemsituasies voorstel, beskryf en voorsien, en verantwoordelikheid toon teenoor die omgewing en die gesondheid van ander (insluitend probleme binne menseregte-, sosiale, ekonomiese, kulturele en omgewingskontekste);
2.4 vergelykings oplos deur inspeksie, deur ‘n proses van probeer–en–verbeter of algebraïese prosesse (optellings- en vermenigvuldigngsomgekeerdes, asook faktorisering) en die oplossings kontroleer deur vervanging;
2.5 grafieke op die Cartesiese vlak teken vir gegewe vergelykings (met twee veranderlikes), of die vergelykings of formules bepaal van gegewe grafieke, deur, waar nodig, van tabelle gebruik te maak;
2.6 die ekwivalensie van verskillende beskrywings van dieselfde verwantskap of reël bepaal, ontleed en interpreteer, wat soos volg voorgestel word:
2.6.1 woordeliks;2.6.2 in vloeidiagramme;2.6.3 in tabelle;2.6.4 deur vergelykings of uitdrukkings;
  • deur grafieke in die Cartesiese vlak
sodat die nuttigste voorstellingvir ‘n gegewe situasie gekies kan word.
LU 5
DatahanteringDie leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 vrae stel oor menseregte-, sosiale, politieke, omgewings– en ekonomiese sake in Suid–Afrika;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask