<< Chapter < Page Chapter >> Page >

a)

Ek herlei eers die desimale breuke na gewone breuke:

0,8 × 0,6 = 8 10 × 6 10 48 100 alignl { stack { size 12{0,8 times 0,6= { { size 8{8} } over { size 8{"10"} } } times { { size 8{6} } over { size 8{"10"} } } } {} #= { { size 8{"48"} } over { size 8{"100"} } } {} } } {}

Hy stap dus 0,48 km.

b) Ek werk eers 8 × 6 uit. Die antwoord is 48. Nou tel ek die aantal plekke na elke desimale komma. Daar is 2. My antwoord moet dus 2 (twee) syfers na die desimale komma hê.

Die antwoord is dus 0,48.

20.6.2 Wat merk julle op as julle die antwoord (produk) met die vermenigvuldigtal vergelyk?

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

Kan julle dit verklaar?

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

20.7 ONTHOU!

20.8 Bereken die volgende op jou eie sonder ’n sakrekenaar:

a) j = 0,146 x 3,4

b) v = 2,41 x 0,57

c) u = 0,025 x 4,36

d) g = 8,143 x 0,68

e) d = 7,293 x 5,29

f) o = 3,849 x 4,36

21. Tyd vir selfassessering

  • Merk die toepaslike blokkie met ’n :
ONSEKER SEKER
Ek kan desimale breuke korrek optel
Ek kan desimale breuke korrek van mekaar aftrek
Ek kan desimale breuke korrek met 10 vermenigvuldig
Ek weet hoe om desimale breuke met 100 te vermenigvuldig
Ek kan die produk van desimale breuke en 1 000 korrek bereken
Ek kan desimale breuke met heelgetalle vermenigvuldig
Ek kan desimale breuke met desimale breuke vermenigvuldig

22. Kom ons speel ’n speletjie

Jy het ’n maat en ’n sakrekenaar vir hierdie speletjie nodig. Sleutel enige desimale getal op jou sakrekenaar in. Deel dit dan deur 10, 100 of 1 000. Gee dan die sakrekenaar vir jou maat. Hy / sy moet weer die oorspronklike getal kry.

Bv. Speler 1 sleutel in: 43,674Speler 1 deel 43,674 deur 1 000 en kry 0,043674.Speler 2 moet nou weer 43,674 op die skerm kry.Speler 2 moet dus × met 1 000!

23. DELING DEUR DESIMALE BREUKE

Kom ons hersien eers

23.1 Deel in groepe van drie. Kan julle aan mekaar verduidelik wat gebeur wanneer ons natuurlike en desimale getalle deur 10, 100 of 1 000 deel?

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

23.2 Maak nou beurte om vir mekaar die volgende antwoorde hardop te sê. Die derde persoon kan die antwoorde met ’n sakrekenaar kontroleer.

a) 6 ÷ 10

b) 0,3 ÷ 10

c) 0,06 ÷ 100

d) 2,9 ÷ 100

e) 4 ÷ 100

f) 15,8 ÷ 100

g) 8 ÷ 1 000

h) 39,2 ÷ 100

i) 34,67 ÷ 1 000

j) 27,458 ÷ 10

23.3 Kleur die korrekte antwoorde in en vind so die “pad” na die huis.

a) 82,1 ÷ 10

b) 86,4 ÷ 100

c) 746,8 ÷ 10

d) 625,4 ÷ 1 000

e) 39,2 ÷ 1 000

f) 72,9 ÷ 100

g) 879,1 ÷ 100

h) 6 ÷ 10

i) 35 ÷ 1 000

j) 8 ÷ 100

BEGIN
8,21 0,821 6,254 39,2 0,729 879,1 0,6 35 0,8
0,864 7,468 0,6254 0,0392 7,29 8,791 6 0,035 0,08
8,64 74,68 62,54 3,92 729 87,9 60 3,5 80

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende getalle herken, klassifiseer en voorstel sodat dit beskryf en vergelyk kan word:

1.3.4 getalle in eksponensiële vorm, insluitend kwadrate van natuurlike getalle tot minstens 12 2 , natuurlike getalle tot die derde mag tot minstens 5 3 , asook die vierkants- en derdemagswortels van hierdie getalle;

Assesseringstandaard 1.7: Dit is duidelik wanneer die leerder skat en bereken deur geskikte bewerkings vir probleme wat die volgende behels, te kies en te gebruik:

1.7.7 eksponente;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid tegnieke gebruik om berekeninge te doen, insluitend:

1.9.2 die gebruik van ‘n sakrekenaar;

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om oplossings te kontroleer en die redelikheid daarvan te beoordeel.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder voorstellings maak van en verwantskappe tussen veranderlikes gebruik sodat inset- en/of uitsetwaardes op ‘n verskeidenheid maniere bepaal kan word deur die gebruik van:

2.3.3 tabelle.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 7. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11076/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask