<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Maak ‘n pinata!

Wat is ‘n pinata? Dit is ‘n groot papiermaché bal of dier wat opgehang word nadat dit gevul is met lekkers en klein speelgoedjies. Die diere wat gemaak word in Mexiko, is donkies, varke, voëls, ens. Die bal is egter die maklikste.

NB! Maak die pinata ‘n week voor die verjaarsdag.

Benodigdhede : ‘n ballon (ronde fatsoen)

koerant

½ koppie water-en-meelpasta

papierlinte (streamers)

gom

wit plakkaatverf

klein lekkers en speelgoed

Blaas die ballon op. Skeur die koerantpapier in 5 cm breë stroke.

Doop die stroke een vir een in die meel-en-waterpasta en druk dit vas op die ballon. Herhaal hierdie proses totdat die ballon met twee lae koerantpapier bedek is. Laat dit heeltemal droog word.

Herhaal hierdie proses twee maal. Dis belangrik dat die lae elke keer baie goed droog word.

Prik die ballon met ‘n speld sodat dit bars. Trek die afgeblaasde ballon uit die “bal” met ‘n tang nadat jy ‘n gat aan die bokant gemaak het. Maak die gat groter, en ook mooi rond. Verf die “bal” met die plakkaatverf. Plak die papierlinte op die bal vas of versier soos verkies. Vul die pinata met lekkers en klein speelgoed en hang dit op aan ‘n stuk tou.

Die verjaarsdagmaat word geblinddoek en kry ‘n stok in die hand. Hy word gelei tot onder die pinata en die ander kinders staan om hom. Die kinders draai hom in die rondte en sê vir hom hy moet probeer om die pinata met die stok raak te slaan. Na ‘n paar houe breek die pinata en die lekkers en speelgoed reën op almal neer. Elke kind kan ook van die lekkers kry.

[LU 5.1.2; 5.1.3]

Assessering

LU 1

LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees);

1.1.1 beantwoord letterlike vrae.

LU 3

LEES Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:

3.1.3 let op hoe karakters en intrige aangebied word om ‘n spesifieke wêreldbeskouing uit te beeld (soos: Word ou en jong mense stereotipies voorgestel, of word die verskille realisties uitgebeeld?)

3.3 lees vir inligting:

3.3.3 lees diagramme, grafieke en tabelle (soos ‘n vloeidiagram);

3.6 lees vir genot en inligting:

3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;

3.6.4 los woordraaisels op;

3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:

3.7.1 gebruik ‘n woordeboek;

3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.

LU 4

SKRYF Die leerder is in staat om verskillende feitelike en verbeeldingryke tekste vir verskeie doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.2 skryf vir ‘n sosiale doel;

4.3 skryf kreatief:

4.3.1 skryf ‘n eenvoudige storie;

4.4 ontwerp mediatekste:

4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing

4.5 hanteer skryf as ‘n proses:

4.5.1 skryf konsepweergawes (kladwerk);

4.5.2 lees dit krities deur;

4.5.3 kry terugvoering van die onderwyser en maats;

4.5.4 herskryf die stuk na terugvoering;

4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:

4.6.2 spel bekende woorde korrek.

LU 5

DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:

5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik;

5.1.3 verstaan en skryf tekste wat in ander leerareas gebruik word (soos ‘n beskrywing van ‘n eenvoudige proses in Tegnologie);

5.2 gebruik taal om te dink:

5.2.3 rangskik dinge volgens bepaalde kriteria (soos die stappe in ‘n proses);

5.3 versamel inligting en teken dit op verskillende maniere op:

5.3.2 ontwerp, teken en skryf byskrifte by kaarte, tabelle, grafieke en diagramme;

5.4 dra inligting van een modus na ‘n ander oor:

5.4.3 gebruik inligting uit ‘n grafiek, tabel of diagram om ‘n teks te skryf.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.5 eenvoudige voorbeelde van die ontkennende vorm (soos: Ek speel nie; Ons het dit nie gedoen nie);

6.2.13 die korrekte woordorde na voegwoorde (soos: Sy slaap, omdat sy moeg is; Hy borsel sy tande nadat hy geëet het);

6.3 ontwikkel sy/haar woordeskat:

6.3.4 vorm eenvoudige samestellings (soos: piesang + skil = piesangskil);

6.3.5 gebruik eie woordeboek.

Memorandum

3.

(a) ja

(b) ja

(c) nee

(d) nee

(e) ja

(f) ja

(g) nee

(h) nee

(i) ja

(j) ja

5.

(a) Lees die resep.

(b) Skakel die oond aan en verhit tot 180°C.

(c) Sit die bestanddele bymekaar.

(d) Meng die bestanddele in ‘n mengbak.

(e) Gooi die mengsel in die koekpanne.

(f) Sit die koekpanne in die oond en bak vir 30 min.

(g) Bedek die koek met versiersuiker.

(h) Versier die koek soos verkies.

6.

(a) slaapkamer

(b) skooltas

(c) middagete

(d) seunskool

(e) troeteldier

(f) verjaarsdagpresente

(g) klasmaats

(h) skoolhoof

(i) storieboek

(j) dameskoen

(k) ‘n Kamer waarin ‘n mens slaap, is ‘n slaapkamer.

(l) Die tas wat jy skool toe neem, is ‘n skooltas.

(m) Die ete wat ‘n mens in die middag eet, is ‘n middagete.

(n) ‘n Skool waarheen ‘n seun gaan, is ‘n seunskool.

(o) Die dier wat jy by die huis troetel, is ‘n troeteldier.

(p) Die presente wat jy vir jou verjaarsdag kry, is verjaarsdagpresente.

(q) Die maats in jou klas is jou klasmaats.

(r) Die hoof van die skool is ‘n skoolhoof.

(s) ‘n Boek wat ‘n storie vertel, is ‘n storieboek.

(t) ‘n Skoen wat deur ‘n dame gedra word, is ‘n dameskoen.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask